1 Jos¡a was agt jaar oud toe hy koning geword het, en een en dertig jaar het hy in Jerusalem geregeer.

2 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE en gewandel in die weë van sy vader Dawid en nie regs of links afgewyk nie.

3 En in die agtste jaar van sy regering, terwyl hy nog jonk was, het hy begin om die God van sy vader Dawid te soek, en in die twaalfde jaar het hy begin om Juda en Jerusalem te reinig van die hoogtes en die heilige boomstamme en die gesnede beelde en die gegote beelde.

4 En hulle het voor sy oë die altare van die Ba„ls omgegooi; en die sonpilare wat daar bo-op was, het hy stukkend gekap en die heilige boomstamme en die gesnede beelde en die gegote beelde verbreek en vermaal en dit oor die grafte gestrooi van die wat aan hulle geoffer het.

5 En die beendere van die priesters het hy op hulle altare verbrand en Juda en Jerusalem gereinig.

6 En in die stede van Manasse en Efraim en S¡meon en tot by N ftali, in hulle puinhope rondom,

7 het hy die altare omgegooi, en die heilige boomstamme en gesnede beelde het hy tot stof vergruis en al die sonpilare in die hele land van Israel het hy omgekap. Daarna het hy na Jerusalem teruggekom.

8 En in die agttiende jaar van sy regering, toe hy besig was om die land en die tempel te reinig, het hy Safan, die seun van As lja, en Ma„s,ja, die owerste van die stad, en Joag, die seun van Joahas, die kanselier, gestuur om die huis van die HERE sy God te herstel.

9 Toe hulle by die hoëpriester Hilk¡a kom, het hulle die geld afgegee wat in die huis van God gebring was, wat die Leviete, die drumpelwagters, versamel het uit Manasse en Efraim en uit die hele oorblyfsel van Israel en uit die hele Juda en Benjamin en die inwoners van Jerusalem.

10 Hulle het dit naamlik oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel was oor die huis van die HERE, en die het dit gegee aan die arbeiders wat gewerk het aan die huis van die HERE, om die huis reg te maak en te herstel.

11 En hulle het dit gegee aan die skrynwerkers en die bouers, om gekapte klippe en hout vir die kappe aan te koop en om die geboue wat die konings van Juda verniel het, van balke te voorsien.

12 En die manne het getrou gearbei aan die werk; en oor hulle was aangestel: Jahat en Ob dja, Leviete uit die kinders van Mer ri, en Sagar¡a en Mesullam uit die kinders van die Kehatiete, om leiding te gee; en die Leviete, elkeen wat verstand gehad het van musiekinstrumente,

13 was ,n oor die lasdraers ,n het al die werksmense bestuur by elke soort arbeid; uit die Leviete was ook skrywers en opsigters en poortwagters.

14 En toe hulle die geld uithaal wat in die huis van die HERE gebring was, het die priester Hilk¡a die wetboek van die HERE gevind wat deur die diens van Moses gegee is.

15 Daarop het Hilk¡a aan die skrywer Safan gesê: Ek het die wetboek in die huis van die HERE gevind! Toe gee Hilk¡a die boek aan Safan,

16 en Safan het die boek na die koning gebring en aan die koning verder verslag gegee en gesê: Alles wat in die hande van u dienaars gegee is, doen hulle:

17 hulle het die geld wat daar in die huis van die HERE was, uitgeskud en oorhandig aan die opsigters en die uitvoerders van die werk.

18 Toe gee die skrywer Safan aan die koning te kenne en sê: Die priester Hilk¡a het aan my 'n boek gegee; en Safan het aan die koning daaruit voorgelees.

19 En toe die koning die woorde van die wet hoor, het hy sy klere geskeur,

20 en die koning het bevel gegee aan Hilk¡a en Ah¡kam, die seun van Safan, en Abdon, die seun Miga, en Safan, die skrywer, en As ja, die dienaar van die koning, en gesê:

21 Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die wat in Israel en in Juda oorgebly het, oor die woorde van die boek wat gevind is; want groot is die grimmigheid van die HERE wat oor ons uitgestort is, omdat ons vaders die woord van die HERE nie gehou het om te handel volgens alles wat in hierdie boek voorgeskrywe is nie.

22 Toe gaan Hilk¡a en die wat die koning gestuur het, na die profetes Hulda, die vrou van Sallum, die seun van Tokhat, die seun van Hasra, die klerebewaarder -- sy het in Jerusalem in die Nuwe Stad gewoon -- en hulle het so met haar gespreek.

