1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
2 Maak vir jou twee silwertrompette; van dryfwerk moet jy dit maak; en hulle moet vir jou dien om die vergadering byeen te roep en om die laers te laat opbreek.
3 As hulle dan daarop blaas, moet die hele vergadering by jou byeenkom by die ingang van die tent van samekoms.
4 Maar as hulle op een daarvan blaas, moet by jou byeenkom die owerstes, die stamhoofde van Israel.
5 En as julle alarm blaas, moet die laers opbreek wat aan die oostekant staan.
6 Maar as julle die tweede keer alarm blaas, moet die laers opbreek wat aan die suidekant staan. Alarm moet hulle blaas as hulle moet opbreek.
7 Maar as die vergadering byeen moet kom, moet julle blaas, maar nie alarm maak nie.
8 En die seuns van A„ron, die priesters, moet op die trompette blaas; en die trompette moet vir julle 'n ewige insetting in julle geslagte wees.
9 En as julle in jul land in oorlog kom teen die vyand wat met julle veg, moet julle met die trompette alarm blaas; dan sal aan julle gedink word voor die aangesig van die HERE julle God, en julle sal van jul vyande verlos word.
10 Op die dag as julle vrolik is, sowel as op julle feestye en by die begin van julle maande moet julle by jul brandoffers en by jul dankoffers op die trompette blaas: hulle sal dien om julle in gedagtenis te bring voor die aangesig van julle God. Ek is die HERE julle God.
11 In die tweede jaar, in die tweede maand, op die twintigste van die maand, het die wolk opgetrek van die tabernakel van die Getuienis af.
12 En die kinders van Israel het van plek tot plek weggetrek uit die woestyn Sinai, en die wolk het gaan rus in die woestyn Paran.
13 So het hulle dan die eerste keer weggetrek volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses.
14 En eerste het weggetrek die vaandel van die laer van Juda se kinders volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was Nagson, die seun van Amm¡nadab.
15 En oor die afdeling van die stam van Issaskar se kinders was Net neël, die seun van Suar.
16 En oor die afdeling van die stam van S,bulon se kinders was El¡ab, die seun van Helon.
17 Toe is die tabernakel afgebreek; en die seuns van Gerson en die seuns van Mer ri, die draers van die tabernakel, het weggetrek.
18 Daarna het weggetrek die vaandel van die laer van Ruben volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was El¡sur, die seun van Sed,Âr.
19 En oor die afdeling van die stam van S¡meon se kinders was Selumiël, die seun van Sur¡saddai.
20 En oor die afdeling van die stam van Gad se kinders was Âljasaf, die seun van R,huel.
21 Daarna het die Kehatiete, die draers van die heiligdom, weggetrek. En die ander het die tabernakel opgerig voordat hulle aangekom het.
22 Daarna het weggetrek die vaandel van die laer van Efraim se kinders volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was Elis ma, die seun van Amm¡hud.
23 En oor die afdeling van die stam van Manasse se kinders was G mliël, die seun van Ped sur.
24 En oor die afdeling van die stam van Benjamin se kinders was Ab¡dan, die seun van Gideoni.
25 Toe het weggetrek die vaandel van die laer van Dan se kinders wat, volgens hulle leërafdelings, die agterhoede vir al die leërs was; en oor sy afdeling was Ahiëser, die seun van Amm¡saddai.
26 En oor die afdeling van die stam van Aser se kinders was P giël, die seun van Ogran.
27 En oor die afdeling van die stam van N ftali se kinders was Ah¡ra, die seun van Enan.
28 Dit is die optogte van die kinders van Israel volgens hulle leërafdelings. En hulle het weggetrek.
29 En Moses het vir Hobab, die seun van R,huel, die Midianiet, die swaer van Moses, gesê: Ons trek na die plek waarvan die HERE gesê het: Ek sal dit aan julle gee. Trek saam met ons en ons sal aan jou goed doen; want die HERE het oor Israel goeie dinge gespreek.
30 Maar hy het vir hom gesê: Ek sal nie saamtrek nie; maar ek sal na my land en my familie gaan.
31 Toe sê hy: Moet ons tog nie verlaat nie, juis daarom dat jy weet hoe ons laer moet opslaan in die woestyn, en jy sal vir ons as oë dien.
32 En as jy met ons saamtrek, sal ons daardie goeie wat die HERE aan ons sal doen, ook aan jou doen.
33 En hulle het van die berg van die HERE af drie dagreise ver getrek; en die verbondsark van die HERE het drie dagreise ver voor hulle uit getrek om vir hulle 'n rusplek uit te soek.
34 En die wolk van die HERE was bedags oor hulle as hulle uit die laer wegtrek.
35 En as die ark wegtrek, het Moses gesê: Staan op, HERE, dat u vyande verstrooi kan word en u haters voor u aangesig kan vlug.
36 En as dit rus, het hy gesê: Keer terug, HERE, na die tien duisende van die duisende van Israel!
1 Und der HErr redete mit Mose und sprach:
2 Mache dir zwo Trommeten von dichtem Silber, daß du ihrer brauchest, die Gemeine zu berufen, und wenn das Heer aufbrechen soll.
