1 Toe n die dinge die woede van koning Ahasv,ros bedaar het, het hy aan Vasti gedink en aan wat sy gedoen het en wat oor haar besluit is.

2 Toe sê die jongmanne van die koning wat hom dien: Laat hulle vir die koning jongmeisies soek wat mooi van aansien is;

3 en laat die koning beamptes aanstel in al die provinsies van sy koninkryk, dat hulle al die jongmeisies wat mooi van aansien is, bymekaar laat kom in die vesting Susan, in die vrouehuis, onder toesig van Hegai, die hofdienaar van die koning, die bewaker van die vroue; en laat hulle skoonheidsmiddele aan hulle gee.

4 En die jongmeisie wat die koning geval, moet in die plek van Vasti koningin word. Hierdie woord dan was goed in die oë van die koning, en hy het so gedoen.

5 Daar was 'n Joodse man in die vesting Susan met die naam van Mordegai, die seun van Ja‹r, die seun van S¡me‹, die seun van Kis, 'n Benjaminiet,

6 wat uit Jerusalem weggevoer was onder die ballinge wat in ballingskap moes gaan saam met Jegonja, die koning van Juda, wat Nebukadn,sar, die koning van Babel, weggevoer het.

7 En hy was die opvoeder van Had ssa, dit is Ester, die dogter van sy oom, want sy het geen vader of moeder gehad nie; en die jongmeisie was skoon van gestalte en mooi van aansien, en by die dood van haar vader en haar moeder het Mordegai haar as sy dogter aangeneem.

8 En toe die bevel van die koning en sy wet bekend gemaak is, en baie meisies in die vesting Susan onder toesig van Hegai byeengebring is, het hulle Ester ook saamgeneem na die paleis van die koning, onder toesig van Hegai, die bewaker van die vroue.

9 En die meisie het hom geval en guns by hom gevind; daarom het hy gou gemaak om haar die nodige skoonheidsmiddele en die regte ete te gee en haar die sewe uitgesoekte meisies uit die paleis van die koning te verskaf; en hy het haar met haar meisies verplaas na die beste gedeelte van die vrouehuis.

10 Ester het haar volk en haar afkoms nie te kenne gegee nie, omdat Mordegai haar beveel het om dit nie te vertel nie.

11 En Mordegai het dag vir dag voor die voorhof van die vrouehuis gewandel om te verneem na die welstand van Ester en wat met haar sou gebeur.

12 En as die beurt van elke meisie aankom om na koning Ahasv,ros in te gaan, nadat twaalf maande lank met haar volgens die wet vir die vroue gehandel is -- want so lank het die dae van hulle voorbereiding geduur: ses maande lank met mirre-olie en ses maande met balsem en ander skoonheidsmiddele van die vroue --

13 as die meisie dan so na die koning ingaan, word alles wat sy sê, aan haar gegee, dat dit saam met haar uit die vrouehuis na die koninklike paleis kan gaan.

14 As sy in die aand ingaan en in die môre terugkom na die tweede vrouehuis onder toesig van Saäsgas, die hofdienaar van die koning wat die byvroue bewaak, dan mag sy nie weer by die koning ingaan nie, behalwe as die koning behae in haar vind en sy by die naam geroep word.

15 Toe die beurt van Ester, die dogter van Ab¡gail, die oom van Mordegai, wat haar as sy dogter aangeneem het, kom om in te gaan na die koning, het sy niks verlang nie, behalwe wat Hegai, die hofdienaar van die koning wat die vroue bewaak, gesê het; en Ester het guns gevind in die oë van almal wat haar gesien het.

16 Ester is toe by koning Ahasv,ros in sy koninklike paleis opgeneem in die tiende maand, dit is die maand Tebet, in die sewende jaar van sy regering.

17 En die koning het Ester liefgekry meer as al die vroue, en sy het guns en welwillendheid voor hom gevind meer as al die jongmeisies; en hy het die koninklike kroon op haar hoof gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti.

18 En die koning het 'n groot maaltyd aangerig vir al sy vorste en sy dienaars, die maaltyd van Ester; en hy het 'n vrye dag bepaal vir die provinsies en geskenke gegee, eg koninklik!

19 En toe die jongmeisies vir die tweede keer versamel is, terwyl Mordegai in die poort van die koning sit --

20 Ester het haar afkoms en haar volk nie te kenne gegee nie, soos Mordegai haar beveel het; en Ester het die bevel van Mordegai opgevolg soos toe sy by hom opgevoed is --

21 in die dae dan, terwyl Mordegai in die poort van die koning sit, het Bigtan en Teres, twee hofdienaars van die koning, drumpelwagters, kwaad geword en getrag om die hand aan koning Ahasv,ros te slaan.

22 Maar Mordegai het dit te wete gekom en dit aan koningin Ester meegedeel; en Ester het dit uit naam van Mordegai aan die koning gesê.

23 Toe die saak ondersoek en so bevind is, is hulle twee aan 'n galg opgehang; en dit is in die kroniekboek voor die koning beskrywe.