23 Toe sê sy aan hulle: So spreek die HERE, die God van Israel: Sê aan die man wat julle na my gestuur het,

24 so spreek die HERE: Kyk, Ek bring 'n onheil oor hierdie plek en oor sy inwoners, al die vervloekinge wat geskrywe staan in die boek wat hulle aan die koning van Juda voorgelees het.

25 Omdat hulle My verlaat en vir ander gode offerrook laat opgaan het, om My te terg met al die werke van hulle hande, daarom sal my grimmigheid oor hierdie plek uitgestort en nie uitgeblus word nie.

26 Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om die HERE te raadpleeg, aan hom moet julle so sê: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het --

27 omdat jou hart week is en jy jou voor die aangesig van God verneder het toe jy sy woorde teen hierdie plek en teen sy inwoners hoor, en jy jou voor my aangesig verneder het en jou klere geskeur en voor my aangesig geween het, daarom het Ek ook verhoor, spreek die HERE.

28 Kyk, Ek sal jou by jou vaders versamel, en jy sal met vrede in jou graf versamel word, en jou oë sal al die onheil nie aansien wat Ek oor hierdie plek en oor sy inwoners bring nie. En hulle het die koning antwoord gebring.

29 Toe het die koning gestuur en al die oudstes van Juda en Jerusalem byeen laat kom.

30 En die koning het opgegaan in die huis van die HERE en al die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem en die priesters en die Leviete en die hele volk, groot en klein, en hy het al die woorde van die verbondsboek wat in die huis van die HERE gevind is, voor hulle ore gelees.

31 En die koning het op sy plek gaan staan en die verbond voor die aangesig van die HERE gesluit om die HERE te volg en sy gebooie en sy getuienisse en sy insettinge met sy hele hart en met sy hele siel te onderhou, om die woorde van die verbond wat in hierdie boek geskrywe is, te volbring.

32 En hy het almal wat in Jerusalem en in Benjamin te vinde was, laat toetree tot die verbond; en die inwoners van Jerusalem het gehandel volgens die verbond van God, die God van hulle vaders.

33 Jos¡a het toe al die gruwels uit al die landstreke van die kinders van Israel verwyder en almal wat in Israel te vinde was, diensbaar gemaak, om die HERE hulle God te dien; al sy dae het hulle nie van die HERE, die God van hulle vaders, afgewyk nie.

1 Josia oli kuninkaaksi tullessaan kahdeksanvuotias, ja hän hallitsi Jerusalemissa kolmekymmentäyksi vuotta.

2 Josia teki sitä, mikä on oikein Herran silmissä, ja kulki esi-isänsä Daavidin teitä, poikkeamatta oikealle tai vasemmalle.

3 Kahdeksantena hallitusvuotenaan, ollessaan vielä nuori, Josia alkoi kysellä esi-isänsä Daavidin Jumalan tahtoa, ja kahdentenatoista vuotena hän ryhtyi hävittämään Juudasta ja Jerusalemista kukkulapyhäkköjä, asera-tarhoja sekä puisia ja metallisia epäjumalankuvia.

4 Hänen määräyksestään hajotettiin baalien alttarit ja rikottiin niiden päälle rakennetut suitsutusalttarit. Asera-paalut ja jumalankuvat murskattiin pieniksi palasiksi ja siroteltiin niiden haudoille, jotka olivat uhranneet niille.

5 Pappien luut Josia poltti heidän omilla alttareillaan. Näin hän puhdisti Juudan ja Jerusalemin.

6 Manassen, Efraimin ja Simeonin alueen kaupungeista aina Naftalin alueelle asti

7 hän särki alttarit ja asera-paalut, ja kaikkialla Israelissa hän löi pirstaleiksi epäjumalankuvat ja rikkoi suitsutusalttarit. Sitten hän palasi Jerusalemiin.

8 Kahdeksantenatoista hallitusvuotenaan, saatuaan temppelin ja koko maan puhdistetuksi, Josia lähetti Safanin, Asaljan pojan, sekä kaupunginpäällikkö Maasejan ja kirjuri Joahin, Joahasin pojan, korjaamaan Herran, Jumalansa, temppeliä.

9 He menivät ylipappi Hilkian luo ja antoivat hänelle temppeliin tuodut rahat, jotka leeviläiset ovenvartijat olivat keränneet Manassen, Efraimin ja koko muun Israelin sekä Juudan ja Benjaminin alueelta ja Jerusalemin asukkailta.

