1 En Agab het sewentig seuns gehad in Samar¡a. Toe skryf Jehu 'n brief, en hy stuur dit na Samar¡a aan die owerstes van J¡sreël, die oudstes, en aan die opvoeders van die seuns van Agab, en sê:
2 As hierdie brief dan nou by julle kom, terwyl die seuns van jul heer by julle is, en die strydwaens en die perde by julle is, en 'n versterkte stad en wapens,
3 kyk dan uit na die beste en betroubaarste van die seuns van julle heer, en sit hom op die troon van sy vader en veg vir die huis van julle heer.
4 Maar hulle het vreeslik bang geword en gesê: Kyk, twee konings het nie voor hom standgehou nie; hoe sou ons dan kan standhou?
5 Toe laat die owerste oor die paleis en die owerste oor die stad en die oudstes en die opvoeders aan Jehu d¡t weet: Ons is u dienaars, en alles wat u ons beveel, sal ons doen; ons sal niemand koning maak nie; doen wat goed is in u oë.
6 Daarop het hy vir die tweede maal 'n brief aan hulle geskrywe en gesê: As julle vir my is en my gehoorsaam wil wees, neem dan die hoofde van die manne, die seuns van julle heer, en kom môre omtrent sulke tyd na my in J¡sreël; want die seuns van die koning, sewentig man, was by die grotes van die stad wat hulle grootgemaak het.
7 En toe die brief by hulle kom, het hulle die seuns van die koning geneem en hulle gedood, sewentig man, en hulle hoofde in mandjies gesit en aan hom na J¡sreël gestuur.
8 En toe die boodskapper kom en hom berig bring en sê: Hulle het die hoofde van die koning se seuns gebring, sê hy: Sit hulle in twee hope neer by die ingang van die poort tot môre toe.
9 En in die môre het hy uitgegaan en gaan staan en aan die hele volk gesê: Julle is onskuldig. Kyk, ,k het 'n sameswering gesmee teen my heer en hom vermoor, maar wie het al hierdie manne doodgeslaan?
10 Erken dan dat niks onvervuld bly van die woord van die HERE wat die HERE gespreek het teen die huis van Agab nie -- die HERE het gedoen wat Hy deur die diens van sy kneg El¡a gespreek het.
11 Toe slaan Jehu almal dood van die huis van Agab wat in J¡sreël oor was, en al sy grotes en sy vertroudes en sy priesters, totdat daar niemand van hom oor was wat vrygeraak het nie.
12 En hy het hom gereedgemaak en gegaan en na Samar¡a getrek. Terwyl hy op pad by Bet-Eked van die herders was
13 en Jehu die broers van Ah sia, die koning van Juda, aantref, sê hy: Wie is julle? En hulle antwoord: Ons is die broers van Ah sia, en ons het afgekom om die seuns van die koning en die seuns van die gebiedster te groet.
14 En hy sê: Gryp hulle lewendig! En hulle het hul lewendig gegryp en gedood by die put van Bet-Eked, twee en veertig man; en hy het niemand van hulle laat oorbly nie.
15 En vandaar het hy gegaan en Jonadab, die seun van Regab, gevind wat hom tegemoetkom. En hy groet hom en sê vir hom: Is jou hart reg soos my hart met jou hart is? En Jonadab antwoord: Ja. So ja, gee jou hand, sê Jehu. Toe gee hy sy hand; en hy het hom by hom op die wa laat klim
16 en gesê: Gaan saam met my en aanskou met welgevalle my ywer vir die HERE. En hulle het hom op sy wa laat ry.
17 En toe hy in Samar¡a aankom, het hy almal omgebring wat van Agab in Samar¡a oor was, totdat hy hom verdelg het volgens die woord van die HERE wat Hy tot El¡a gespreek het.
18 En Jehu het die hele volk bymekaar laat kom en vir hulle gesê: Agab het Ba„l 'n bietjie gedien; Jehu sal hom baie dien.
19 Roep dan nou al die profete van Ba„l, al sy dienaars en al sy priesters na my toe; niemand moet gemis word nie, want ek het 'n groot offer aan Ba„l. Elkeen wat gemis word, sal nie leef nie. Maar Jehu het dit met lis gedoen om die dienaars van Ba„l te kan vernietig.
20 Verder sê Jehu: Heilig 'n feestyd vir Baäl; en hulle het dit uitgeroep.
21 Jehu het ook deur die hele Israel gestuur; en al die dienaars van Baäl het gekom -- sodat daar niemand oor was wat nie gekom het nie -- en in die tempel van Ba„l ingegaan, sodat die tempel van Ba„l vol was van end tot end.
22 En hy sê aan die een wat oor die klerekamer was: Bring klere uit vir al die dienaars van Baäl. En hy het vir hulle klere uitgebring.
23 Daarop gaan Jehu saam met Jonadab, die seun van Regab, in die tempel van Baäl in en sê aan die dienaars van Baäl: Ondersoek en kyk of nie miskien van die dienaars van die HERE hier by julle is nie, net die dienaars van Ba„l alleen.
24 En hulle het ingegaan om slagoffers en brandoffers toe te berei; maar Jehu het vir hom buitekant tagtig man opgestel en gesê: Hy wat een van die manne wat ek in julle hande lewer, laat vryraak, sy lewe sal in die plek van die se lewe wees.
