1 En in die tweede jaar van die regering van Nebukadn,sar, het Nebukadn,sar 'n droom gehad, sodat sy gees onrustig geword het en dit met sy slaap gedaan was.

2 Toe het die koning bevel gegee om die geleerdes en die besweerders en die towenaars en die Chaldeërs te roep, om vir die koning sy droom uit te lê. Toe hulle kom en voor die koning gaan staan,

3 sê die koning vir hulle: Ek het 'n droom gehad, en my gees is onrustig om die droom te verstaan.

4 Toe het die Chaldeërs met die koning gespreek Aramees: Mag die koning vir altyd lewe! Vertel u dienaars die droom, en ons sal die uitlegging te kenne gee.

5 Die koning het geantwoord en aan die Chaldeërs gesê: Die saak staan by my vas: as julle die droom en sy uitlegging nie aan my bekend maak nie, sal julle in stukke gekap en van julle huise mishope gemaak word.

6 Maar as julle die droom en sy uitlegging te kenne gee, sal julle geskenke en gawes en groot eer van my ontvang; gee my daarom die droom en sy uitlegging te kenne.

7 Hulle het vir die tweede maal geantwoord en gesê: Laat die koning die droom aan sy dienaars vertel; dan sal ons die uitlegging te kenne gee.

8 Die koning het geantwoord en gesê: Ek weet verseker dat julle tyd wil win, omdat julle sien dat die saak by my vasstaan;

9 want as julle my die droom nie bekend maak nie, is julle vonnis een en dieselfde; julle het naamlik afgespreek om 'n leuenagtige en bedrieglike woord voor my te spreek totdat die tyd weer verander; daarom, vertel my die droom, dan sal ek weet of julle my sy uitlegging kan te kenne gee.

10 Die Chaldeërs het voor die koning geantwoord en gesê: Daar is geen mens op die aardbodem wat die koning se saak sou kan te kenne gee nie; daarom het dan ook geen koning, groot of magtig, ooit so iets van enige geleerde of besweerder of Chaldeër verlang nie.

11 Ja, die saak wat die koning verlang, is swaar, en daar is niemand anders wat dit voor die koning sou kan te kenne gee nie, behalwe die gode wie se woning nie by die vlees is nie.

12 Hieroor het die koning toornig en baie kwaad geword en bevel gegee om al die wyse manne van Babel om te bring.

13 Toe die bevel uitgevaardig is en die wyse manne gedood sou word, het hulle ook Daniël en sy metgeselle gesoek om gedood te word.

14 Daarop het Daniël aan Ariog, die owerste van die koninklike lyfwag wat uitgetrek het om die wyse manne van Babel dood te maak, 'n slim en verstandige antwoord gegee.

15 Hy antwoord en sê vir Ariog, die bevelhebber van die koning: Waarom is die bevel van die kant van die koning so streng? Toe het Ariog aan Daniël die saak meegedeel.

16 Daarop het Daniël ingegaan en die koning versoek dat hy hom tyd moes gee om die uitlegging aan die koning te kenne te gee.

17 Toe gaan Daniël na sy huis en maak aan Han nja, M¡sael en As rja, sy metgeselle, die saak bekend,

18 en dat hulle barmhartigheid van die God van die hemel moes afsmeek oor hierdie geheim, sodat hulle Daniël en sy metgeselle saam met die orige wyse manne van Babel nie sou ombring nie.

19 Daarop is in 'n naggesig die geheim aan Daniël geopenbaar. Toe het Daniël die God van die hemel geloof.

20 Daniël het toe gespreek en gesê: Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is syne.

21 Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het;

22 Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom.

23 U, God van my vaders, loof en prys ek, want U het my wysheid en krag verleen, en nou het U my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het, want die saak van die koning het U ons bekend gemaak.

24 Daarom het Daniël ingegaan na Ariog, wat die koning aangestel het om die wyse manne van Babel om te bring; hy het gegaan en vir hom so gesê: Moenie die wyse manne van Babel ombring nie; bring my in voor die koning, dan sal ek aan die koning die uitlegging te kenne gee.

25 Toe het Ariog Daniël haastig voor die koning ingebring en so vir hom gesê: Ek het 'n man onder die ballinge van Juda gevind wat die koning die uitlegging bekend sal maak.

