1 Die eerste verhaal, Theofilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het
2 tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;
3 aan wie Hy ook, n sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het.
4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het.
5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank n hierdie dae nie.
6 Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?
7 En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;
8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judia en Samar¡a en tot aan die uiterste van die aarde.
9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en 'n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.
10 En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,
11 wat sê: Galil,se manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
12 Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, 'n sabbatsreis ver.
13 En toe hulle daar kom, gaan hulle na die bo-vertrek waar hulle gewoond was om te vertoef, naamlik: Petrus en Jakobus en Johannes en Andr,as, Filippus en Thomas, Bartholom,Âs en Matth,Âs, Jakobus, die seun van Alf,Âs, en Simon, die Yweraar, en Judas, die seun van Jakobus.
14 Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met 'n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.
15 En in die dae het Petrus in die midde van die dissipels opgestaan -- die skare van persone daar bymekaar was omtrent honderd en twintig -- en gesê:
16 Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;
17 want hy is saam met ons getal gereken en het die lot van hierdie bediening verkry.
18 Hy het dan 'n stuk grond gekoop met die loon van ongeregtigheid en het vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgestort;
19 en dit het bekend geword aan al die inwoners van Jerusalem, sodat daardie stuk grond in hulle eie taal Akeld ma genoem is, dit is Bloedgrond.
20 Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! En: Laat 'n ander een sy opsienersamp neem.
21 Van die manne dan wat saam met ons rondgegaan het al die tyd waarin die Here Jesus by ons in-- en uitgegaan het,
22 van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is -- van hulle moet daar een saam met ons getuie word van sy opstanding.
23 En hulle het twee voorgestel: Josef wat genoem is B rsabas, met die bynaam van Justus, en Matth¡as.
24 En hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van almal ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het
25 om die lot van hierdie bediening en apostelskap te verkry, waarvan Judas afgewyk het om heen te gaan na sy eie plek.
26 Toe werp hulle die lot, en die lot het op Matth¡as geval; en hy is gekies om saam met die elf apostels te wees.
1 Edellisessä kirjassani, hyvä Teofilos, kerroin kaikesta siitä, mitä Jeesus teki ja mitä hän opetti, alusta alkaen
2 aina siihen päivään saakka, jona hän Pyhän Hengen voimalla antoi valitsemilleen apostoleille käskynsä, ennen kuin hänet otettiin taivaaseen.
3 Heille hän myös monin kiistattomin todistein osoitti kuolemansa jälkeen olevansa elossa. Hän näyttäytyi heille neljänkymmenen päivän aikana useasti ja puhui Jumalan valtakunnasta.
9 Kun hän oli sanonut tämän, he näkivät, kuinka hänet otettiin ylös, ja pilvi vei hänet heidän näkyvistään.
10 Ja kun he Jeesuksen etääntyessä vielä tähysivät taivaalle, heidän vieressään seisoi yhtäkkiä kaksi valkopukuista miestä.
12 Silloin he lähtivät tuolta vuorelta, jota kutsutaan Öljymäeksi ja joka on lähellä Jerusalemia, sapatinmatkan päässä. He palasivat Jerusalemiin
13 ja menivät siellä siihen taloon, jonka yläkerrasta oli tullut heidän kokoontumispaikkansa: Pietari, Johannes ja Jaakob, Andreas, Filippus, Tuomas, Bartolomeus, Matteus ja Jaakob Alfeuksen poika, Simon Kiivailija ja Juudas Jaakobin poika.
14 He pitivät kaikki yhtä ja rukoilivat lakkaamatta yhdessä joukkoonsa kuuluvien naisten sekä Jeesuksen äidin Marian ja Jeesuksen veljien kanssa.
15 Eräänä päivänä, kun opetuslapsia oli koolla noin satakaksikymmentä, Pietari nousi puhumaan.
17 Hän kuului meidän joukkoomme ja oli saanut osalleen palvelutehtävän niin kuin mekin.
19 -- Tämä tuli yleisesti tiedoksi Jerusalemissa, ja niin se paikka sai heidän kielellään nimen Hakeldama, Veripelto.
21 Siispä on nyt valittava yksi niistä miehistä, jotka ovat kulkeneet kanssamme koko sen ajan, jolloin Herra Jeesus eli ja vaikutti meidän keskuudessamme,
23 Ehdolle pantiin kaksi miestä: Joosef Barsabbas, toiselta nimeltään Justus, sekä Mattias.
26 Sen jälkeen he heittivät miehistä arpaa, ja arpa lankesi Mattiakselle. Näin hänet valittiin ja liitettiin kahdentenatoista apostolien joukkoon.