1 Kom tot julleself, ja, kom tot inkeer, o nasie wat nie skaam word nie!

2 Voordat die besluit baar -- soos kaf gaan die dag verby -- voordat daar oor julle kom die toorngloed van die HERE, voordat oor julle kom die dag van die toorn van die HERE.

3 Soek die HERE, o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid -- miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van die HERE.

4 Want Gasa sal verlate wees en Askelon tot verwoesting; Asdod sal op die helder middag verdryf word, en Ekron sal ontwortel word.

5 Wee die inwoners van die kusstreek, die nasie van die Kretiërs! Die woord van die HERE is teen julle, Kana„n, land van die Filistyne -- Ek verdelg jou, sodat daar niemand meer woon nie.

6 En die kusstreek sal weiplekke met putte wees vir herders en krale vir kleinvee.

7 En dit sal wees 'n deel vir die oorblyfsel van die huis van Juda: hulle sal daarop wei; hulle sal saans in die huise van Askelon gaan lê, want die HERE hulle God sal op hulle ag gee en hulle lot verander.

8 Ek het gehoor die smaadtaal van Moab en die beskimpinge van die kinders van Ammon, waarmee hulle my volk gesmaad het, en hoe hulle hul groot gehou het teen sy grondgebied.

9 Daarom, so waar as Ek leef, spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Moab sal word soos Sodom en die kinders van Ammon soos Gomorra -- 'n veld van brandnekels en soutpanne en 'n verwoesting vir ewig; die oorblyfsel van my volk sal hulle berowe, en die res van my nasie sal hulle beërwe.

10 Dit oorkom hulle vir hul trotsheid, want hulle het geskimp op en hulle groot gehou teen die volk van die HERE van die leërskare.

11 Vreeslik sal die HERE teen hulle wees, want Hy laat al die gode van die aarde wegkwyn; sodat hulle Hom kan aanbid elkeen uit sy woonplek, al die kuslande van die nasies.

12 Ook julle, o Kusiete, deurboordes van my swaard is hulle.

13 Dan sal Hy sy hand uitstrek teen die noorde, en Hy sal Assur vernietig en Ninev, tot 'n verwoesting maak, dor soos die woestyn.

14 En binne-in die stad sal troppe vee lê en allerhande gediertes by troppe, die pelikaan sowel as die krimpvarkie op sy kapitele vernag; hoor! daar word gesing in die venster; verwoesting sit op die drumpel, want hulle het die sederwerk afgeruk.

15 Dit is die uitgelate stad wat so veilig gewoon het, wat in sy hart gesê het: Dit is ek, en niemand anders nie! Hoe het dit 'n verwoesting geword, 'n lêplek vir wilde diere! Almal wat daar verbytrek, spot, skud met die hand.

1 Susirinkite, taip, susirinkite, nemėgstama tauta,

2 kol dar nepriimtas sprendimas­ diena praeis kaip pelai,­kol neužgriuvo Viešpaties baisioji rūstybė, kol neatėjo Viešpaties rūstybės diena!

3 Visi krašto romieji, kurie vykdote Jo įsakymus, ieškokite Viešpaties, ieškokite teisumo, ieškokite nuolankumo! Gal išvengsite Viešpaties rūstybės?

4 Gaza taps negyvenama vieta, o Aškelonas­dykuma. Ašdodo gyventojai bus vidudienį išvaryti, Ekronas išrautas su šaknimis.

5 Vargas jums, pajūrio gyventojai, keretų tauta! Viešpaties žodis prieš jus: "Kanaane, filistinų šalie, Aš sunaikinsiu tave, liksi be gyventojų".

6 Pajūrio kraštas taps avių ganyklomis ir gardais.

7 Pajūris atiteks Judo namų likučiui: prie jūros jie ganys bandas, o vakare ilsėsis Aškelone. Viešpats, jų Dievas, aplankys juos ir parves jų ištremtuosius.

8 "Aš girdėjau moabitų plūdimą ir amonitų piktžodžiavimą, kai jie plūdo mano tautą ir didžiavosi prieš jos kraštą.

9 Todėl, kaip Aš gyvas,­sako kareivijų Viešpats, Izraelio Dievas,­Moabas taps Sodoma ir Amonas­Gomora, piktžolių laukais bei druskos duobėmis ir tyrais per amžius. Mano tautos likutis juos apiplėš ir pasisavins jų kraštą".

10 Jie bus nubausti už išdidumą ir kareivijų Viešpaties tautos plūdimą.

11 Baisus bus jiems Viešpats. Jis sunaikins visus jų krašto dievus, tada garbins Jį visos pagonių salos.

12 Jūs, etiopai, taip pat būsite žudomi mano kardu.

13 Jis išties savo ranką į šiaurę ir sunaikins Asiriją, pavers Ninevę dykyne:

14 ji bus ganykla bandoms ir poilsio vieta visiems žvėrims. Vanagai ir apuokai nakvos ant kolonų, jų balsai girdėsis languose. Slenksčiai bus nuniokoti, kedro lentos bus nuplėštos.

15 Džiūgavęs miestas, kuris taip saugiai gyveno, galvodamas: "Aš ir niekas kitas!" Kuo jis pavirto? Dykyne, gyvulių ganykla. Kiekvienas praeidamas švilps ir mos ranka.