26 Die koning het geantwoord en aan Daniël, wie se naam B,ltsasar was, gesê: Is jy in staat om aan my die droom wat ek gesien het, en sy uitlegging bekend te maak?

27 Daniël het in teenwoordigheid van die koning geantwoord en gesê: Die geheim waarna die koning vra, kan die wyse manne, die besweerders, die geleerdes, die waarsêers nie aan die koning te kenne gee nie.

28 Maar daar is 'n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadn,sar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was dit:

29 Wat u betref, o koning, u gedagtes op u bed het opgestyg oor wat hierna sal gebeur, en die Openbaarder van die geheime het u bekend gemaak wat sal gebeur.

30 En wat my betref, hierdie geheim is my geopenbaar, nie deur 'n wysheid wat in my sou wees meer as in al die lewendes nie, maar met die bedoeling dat die uitlegging aan die koning bekend gemaak sal word en u die gedagtes van u hart kan ken.

31 U, o koning, het 'n gesig gehad -- kyk, daar was 'n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik.

32 Wat die beeld betref, sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper,

33 sy bene van yster, sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei.

34 U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande 'n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het.

35 Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het 'n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.

36 Dit is die droom; sy uitlegging sal ons nou voor die koning sê:

37 U, o koning, koning van die konings, aan wie die God van die hemel die koningskap, die krag en die sterkte en die eer verleen het,

38 en in wie se hand Hy in die hele bewoonde wêreld die mensekinders, die diere van die veld en die voëls van die hemel gegee het, sodat Hy u as heerser oor hulle almal aangestel het -- u is die hoof van goud.

39 En n u sal daar 'n ander koninkryk opstaan, geringer as die van u; daarna 'n ander, 'n derde koninkryk, van koper, wat oor die hele aarde sal heers;

40 en die vierde koninkryk sal hard wees soos yster, juis omdat yster alles fynstamp en verpletter; en soos die yster wat vergruis, sal hy dit alles fynstamp en vergruis.

41 En dat die voete en die tone, soos u gesien het, deels van pottebakkersklei en deels van yster was -- dit sal 'n verdeelde koninkryk wees, en van die hardheid van die yster sal daarin wees, omdat u die yster met kleigrond gemeng gesien het.

42 En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is -- 'n gedeelte van die koninkryk sal hard en 'n gedeelte sal bros wees.

43 Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het -- hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie.

44 Maar in die dae van die konings sal die God van die hemel 'n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar 'n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan --

45 net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande 'n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar.

46 Toe het koning Nebukadn,sar op sy aangesig geval en Daniël aanbid en bevel gegee om aan hom 'n spysoffer en reukoffers te bring.

47 Die koning het Daniël geantwoord en gesê: Waarlik, julle God is die God van die gode en die Here van die konings en die Openbaarder van geheimenisse, daarom was jy in staat om hierdie geheim te openbaar.

48 Toe het die koning Daniël verhef en hom baie, groot geskenke gegee en hom aangestel as heerser oor die hele provinsie Babel en as hoofowerste oor al die wyse manne van Babel.

49 En op versoek van Daniël het die koning Sadrag, Mesag en Abedn,go aangestel oor die bestuur van die provinsie Babel, maar Daniël was in die paleis van die koning.

1 Toisena hallitusvuotenaan Nebukadnessar näki unia, ja hänen mielensä tuli niistä niin levottomaksi, ettei hän voinut nukkua.

2 Silloin kuningas käski kutsua enteidenselittäjät, loitsupapit, noidat ja kaldealaiset viisaat selittämään nämä unet, ja he tulivat ja asettuivat kuninkaan eteen.

12 Tämän kuultuaan kuningas suuttui ja vihastui kovin ja käski surmata kaikki Babylonian viisaat.

13 Kun käsky viisaiden surmaamisesta oli annettu, joutuivat myös Daniel ja hänen toverinsa kuolemanvaaraan.

14 Silloin Daniel puhutteli viisaasti ja taitavasti Arjokia, kuninkaan henkivartijoiden päällikköä, joka oli saanut tehtäväkseen surmata Babylonian viisaat,

16 Silloin Daniel meni palatsiin ja pyysi kuningasta antamaan aikaa, jotta hän voisi selittää unen.

17 Sitten Daniel meni kotiinsa ja kertoi asian tovereilleen Hananjalle, Misaelille ja Asarjalle

18 ja kehotti heitä pyytämään, että taivaan Jumala olisi armollinen ja ilmaisisi tuon salaisuuden, niin etteivät he tuhoutuisi yhdessä toisten Babylonian viisaiden kanssa.