1 Myöhemminkin, ensi vihan jo lauhduttua, kuningas Kserkses piti mielessään, mitä Vasti oli tehnyt ja mitä hänestä oli päätetty.

3 Kuningas määrätköön joka maakuntaan miehiä, jotka kokoavat kaikki nuoret ja kauniit neitsyet Susan palatsin haaremiin. Siellä, kuninkaan haareminvalvojan eunukki Hegain huostassa, he saavat kauneudenhoitoa,

5 Susan kaupungissa asui juutalainen mies, jonka nimi oli Mordokai. Hän oli Benjaminin heimoa, ja hänen isänsä oli Jair, Kisin pojan Simein poika.

6 Mordokai oli tuotu sinne Jerusalemista niiden juutalaisten joukossa, jotka Babylonian kuningas Nebukadnessar oli vienyt pakkosiirtolaisuuteen samanaikaisesti Juudan kuninkaan Jekonjan kanssa.

7 Hänellä oli kasvattityttärenään setänsä tytär Hadassa, toiselta nimeltään Ester, jolla ei enää ollut isää eikä äitiä. Ester oli kaunis ja sorea, ja Mordokai oli tytön vanhempien kuoltua ottanut hänet omaksi tyttärekseen.

8 Kun kuninkaan käsky ja määräys oli tullut tunnetuksi ja neitoja koottiin suurin joukoin Susan kaupunkiin haareminvalvoja Hegain huostaan, Esterkin joutui kuninkaan palatsiin Hegain hoiviin.

9 Neito miellytti haareminvalvojaa, ja hän pääsi tämän suosioon. Hegai järjesti hänelle tuota pikaa kauneudenhoidon ja elatuksen, antoi hänelle seitsemän valikoitua palvelijatarta kuninkaan palatsista ja siirsi hänet ja hänen palvelijattarensa haaremin parhaaseen osaan.

10 Ester ei paljastanut kansallisuuttaan eikä syntyperäänsä, sillä Mordokai oli kieltänyt häntä sitä tekemästä.

11 Mordokai itse kuljeskeli joka päivä haaremin sisäpihan lähistöllä saadakseen tietää, mitä Esterille kulloinkin kuului.

12 Kunkin neidon tuli vuorollaan mennä kuningas Kserkseen luo. Sitä ennen tyttö oli saanut kauneudenhoitoa kokonaisen vuoden, kuten oli määrätty. Kuusi kuukautta häntä oli hoidettu mirhaöljyllä ja toiset kuusi kuukautta balsamiöljyillä ja muulla tavoin.

13 Lähtiessään kuninkaan luo hän sai viedä haaremista mukanaan kuninkaan palatsiin mitä vain halusi.

14 Hän lähti palatsiin illalla ja siirtyi aamulla toiseen haaremiin eunukki Saasgasin, kuninkaan sivuvaimojen valvojan, huomaan. Kuninkaan luo hän ei enää päässyt, paitsi jos kuningas oli mieltynyt häneen ja erityisesti nimeltä mainiten kutsutti hänet luokseen.

15 Kun Ester, Mordokain sedän Abihailin tytär, Mordokain ottotytär, vuorollaan joutui kuninkaan eteen, hän pyysi mukaansa vain sen, mitä kuninkaan haareminvalvoja eunukki Hegai neuvoi häntä ottamaan. Mutta Esteriin ihastuivat kaikki, jotka hänet näkivät.

16 Ester vietiin kuninkaan eteen kuningas Kserkseen seitsemännen hallitusvuoden kymmenentenä kuukautena, tebet-kuussa.

17 Hänestä tuli kuninkaalle kaikkia muita naisia rakkaampi, eikä kukaan toinen neitsyt osannut hänen laillaan voittaa puolelleen kuninkaan mieltymystä ja suosiota. Kuningas asetti kuninkaallisen kruunun Esterin päähän ja julisti hänet kuningattareksi Vastin sijaan.

18 Esterin kunniaksi kuningas järjesti kaikille ruhtinailleen ja ylimmille virkamiehilleen suuret hääpidot, myönsi maakunnille verohelpotuksia ja jakeli kuninkaan arvon mukaisia lahjoja.

19 Pian sen jälkeen, kun neitoja ryhdyttiin kokoamaan, Mordokai tuli hovin palvelukseen.

20 Ester ei vieläkään paljastanut syntyperäänsä eikä kansallisuuttaan, koska Mordokai oli häntä kieltänyt. Ester noudatti yhä hänen neuvojaan, kuten ollessaan hänen kasvattinaan.

21 Mordokain palvellessa kuninkaan hovissa Bigtan ja Teres, kaksi eunukkia, jotka vartioivat kuninkaan yksityishuoneita, olivat alkaneet vihata kuningasta niin, että vaanivat tilaisuutta tappaakseen hänet.

22 Mordokai sai vihiä hankkeesta ja kertoi siitä kuningatar Esterille, joka vei tiedon edelleen kuninkaalle.

23 Asia tutkittiin ja havaittiin todeksi, ja Bigtan ja Teres hirtettiin. Tapaus merkittiin kuninkaan aikakirjoihin.