Publicidade

Tiago 5

1 Kom nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom.2 Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel.3 Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot 'n getuienis teen julle wees en sal soos 'n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae.4 Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leërskare.5 Julle het op die aarde 'n weelderige en losbandige lewe gelei; julle het jul harte vet gevoer soos op 'n slagdag.6 Veroordeel, vermoor het julle die regverdige; hy versit hom nie teen julle nie.7 Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het.8 Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby.9 Moenie teen mekaar sug nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, die Regter staan voor die deur.10 Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld die profete wat in die Naam van die Here gespreek het.11 Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is.12 Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder 'n oordeel val nie.13 Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing.14 Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.15 En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.17 El¡a was 'n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie;18 en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.19 Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer,20 laat hy weet dat die een wat 'n sondaar van sy dwaalweg bekeer, 'n siel uit die dood sal red en 'n menigte sondes sal bedek.

1 Nagi dabar jūs, turtuoliai, verkite ir raudokite dėl jums artėjančių negandų!2 Jūsų turtai supuvę ir jūsų drabužiai kandžių sukapoti.3 Jūsų auksas ir sidabras surūdijo, ir jų rūdys prieš jus liudys ir ės jūsų kūnus kaip ugnis. Jūs susikrovėte turtų paskutinėmis dienomis.4 Štai šaukia jūsų laukus nuvaliusių darbininkų užmokestis, kurį jūs nusukote, ir pjovėjų šauksmai pasiekė kareivijų Viešpaties ausis.5 Jūs gašliai gyvenote žemėje ir mėgavotės; jūs nupenėjote savo širdis tarsi skerdimo dienai.6 Jūs pasmerkėte ir nužudėte teisųjį: jis jums nesipriešina.7 Tad būkite kantrūs, broliai, iki Viešpaties atėjimo. Antai žemdirbys ilgai ir kantriai laukia brangaus žemės vaisiaus, kol šis gauna ankstyvojo ir vėlyvojo lietaus.8 Ir jūs būkite kantrūs, sustiprinkite savo širdis, nes Viešpaties atėjimas arti.9 Nemurmėkite, broliai, vieni prieš kitus, kad nebūtumėte teisiami. Štai teisėjas jau stovi prie durų.10 Imkite, broliai, kentėjimo ir ištvermės pavyzdžiu pranašus, kurie kalbėjo Viešpaties vardu.11 Štai mes laikome palaimintais ištvėrusius. Jūs girdėjote apie Jobo ištvermę ir matėte, kokia buvo jam Viešpaties skirta pabaiga, nes Viešpats kupinas užuojautos ir gailestingumo.12 Bet pirmiausia, mano broliai, neprisiekite nei dangumi, nei žeme, nei kitokia priesaika. Tebūnie jūsų "taip"­ taip ir jūsų "ne"­ ne, kad nepakliūtumėte į teismą.13 Kenčia kas iš jūsų? Tesimeldžia. Kas nors džiaugiasi? Tegul gieda psalmes.14 Kas nors pas jus serga? Tepasikviečia bažnyčios vyresniuosius, ir jie tesimeldžia už jį, patepdami aliejumi Viešpaties vardu.15 Ir tikėjimo malda išgelbės ligonį, ir Viešpats jį pakels, o jeigu jis būtų nusidėjęs, jam bus atleista.16 Išpažinkite vieni kitiems savo nusižengimus ir melskitės vieni už kitus, kad būtumėte išgydyti. Daug pajėgia veiksminga, karšta teisiojo malda.17 Elijas buvo toks pat žmogus kaip ir mes. Jis meldė, kad nelytų, ir nelijo žemėje trejus metus ir šešis mėnesius;18 ir jis vėl meldė, ir dangus davė lietaus, o žemė užaugino savo vaisių.19 Mano broliai, jeigu kas iš jūsų nuklystų nuo tiesos ir kas nors jį atverstų,­20 težino, kad, sugrąžindamas nusidėjėlį iš jo klystkelio, išgelbės sielą nuo mirties ir uždengs daugybę nuodėmių.

Veja também

Publicidade
Tiago
Ver todos os capítulos de Tiago
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-