3 Wenn man mit beiden schlecht bläset, soll sich zu dir versammeln die ganze Gemeine vor die Tür der Hütte des Stifts.
4 Wenn man nur mit einer schlecht bläset, so sollen sich zu dir versammeln die Fürsten und die Obersten über die Tausende in Israel.
5 Wenn ihr aber trommetet, so sollen die Lager aufbrechen, die gegen Morgen liegen.
6 Und wenn ihr zum andernmal trommetet, so sollen die Lager aufbrechen, die gegen Mittag liegen. Denn wenn sie reisen sollen, so sollt ihr trommeten.
7 Wenn aber die Gemeine zu versammeln ist, sollt ihr schlecht blasen und nicht trommeten.
8 Es sollen aber solch Blasen mit den Trommeten die Söhne Aarons, die Priester, tun; und soll euer Recht sein ewiglich bei euren Nachkommen.
9 Wenn ihr in einen Streit ziehet in eurem Lande wider eure Feinde, die euch beleidigen, so sollt ihr trommeten mit den Trommeten, daß euer gedacht werde vor dem HErrn, eurem GOtt, und erlöset werdet von euren Feinden.
10 Desselbigengleichen, wenn ihr fröhlich seid an euren Festen und in euren Neumonden, sollt ihr mit den Trommeten blasen über eure Brandopfer und Dankopfer, daß es sei euch zum Gedächtnis vor eurem GOtt. Ich bin der HErr, euer GOtt.
11 Am zwanzigsten Tage im andern Monden des andern Jahres erhub sich die Wolke von der Wohnung des Zeugnisses.
12 Und die Kinder Israel brachen auf und zogen aus der Wüste Sinai, und die Wolke blieb in der Wüste Paran.
13 Es brachen aber auf die ersten nach dem Wort des HErrn durch Mose.
14 Nämlich das Panier des Lagers der Kinder Juda zog am ersten mit ihrem Heer; und über ihr Heer war Nahesson, der Sohn Amminadabs.
15 Und über das Heer des Stamms der Kinder Isaschar war Nethaneel, der Sohn Zuars.
16 Und über das Heer des Stamms der Kinder Sebulon war Eliab, der Sohn Helons.
17 Da zerlegte man die Wohnung, und zogen die Kinder Gerson und Meran und trugen die Wohnung.
18 Danach zog das Panier des Lagers Ruben mit ihrem Heer; und über ihr Heer war Elizur, der Sohn Sedeurs.
19 Und über das Heer des Stamms der Kinder Simeon war Selumiel, der Sohn Zuri-Saddais.
20 Und Eliasaph, der Sohn Deguels, über das Heer des Stamms der Kinder Gad.
21 Da zogen auch die Kahathiten und trugen das Heiligtum; und jene richteten die Wohnung auf, bis diese hernach kamen.
22 Danach zog das Panier des Lagers der Kinder Ephraim mit ihrem Heer; und über ihr Heer war Elisama der Sohn Ammihuds.
23 Und Gamliel, der Sohn Pedazurs, über das Heer des Stamms der Kinder Manasse.
24 Und Abidan, der Sohn Gideonis, über das Heer des Stamms der Kinder Benjamin.
25 Danach zog das Panier des Lagers der Kinder Dan mit ihrem Heer; und so waren die Lager alle auf. Und Ahi-Eser, der Sohn Ammi-Saddais, war über ihr Heer.
26 Und Pagiel, der Sohn Ochrans, über das Heer des Stamms der Kinder Asser.
27 Und Ahjra, der Sohn Enans, über das Heer des Stamms der Kinder Naphthali.
28 So zogen die Kinder Israel mit ihrem Heer.
29 Und Mose sprach zu seinem Schwager Hobab, dem Sohn Reguels, aus Midian: Wir ziehen dahin an die Stätte, davon der HErr gesagt hat: Ich will sie euch geben; so komm nun mit uns, wollen wir das Beste bei dir tun denn der HErr hat Israel Gutes zugesagt.
30 Er aber antwortete: Ich will nicht mit euch, sondern in mein Land zu meiner Freundschaft ziehen.
31 Er sprach: Lieber, verlaß uns nicht, denn du weißest, wo wir in der Wüste uns lagern sollen, und sollst unser Auge sein.
32 Und wenn du mit uns zeuchst: was der HErr Gutes an uns tut, das wollen wir an dir tun.
33 Also zogen sie von dem Berge des HErrn drei Tagreisen, und die Lade des Bundes des HErrn zog vor ihnen her die drei Tagreisen, ihnen zu weisen, wo sie ruhen sollten.
34 Und die Wolke des HErrn war des Tages über ihnen; wenn sie aus dem Lager zogen.
35 Und wenn die Lade zog, so sprach Mose: HErr, stehe auf, laß deine Feinde zerstreuet, und die dich hassen, flüchtig werden vor dir!
36 Und wenn sie ruhete, so sprach er: Komm wieder, HErr, zu der Menge der Tausende Israels!