19 Yöllisessä näyssä salaisuus ilmoitettiin Danielille. Hän kiitti taivaan Jumalaa

20 ja sanoi: -- Olkoon Jumalan nimi kiitetty ajasta aikaan, sillä yksin hänen on viisaus ja voima.

21 Hän antaa muuttua aikojen ja hetkien, hän suistaa kuninkaat vallasta ja nostaa kuninkaat valtaan, antaa viisaille viisauden ja ymmärtäväisille tiedon.

22 Hän paljastaa syvimmät salat, tietää sen, minkä pimeys peittää, hänen luonaan asuu valo.

23 Sinua, isieni Jumala, minä kiitän ja ylistän, sillä sinä olet antanut minulle viisautta ja voimaa ja nyt olet ilmoittanut minulle sen, mitä sinulta pyysimme, olet ilmoittanut meille, mitä vastata kuninkaalle.

28 mutta taivaassa on Jumala, joka paljastaa salaisuudet, ja nyt hän kertoo kuningas Nebukadnessarille, mitä tulevina aikoina on tapahtuva. Sinun unesi ja näyt, jotka vuoteellasi näit, ovat nämä:

30 Ei tätä salaisuutta ole paljastettu minulle siksi, että olisin viisaampi kuin muut ihmiset, vaan siksi, että kuningas saisi tietää tämän salaisuuden, ja siksi, että ymmärtäisit, mitä mielessäsi liikkuu.

32 Se patsas oli tällainen: pää puhdasta kultaa, rinta ja käsivarret hopeaa, vatsa ja reidet pronssia,

33 sääret rautaa, jalat osaksi rautaa, osaksi savea.

34 Sitä katsellessasi lähti käden koskematta vierimään kivi. Se osui patsaan jalkoihin, jotka olivat rautaa ja savea, ja murskasi ne.

35 Niin murtuivat yhtä lailla rauta, savi, pronssi, hopea ja kulta, ja niistä tuli kuin ruumenia kesäisellä puimatantereella, ja tuuli kantoi ne pois, eikä niitä löytynyt mistään. Ja kivestä, joka oli osunut patsaaseen, tuli suuri vuori, ja se täytti koko maailman.

36 Tämä oli uni, ja nyt kerromme kuninkaalle sen selityksen.

38 Hän on myös antanut kaikkialla valtaasi ihmiset, maan eläimet ja taivaan linnut ja tehnyt sinut niiden herraksi. Sinä olet kultainen pää.

39 Mutta sinun jälkeesi nousee toinen valtakunta, vähäisempi kuin sinun, ja sitten kolmas valtakunta, pronssinen, joka on hallitseva koko maailmaa.

40 Vielä on tuleva neljäs valtakunta, luja kuin rauta, ja niin kuin rauta murskaa ja särkee kaiken ja niin kuin rauta rikkoo, niin se on murskaava ja rikkova kaikki muut.

42 Se, että varpaat olivat osaksi rautaa ja osaksi savea, tarkoittaa, että valtakunta on oleva osittain luja ja osittain hauras.

43 Ja että näit rautaa ruukkusaven seassa, se tarkoittaa, että valtakunnat liittyvät toisiinsa aviositein mutta eivät yhdisty, niin kuin ei rautakaan yhdisty saveen.

46 Silloin kuningas Nebukadnessar heittäytyi kasvoilleen maahan, kumarsi Danielia ja käski toimittaa hänelle ruoka- ja suitsutusuhrin.

48 Sitten kuningas nosti Danielin korkeaan arvoon, antoi hänelle runsaasti kalliita lahjoja ja teki hänestä Babylonin maakunnan käskynhaltijan ja koko Babylonian viisaiden ylivalvojan.

49 Danielin pyynnöstä kuningas määräsi Sadrakin, Mesakin ja Abed-Negon hoitamaan Babylonin maakunnan hallintoa, mutta Daniel itse pysyi kuninkaan hovissa.