1 En die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.
2 En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle 'n laagte in die land S¡near; en daar het hulle gaan woon.
3 Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei.
4 En hulle sê: Kom, laat ons vir ons 'n stad bou en 'n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons 'n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.
5 Toe daal die HERE neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het.
6 En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.
7 Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.
8 So het die HERE hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.
9 Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde verstrooi.
10 Dit is die stamboom van Sem: Toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpagsad geword, twee jaar n die vloed.
11 En Sem het n die geboorte van Arpagsad nog vyf honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
12 Toe Arpagsad vyf en dertig jaar oud was, het hy die vader van Selag geword.
13 En Arpagsad het n die geboorte van Selag nog vier honderd en drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
14 Toe Selag dertig jaar oud was, het hy die vader van Heber geword.
15 En Selag het n die geboorte van Heber nog vier honderd en drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
16 Toe Heber vier en dertig jaar oud was, het hy die vader van Peleg geword.
17 En Heber het n die geboorte van Peleg nog vier honderd en dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
18 Toe Peleg dertig jaar oud was, het hy die vader van Rehu geword.
19 En Peleg het n die geboorte van Rehu nog twee honderd en nege jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
20 Toe Rehu twee en dertig jaar oud was, het hy die vader van Serug geword.
21 En Rehu het n die geboorte van Serug nog twee honderd en sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
22 Toe Serug dertig jaar oud was, het hy die vader van Nahor geword.
23 En Serug het n die geboorte van Nahor twee honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
24 Toe Nahor nege en twintig jaar oud was, het hy die vader van Tera geword.
25 En Nahor het n die geboorte van Tera nog honderd en negentien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
26 Toe Tera sewentig jaar oud was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran.
27 En dit is die stamboom van Tera: Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot.
28 En Haran het gesterwe terwyl sy vader Tera nog geleef het, in sy geboorteland, in Ur van die Chaldeërs.
29 En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was Milka, die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska.
30 En Sarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad nie.
31 En Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram, en die het saam met hulle uit Ur van die Chaldeërs getrek om na die land Kana„n te gaan. En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon.
32 En die dae van Tera was twee honderd en vyf jaar, en Tera het in Haran gesterwe.
1 Koko maailma käytti samoja sanoja ja puhui yhtä kieltä.
2 Kun ihmiset siirtyivät itään, he löysivät Sinearin maasta tasangon ja jäivät sinne asumaan.
5 Herra tuli katsomaan kaupunkia ja tornia, jota ihmiset rakensivat,
8 Ja niin Herra hajotti heidät sieltä kaikkialle maailmaan, ja he lakkasivat raken- tamasta kaupunkia.
9 Kaupunki sai nimen Babylon, sillä siellä Herra sekoitti ihmisten kielen ja sieltä hän hajotti heidät kaikkialle maailmaan.
10 Tämä on luettelo Seemin jälkeläisistä. Seem oli satavuotias, kun hänelle syntyi Arpaksad. Tämä tapahtui kaksi vuotta vedenpaisumuksen jälkeen.
11 Arpaksadin syntymän jälkeen Seem eli vielä 500 vuotta, ja hänelle syntyi lisää poikia ja tyttäriä.
12 Kun Arpaksad oli elänyt 35 vuotta, hänelle syntyi Selah.
13 Selahin syntymän jälkeen Arpaksad eli vielä 403 vuotta, ja hänelle syntyi lisää poikia ja tyttäriä.
14 Kun Selah oli elänyt 30 vuotta, hänelle syntyi Eber.
15 Eberin syntymän jälkeen Selah eli vielä 403 vuotta, ja hänelle syntyi lisää poikia ja tyttäriä.
16 Kun Eber oli elänyt 34 vuotta, hänelle syntyi Peleg.
17 Pelegin syntymän jälkeen Eber eli vielä 430 vuotta, ja hänelle syntyi lisää poikia ja tyttä- riä.
18 Kun Peleg oli elänyt 30 vuotta, hänelle syntyi Reu.
19 Reun syntymän jälkeen Peleg eli vielä 209 vuotta, ja hänelle syntyi lisää poikia ja tyttäriä.
20 Kun Reu oli elänyt 32 vuotta, hänelle syntyi Serug.
21 Serugin syntymän jälkeen Reu eli vielä 207 vuotta, ja hänelle syntyi lisää poikia ja tyttäriä.
22 Kun Serug oli elänyt 30 vuotta, hänelle syntyi Nahor.
23 Nahorin syntymän jälkeen Serug eli vielä 200 vuotta, ja hänelle syntyi lisää poikia ja tyttä- riä.
24 Kun Nahor oli elänyt 29 vuotta, hänelle syntyi Terah.
25 Terahin syntymän jälkeen Nahor eli vielä 119 vuotta, ja hänelle syntyi lisää poikia ja tyttä- riä.
26 Kun Terah oli elänyt 70 vuotta, hänelle syntyivät Abram, Nahor ja Haran.
27 Tämä on luettelo Terahin jälkeläisistä. Terahille syntyivät Abram, Nahor ja Haran, ja Haranille syntyi Loot.
28 Haran kuoli ennen isäänsä Terahia synnyinmaassaan Kaldean Urissa.
29 Abram ja Nahor ottivat itselleen vaimot. Abramin vaimon nimi oli Sarai, ja Nahorin vaimo oli Milka, Haranin tytär. Haran oli Milkan ja Jiskan isä.
30 Sarai oli hedelmätön, hän ei saanut lasta.
31 Terah otti mukaansa poikansa Abramin, poikansa Haranin pojan Lootin sekä Abramin vaimon Sarain ja lähti kulkemaan heidän kanssaan Kaldean Urista Kanaaninmaan suuntaan. Tultuaan Harraniin he jäivät sinne asumaan.
32 Terah eli kaikkiaan 205 vuotta ja kuoli Harranissa.