1 Wees nie bly met gejuig, o Israel, soos die volke nie, want jy het gehoereer van jou God af weg; jy het hoereloon liefgehad op al die koringdorsvloere.2 Dorsvloer en parskuip sal hulle nie voed nie, en die mos sal hulle in die steek laat.3 Hulle sal in die land van die HERE nie bly nie; maar Efraim sal na Egipte teruggaan, en in Assur sal hulle eet wat onrein is.4 Hulle sal vir die HERE geen wyn uitgiet nie, en hulle slagoffers sal vir Hom nie welgevallig wees nie; soos tranebrood sal hulle spys vir hulle wees. Almal wat daarvan eet, word verontreinig; want hulle brood is vir hulleself: dit sal nie in die huis van die HERE kom nie.5 Wat sal julle dan doen op die feestyd en op die feesdag van die HERE?6 Want kyk, hulle gaan heen weens die verwoesting: Egipte sal hulle versamel, Mof hulle begrawe; onkruid sal hulle skat van silwergoed in besit neem, dorings in hulle tente wees.7 Die dae van besoeking het gekom, die dae van vergelding het gekom; Israel sal dit ervaar! Die profeet word 'n dwaas, die man van die gees 'n waansinnige, weens die grootheid van jou ongeregtigheid, en omdat die vyandskap groot is.8 Efraim is 'n spioen teenoor my God; wat die profeet aangaan, die net van 'n voëlvanger is op al sy weë gesprei, vyandskap in die huis van sy God.9 Hulle het baie, baie verkeerd gehandel soos in die dae van G¡bea. Hy sal dink aan hulle ongeregtigheid, besoeking doen oor hulle sondes.10 Ek het Israel gevind soos druiwe in die woestyn; Ek het julle vaders gesien soos voorvye aan die vyeboom in sy eerste groei; maar hulle het na Ba„l-Peor gekom en hulle aan die skandegod toegewy en 'n verfoeisel geword net soos die voorwerp van hulle liefde.11 Efraim -- sy heerlikheid sal wegvlieg soos 'n voël. Geen geboorte, geen moederskap, geen ontvangenis meer nie!12 Ja, al sou hulle hul kinders grootmaak, Ek maak hulle kinderloos, sonder mense; ja, wee hulleself ook as Ek van hulle wyk.13 Efraim, soos Ek dit sien na Tirus heen, is geplant in 'n mooi omgewing, maar Efraim sal sy seuns na die moordenaar moet uitbring.14 Gee hulle, o HERE -- wat sal U gee? -- gee hulle 'n kinderlose moederskoot en uitgedroogde borste.15 Al hulle boosheid is byeen in Gilgal, want daar het Ek hulle begin haat weens die boosheid van hulle handelinge; Ek sal hulle uit my huis uitdrywe, hulle nie meer liefhê nie. Al hulle vorste is opstandig.16 Efraim is getref, hulle wortel het verdor, hulle dra geen vrug meer nie; ook wanneer hulle kinders baar, sal Ek nogtans die lieflinge van hulle skoot ombring.17 My God sal hulle verwerp, omdat hulle na Hom nie geluister het nie, en hulle sal rondswerwe onder die nasies.
1 Izraeli, nesidžiauk, nedžiūgauk kaip tautos! Tu paleistuvaudamas palikai savo Dievą, pamėgai užmokestį kiekviename klojime.2 Klojimas ir vynuogių spaustuvas jų nemaitins, ir šviežias vynas jiems nepadės.3 Jie neliks Viešpaties krašte: Efraimas grįš į Egiptą ir Asirijoje valgys nešvarų maistą.4 Jie neaukos Viešpačiui geriamųjų aukų, ir kitos jų aukos Jam nepatiks. Jų aukos bus kaip gedinčiųjų duona; visi, kurie jų valgys, susiteps, nes jų duona tinka tik pasisotinti, bet į Viešpaties namus ji nepateks.5 Ką jūs darysite iškilmių dienomis ir Viešpaties šventės dieną?6 Kas išliks po sunaikinimo, išeis į Egiptą, Nofe jie bus palaidoti. Jų sidabras apaugs piktžolėmis, ir jų palapinėse augs erškėčiai.7 Priartėjo aplankymo dienos ir atsiskaitymo metas. Izraelis tai žino! Pranašaskvailys, dvasinis žmogusbeprotis! Tai dėl tavo kalčių daugybės, dėl didelės neapykantos.8 Efraimo sargas yra su mano Dievu. Bet pranašasžabangai visuose jo keliuose, neapykanta Dievo namuose.9 Žmonės sugedo kaip Gibėjos dienomis. Jis atsimins jų kaltę, baus juos už jų nuodėmes.10 Man Izraelis buvo kaip vynuogės dykumoje, jūsų tėvai kaip ankstyvi figmedžio vaisiai. O jie nuėjo pas Baal Peorą, pasišventė gėdai ir tapo pasibjaurėtini kaip ir tie, kuriuos jie pamilo.11 Efraimo šlovė nuskrido kaip paukštisnebėra nei nėštumo, nei gimdymo, nei pradėjimo.12 Jeigu jie užaugintų vaikus, Aš iš jų atimsiu juos. Vargas jiems, kai nuo jų pasitrauksiu!13 Efraimas mano akyse buvo kaip Tyras, pasodintas geroje vietoje. Tačiau jis atiduos savo vaikus žudikui.14 Viešpatie, duok jiems, ką esi numatęs duoti! Duok jiems nevaisingas įsčias ir tuščias krūtis.15 Visa jų nedorybė pasirodė Gilgaloje, ten Aš pradėjau jų nebekęsti. Dėl jų piktų darbų pašalinsiu juos iš savo namų, daugiau jų nebemylėsiu, visi jų kunigaikščiaimaištininkai.16 Efraimas nubaustasjų šaknis padžiūvusi, jie nebeneš vaisiaus. Jei ir pagimdytų, nužudysiu jų mylimą įsčių vaisių.17 Dievas atmes juos, nes jie neklausė Jo. Jie taps klajūnais tarp tautų.