10 Raha annettiin niille, joiden tehtävänä oli johtaa töitä Herran temppelissä, ja he vuorostaan jakoivat ne temppeliä kunnostaville ja korjaaville työmiehille

11 sekä käsityöläisille ja rakentajille. Rahoilla hankittiin myös hakattuja kiviä ja puutavaraa niiden rakennusten korjaamiseksi, jotka olivat päässeet rappeutumaan Juudan kuninkaiden aikana.

12 Miehet tekivät työnsä huolellisesti. Heidän töidensä valvojiksi oli asetettu leeviläiset Jahat ja Obadja, Merarin sukua, sekä Sakarja ja Mesullam, Kehatin sukua. Leeviläiset soittajat antoivat soittimillaan tahdin

13 taakankantajille ja muillekin työntekijöille. Leeviläisiä oli myös kirjureina, esimiehinä ja portinvartijoina.

14 Mutta kun Herran temppeliin tuodut rahat otettiin esiin, löysi ylipappi Hilkia kirjan, jossa oli Herran Moosekselle antama laki.

18 Sitten kirjuri Safan kertoi kuninkaalle, että pappi Hilkia oli antanut hänelle kirjan. Hän luki kirjan kuninkaalle.

19 Kun kuningas kuuli, mitä laissa sanottiin, hän repäisi vaatteensa.

20 Hän sanoi Hilkialle sekä Safanin pojalle Ahikamille, Miikan pojalle Abdonille, kirjuri Safanille ja hovimiehelleen Asajalle:

21 Menkää kysymään Herralta, mitä meidän nyt on tehtävä, kun tämä kirja on löytynyt. Kysykää sitä sekä minun että kaikkien muidenkin Israelin ja Juudan asukkaiden puolesta. Herran viha on ankarana yllämme, koska isämme eivät ole noudattaneet hänen sanojaan eivätkä ole eläneet kaikessa sen mukaisesti kuin tähän kirjaan on kirjoitettu.

22 Hilkia ja muut, joille kuningas oli antanut määräyksen, lähtivät naisprofeetta Huldan luo; tämän mies oli pyhien vaatteiden vartija Sallum, Tokhatin poika, Hasran pojanpoika. Profeetta asui Jerusalemin uudessa kaupunginosassa. He esittivät hänelle asiansa,

24 tämä Herran sana: Minä annan onnettomuuden kohdata tätä paikkaa ja sen asukkaita. Kaikki kiroukset, jotka on mainittu Juudan kuninkaalle luetussa kirjassa, minä panen täytäntöön.

25 He ovat hylänneet minut ja polttaneet uhreja muille jumalille, ja näillä teoillaan he ovat saaneet vihani heräämään. Minun vihani tulvii tämän paikan ylle, eikä se ehdy.'

26 Mutta koska Juudan kuningas lähetti teidät tiedustelemaan Herran tahtoa, viekää hänelle tämä viesti: 'Näin sanoo Herra, Israelin Jumala: Olet nyt kuullut sanani,

27 ja ne ovat tehneet sydämesi levottomaksi. Sinä nöyrryit Jumalan edessä, kun kuulit, mitä olen sanonut tästä paikasta ja sen asukkaista. Sinä nöyrryit, sinä repäisit vaatteesi ja itkit edessäni, ja siksi minä kuulen sinua, sanoo Herra.

29 Kuningas kutsui koolle kaikki Juudan ja Jerusalemin vanhimmat.

30 Hän meni Herran temppeliin, ja hänen kanssaan menivät kaikki Juudan miehet ja Jerusalemin asukkaat, papit ja leeviläiset ja koko kansa, niin ylhäiset kuin alhaiset. Hän luki heidän kuultensa kaiken, mitä temppelistä löytyneessä liiton kirjassa sanottiin.

31 Sitten kuningas nousi korokkeelle ja teki Herran edessä liiton. Sen mukaan heidän tuli seurata Herraa ja kaikesta sydämestään ja kaikesta sielustaan noudattaa hänen käskyjään, määräyksiään ja säädöksiään. Näin he täyttäisivät sen, mitä kirjassa oli liitosta sanottu.

32 Hän otti liittoon Jerusalemin ja myös Benjaminin alueen asukkaat. Kaikki he sitoutuivat noudattamaan Jumalan, isiensä Jumalan, liiton käskyjä.

33 Josia hävitti kauhistuttavat epäjumalankuvat kaikilta israelilaisten alueilta ja sai kaikki Israelin asukkaat palvelemaan Herraa, Israelin Jumalaa. Koko hänen elinaikanaan he eivät luopuneet Herrasta, isiensä Jumalasta.