25 En toe hy gereed was met die aanbieding van die brandoffer, sê Jehu aan die hardlopers en die adjudante: Kom in, slaan hulle dood, laat niemand uitkom nie! En hulle het hul met die skerpte van die swaard doodgeslaan, en die hardlopers en die adjudante het hulle uitgegooi en na die stadsdeel van die Baälstempel gegaan.
26 En hulle het die pilare van die Ba„lstempel uitgebring en dit verbrand
27 en die klippilaar van Ba„l afgebreek en Ba„l se tempel afgebreek en daar gemakhuisies van gemaak, tot vandag toe.
28 So het Jehu dan Ba„l uit Israel uit verdelg.
29 Maar die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het -- daar het Jehu nie van afgewyk nie, van die goue kalwers wat in Bet-el en in Dan was.
30 Toe sê die HERE vir Jehu: Omdat jy goed gehandel het deur te doen wat reg is in my oë -- volgens alles wat in my hart was, aan die huis van Agab gedoen het -- sal jou seuns tot in die vierde geslag op die troon van Israel sit.
31 Maar Jehu het nie sorgvuldig in die wet van die HERE, die God van Israel, met sy hele hart gewandel nie; hy het nie afgewyk van die sondes van Jerobeam wat Israel laat sondig het nie.
32 In die dae het die HERE Israel begin inkort, en H sael het hulle in die hele gebied van Israel verslaan:
33 van die Jordaan af na die ooste toe, die hele land G¡lead, die Gadiete en die Rubeniete en die Manassiete, van Aroër af wat aan die Arnonrivier lê, G¡lead sowel as Basan.
34 En die verdere geskiedenis van Jehu en alles wat hy gedoen het, en al sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
35 En Jehu het ontslaap met sy vaders en is begrawe in Samar¡a, en sy seun Joahas het in sy plek koning geword.
36 En die dae wat Jehu oor Israel in Samar¡a geregeer het, was agt en twintig jaar.
1 Samarian kaupungissa oli vielä seitsemänkymmentä Ahabin suvun poikaa. Niinpä Jehu kirjoitti kirjeen Samarian kaupungin jalosukuisille ja vanhimmille sekä Ahabin poikien holhoojille ja sanoi siinä näin:
7 Kirjeen saatuaan holhoojat surmasivat kaikki seitsemänkymmentä poikaa. Sitten he panivat poikien päät koreihin ja lähettivät ne Jehulle Jisreeliin.
11 Jehu otti sitten hengiltä kaikki ne Ahabin suvun jäsenet, jotka vielä olivat jäljellä Jisreelissä. Hän tappoi myös kaikki kuninkaan päälliköt, uskotut ja papit eikä jättänyt henkiin ainoatakaan kuningassuvun kannattajaa.
12 Sitten Jehu lähti matkaan mennäkseen Samarian kaupunkiin. Bet-Eked-Roimin luo ehdittyään
17 Samarian kaupunkiin saavuttuaan Jehu surmasi kaikki Ahabin jälkeläiset, jotka siellä vielä olivat jääneet henkiin. Näin hän hävitti Ahabin suvun, niin kuin Herra oli Elialle ilmoittanut.
20 Hän käski järjestää pyhän juhlan Baalin kunniaksi. Juhlapäivä määrättiin,
21 ja Jehu lähetti kutsun kaikkialle Israeliin. Kaikki Baalin palvelijat saapuivat, yksikään ei jäänyt tulematta. He menivät Baalin temppeliin, ja se täyttyi ääriään myöten.
22 Jehu käski vaatevaraston hoitajan tuoda puvun jokaiselle Baalin palvelijalle, ja tämä toi heille puvut.
26 kantoivat temppelin pyhän pylvään ulos ja polttivat sen.
27 He kaatoivat maahan myös Baalin kivipatsaan ja hajottivat koko temppelin. Temppelistä tehtiin käymälöitä, ja siinä käytössä se on ollut tähän päivään saakka.
28 Näin Jehu tuhosi Israelista Baalin palvonnan.
29 Hän ei kuitenkaan luopunut niistä synneistä, joilla Jerobeam, Nebatin poika, oli johdattanut Israelin synnintekoon, vaan säilytti Betelin ja Danin kultaiset sonnit.
31 Mutta kokonaan Jehu ei noudattanut Herran, Israelin Jumalan, lakia. Hän ei luopunut synneistä, joilla Jerobeam oli johdattanut Israelin synnintekoon.
32 Noihin aikoihin Herra alkoi pirstoa Israelia. Hasael löi Israelin joukot joka puolella raja- aluetta
33 ja valloitti Jordanin itäpuolelta koko Gileadin maan sekä Gadin, Ruubenin ja Manassen heimon maat Arnonin varrella sijaitsevasta Aroerista alkaen. Gilead ja Basan joutuivat hänen valtaansa.
34 Kaikki muu, mitä on kerrottavaa Jehusta ja hänen teoistaan ja saavutuksistaan, on kirjoitettu Israelin kuninkaiden historiaan.
35 Jehu meni lepoon isiensä luo, ja hänet haudattiin Samarian kaupunkiin. Hänen jälkeensä tuli kuninkaaksi hänen poikansa Joahas.
36 Jehu hallitsi Samariassa Israelia kaksikymmentäkahdeksan vuotta.