1 Nadat Dawid van die top af 'n entjie verder getrek het, kom Siba, die dienaar van Mefiboset, meteens hom tegemoet met 'n paar opgesaalde esels en op hulle twee honderd brode en honderd rosynekoeke en honderd somervrugte en 'n sak wyn.

2 En die koning het Siba gevra: Wat wil jy hiermee maak? En Siba sê: Die esels is vir die huis van die koning om op te ry, en die brood en die somervrugte vir die dienaars om te eet, en die wyn vir die vermoeides in die woestyn om te drink.

3 En die koning vra: Maar waar is die seun van jou heer? En Siba sê vir die koning: Kyk, hy het daar in Jerusalem gebly, want hy dink: Vandag sal die huis van Israel my vader se koningskap aan my teruggee.

4 Daarop sê die koning vir Siba: Kyk, alles wat aan Mefiboset behoort, is joue. En Siba sê: Ek buig my neer! Mag ek genade vind in u oë, my heer die koning!

5 En toe koning Dawid tot by Bahurim gekom het, kom daarvandaan juis 'n man te voorskyn uit die geslag van die huis van Saul met die naam van S¡me‹, die seun van Gera; hy het uitgekom en gedurigdeur gevloek

6 en Dawid en al die dienaars van koning Dawid met klippe gegooi, alhoewel al die mense en al die helde aan sy regter-- en aan sy linkerkant was.

7 En dit het S¡me‹gesê terwyl hy vloek: Weg, weg, jou bloedvergieter en jou deugniet!

8 Die HERE het al die bloed van die huis van Saul, in wie se plek jy koning geword het, op jou laat neerkom; en die HERE het die koningskap in die hand van jou seun Absalom gegee, en hier is jy nou in jou ongeluk, omdat jy 'n bloedvergieter is.

9 Toe vra Ab¡sai, die seun van Seruja, vir die koning: Waarom moet hierdie dooie hond my heer die koning vloek? Laat ek tog oorstap en sy kop afslaan!

10 Maar die koning sê: Wat het ek met julle te doen, seuns van Seruja? As hy vloek, en as die HERE aan hom gesê het: Vloek Dawid! wie mag dan vra: Waarom maak jy so?

11 Verder het Dawid aan Ab¡sai en al sy dienaars gesê: Kyk, my seun wat uit my liggaam voortgekom het, soek my lewe: hoeveel te meer dan nou die Benjaminiet? Laat hom staan, dat hy vloek, want die HERE het hom dit beveel.

12 Miskien sal die HERE my ellende aansien en sal die HERE my goed vergelde vir die vloek wat my vandag tref.

13 Dawid en sy manne het toe met die pad getrek, terwyl S¡me‹al langs hom aan die kant van die berg gedurig loop en vloek, en al langs hom met klippe gooi en stof maak.

14 En moeg het die koning en al die mense wat by hom was, by die Jordaan aangekom en daar asem geskep.

15 Intussen het Absalom en al die manskappe, die manne van Israel, in Jerusalem aangekom, en Agitofel was by hom.

16 En net toe Husai, die Arkiet, die vriend van Dawid, by Absalom kom, sê Husai vir Absalom: Mag die koning leef, mag die koning leef!

17 Maar Absalom vra vir Husai: Is dit jou liefde teenoor jou vriend? Waarom het jy nie saam met jou vriend getrek nie?

18 Toe sê Husai vir Absalom: Nee, maar aan hom wat die HERE verkies, en hierdie volk en al die manne van Israel, aan hom behoort ek, en by hom sal ek bly.

19 En ten tweede: Wie sal ,k dien? Is dit nie voor die aangesig van sy seun nie? Soos ek voor u vader gedien het, so sal ek voor u wees.

20 Daarop sê Absalom vir Agitofel: Julle moet raad gee onder mekaar wat ons moet doen.

21 En Agitofel sê vir Absalom: Gaan in by die byvroue van u vader wat hy laat agter bly het om die huis op te pas. Dan sal die hele Israel hoor dat u u gehaat gemaak het by u vader, en die hande van almal wat by u is, sal versterk word.

22 Hulle het toe vir Absalom 'n tent op die dak opgeslaan, en Absalom het voor die oë van die hele Israel by die byvroue van sy vader ingegaan.

23 En die raad wat Agitofel in die dae gegee het, was asof 'n mens die woord van God geraadpleeg het. So was elke raad van Agitofel vir Dawid sowel as vir Absalom.

1 Kun Daavid oli kulkenut mäen laelta vähän eteenpäin, häntä vastaan tuli Mefibosetin palvelija Siba mukanaan satuloitu aasipari. Aasien selkään oli kuormattu kaksisataa leipää, sata kakkua rusinoita, sata nippua muita hedelmiä ja viinileili.

5 Kun kuningas Daavid ehti Bahurimin kohdalle, kylästä tuli häntä vastaan eräs Saulin sukulainen, nimeltään Simei, Geran poika. Tullessaan hän huusi kirouksia

6 ja heitteli kivillä Daavidia ja hänen miehiään, vaikka koko sotaväki ja päälliköt olivat kuninkaan molemmin puolin.

13 Daavid kulki miehineen tietä eteenpäin, ja Simei kulki sivummalla vuoren rinnettä koko ajan kiroten häntä ja heitellen kiviä ja soraa.

14 Kuningas ja koko hänen väkensä saapuivat väsyneinä määränpäähän ja jäivät lepäämään.

15 Absalom oli tullut Israelin miesten kanssa Jerusalemiin, ja myös Ahitofel oli hänen kanssaan.

22 Absalomille pystytettiin katolle teltta, ja hän meni isänsä sivuvaimojen luo koko Israelin nähden.

23 Siihen aikaan Ahitofelin antamat neuvot olivat ihmisten mielestä kuin Jumalan sanaa; sellaisina pitivät kaikkia hänen neuvojaan sekä Daavid että Absalom.