1 In die tyd, spreek die HERE, sal hulle die bene van die konings van Juda en die bene van sy vorste en die bene van die priesters en die bene van die profete en die bene van die inwoners van Jerusalem uit hulle grafte uithaal,

2 en hulle sal dit uitsprei voor die son en voor die maan en voor die hele leër van die hemel wat hulle liefgehad en gedien het, en waar hulle agter aan geloop het, en wat hulle gesoek en waarvoor hulle hul neergebuig het; dit sal nie versamel en begrawe word nie, mis sal dit op die aarde wees.

3 En die dood sal bo die lewe verkies word deur die hele oorblyfsel, die wat oor is van hierdie bose geslag in al die plekke waarheen Ek hulle verdryf het, spreek die HERE van die leërskare.

4 En jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE: Sal iemand val en nie weer opstaan nie? Of sal hy weggaan en nie weer terugkom nie?

5 Waarom is dan hierdie volk, Jerusalem, afkerig met 'n aanhoudende afkerigheid? Hulle hou vas aan bedrog, hulle weier om terug te keer.

6 Ek het geluister en gehoor: hulle spreek wat nie reg is nie; daar is niemand wat berou het oor sy boosheid, dat hy sou sê: Wat het ek gedoen nie? Elkeen spring weg in sy loop soos 'n perd wat storm in die geveg.

7 Selfs 'n groot sprinkaanvoël aan die hemel ken sy bepaalde tye, en 'n tortelduif en 'n swaweltjie en 'n kraanvoël neem die tyd van hulle koms in ag; maar my volk ken die reg van die HERE nie.

8 Hoe durf julle sê: Ons is wys, en die wet van die HERE is by ons? Waarlik, kyk, bedrieglik werk die leuenpen van die skrywers.

9 Die slim mense kom in die skande, is verslae en verstrik. Kyk, hulle het die woord van die HERE verwerp, en watter wysheid sou hulle hê?

10 Daarom sal Ek hulle vroue aan ander gee, hulle landerye aan veroweraars; want van die kleinste tot die grootste maak hulle almal onregverdige wins; van die profeet tot die priester pleeg hulle almal bedrog.

11 En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede! -- terwyl daar geen vrede is nie.

12 Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het, tog skaam hulle hul nie in die minste nie en weet nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder die wat val; en die tyd van hulle besoeking sal hulle struikel, sê die HERE.

13 Saamskraap, wegraap sal Ek hulle, spreek die HERE. Daar is geen druiwe aan die wingerdstok en geen vye aan die vyeboom nie, ja, die blare verdor. So het Ek ook vir hulle die bestel wat dwarsoor hulle sal gaan.

14 Waarom bly ons sit? Kom bymekaar, en laat ons in die versterkte stede ingaan en daar omkom; want die HERE onse God laat ons omkom, en Hy laat ons gifwater drink, omdat ons teen die HERE gesondig het.

15 Hulle wag op vrede, maar daar is niks goeds nie; op 'n tyd van beterskap, maar kyk, daar is verskrikking.

16 Van Dan af word die gesnuif van sy perde gehoor, vir die geluid van die gerunnik van sy perde bewe die hele land; en hulle kom en eet die land op en sy volheid, die stad en die wat daarin woon.

17 Want kyk, Ek stuur slange, basiliske onder julle waarteen daar geen beswering is nie, en hulle sal julle byt, spreek die HERE.

18 Ag, kon ek my maar opvrolik in kommer! My hart is krank in my.

19 Daar is die hulpgeroep van die dogter van my volk uit 'n baie ver land: Is die HERE nie in Sion nie? Of is sy Koning nie daarin nie? Waarom het hulle My geterg met hulle gesnede beelde, met vreemde, nietige afgode?

20 Die oes is verby, die somer is ten einde, en ons is nie verlos nie!

21 Vanweë die verbreking van die dogter van my volk is ek gebreek, is ek in die rou; verbaasdheid het my aangegryp.

22 Is daar geen balsem in G¡lead nie? Of is daar geen geneesheer nie? Want waarom het die genesing van die dogter van my volk nie tot stand gekom nie?

2 Ne levitellään auringon, kuun ja kaikkien taivaan tähtien alle, joita he rakastivat ja palvelivat, joita he seurasivat, joilta kysyivät neuvoa ja joita he rukoilivat. Heidän luitaan ei enää koota hautoihin, vaan ne jäävät hajalleen maatumaan.

4 -- Puhu heille: Herra sanoo näin: -- Jos joku kompastuu, eikö hän heti nouse? Jos joku eksyy tieltä, eikö hän käänny takaisin?

5 Miksi tämä kansa on jatkuvasti eksyksissä, miksi Jerusalem pysyy luopumuksessaan? Miksi se riippuu lujasti kiinni valheessa eikä suostu palaamaan takaisin minun luokseni?

7 Haikarakin taivaalla tietää muuttoaikansa, kyyhkyset ja pääskyset osaavat tulla, kun niiden aika on. Mutta minun kansani ei halua tietää, mitä Herra on sille säätänyt.

9 Onnettomasti käy noille viisaille, he joutuvat ymmälle ja heidät vangitaan. He ovat hylänneet Herran sanan -- mitä viisautta heillä muka olisi!

10 Niinpä minä annan heidän vaimonsa vieraille ja heidän peltonsa valloittajille. He kaikki, pienimmästä suurimpaan, hankkivat väärää voittoa. Niin profeetat kuin papitkin pettävät kansaa.

12 Heille käy onnettomasti, koska he ovat tehneet kauhistuttavia tekoja mutta eivät suostu edes häpeämään -- häpeän tunne heiltä puuttuu tyystin. He kaatuvat kaatuneitten joukkoon, heistä tulee loppu, kun minä rankaisen heitä, sanoo Herra.

13 -- Minä korjaan pois heidät kaikki kuin rypäleet köynnöksestä, sanoo Herra. Silloin viiniköynnökseen ei jää enää rypäleitä eikä viikunapuuhun viikunoita, lehdetkin ovat lakastuneet. Minä annan vihollisen vyöryä tämän kansan yli.

15 Me toivoimme rauhaa, mutta mitään hyvää ei tullut. Me odotimme, että parantuisimme haavoistamme, mutta meille koittikin kauhun aika.

17 -- Katsokaa! Minä lähetän teidän kimppuunne käärmeitä, myrkkykäärmeitä. Niihin eivät loitsut tehoa, vaan ne purevat teitä, sanoo Herra.

18 -- Murhe murtaa minut, sydämeni on sairas.

20 Sadonkorjuu on ohi, kesä on mennyt, mutta me emme ole saaneet apua!

21 Kansani, oma tyttäreni, on murtunut, se isku on murtanut minutkin. Minä pukeudun suruvaatteeseen, toivottomuus on vallannut mieleni.

22 Eikö edes Gileadissa ole balsamia, eikö sieltäkään löydy parantajaa? Minkä vuoksi kansani haavat eivät vieläkään arpeudu?