1 En dit is wat die kinders van Israel as erfdeel in die land Kana„n ontvang het, wat Ele sar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde van die stamme van die kinders van Israel aan hulle as erfenis uitgedeel het

2 deur verloting van hulle erfdeel, soos die HERE deur die diens van Moses beveel het, met betrekking tot die nege en 'n halwe stam.

3 Want Moses het die erfdeel van die twee en 'n halwe stam oos van die Jordaan gegee, maar aan die Leviete het hy geen erfdeel onder hulle gegee nie.

4 Want die kinders van Josef was twee stamme: Manasse en Efraim; maar aan die Leviete het hulle geen aandeel in die land gegee nie, behalwe stede om in te woon, met hulle weiveld vir hulle vee en hulle goed.

5 Soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen en die land verdeel.

6 Toe het die kinders van Juda nader gekom na Josua in Gilgal, en Kaleb, die seun van Jefunne, die Kenissiet, het vir hom gesê: U weet die woord wat die HERE met Moses, die man van God in Kades-Barn,a gespreek het met betrekking tot my en met betrekking tot u.

7 Veertig jaar was ek oud toe Moses, die kneg van die HERE, my uitgestuur het van Kades-Barn,a af om die land te verken, en ek het hom berig gebring soos dit in my hart was;

8 maar my broers wat saam met my opgetrek het, het die hart van die volk laat versmelt, terwyl ek volgehou het om die HERE my God te volg.

9 En die dag het Moses gesweer en gesê: Waarlik, die land wat jou voet betree het, sal aan jou en aan jou kinders in ewigheid as 'n erfdeel behoort, omdat jy volgehou het om die HERE my God te volg.

10 En nou, kyk, die HERE het my laat lewe, soos Hy gespreek het, nou al vyf en veertig jaar sedert die HERE hierdie woord met Moses gespreek het toe Israel in die woestyn getrek het; en kyk nou, ek is vandag vyf en tagtig jaar oud;

11 ek is vandag nog so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het; soos my krag toe was, so is my krag nou nog, om te veg en om uit te gaan en in te gaan.

12 Gee my dan nou hierdie bergland waarvan die HERE daardie dag gespreek het; want u self het die dag gehoor dat d r Enakiete is en groot versterkte stede; miskien sal die HERE met my wees, sodat ek hulle kan verdrywe, soos die HERE gespreek het.

13 Toe het Josua hom geseënen aan Kaleb, die seun van Jefunne, Hebron as erfdeel gegee.

14 Daarom het Hebron die erfdeel geword van Kaleb, die seun van Jefunne, die Kenissiet, tot vandag toe, omdat hy volgehou het om die HERE, die God van Israel, te volg.

15 En die naam van Hebron was tevore stad van Arba; hy was die grootste man onder die Enakiete. En die land het gerus van oorlog.

1 Nämä ovat ne alueet, jotka israelilaiset ottivat haltuunsa Kanaaninmaasta ja jotka pappi Eleasar ja Joosua, Nunin poika, sekä Israelin heimojen sukukuntien päämiehet jakoivat israelilaisille perintömaiksi.

2 He jakoivat maan arpomalla yhdeksän ja puolen heimon kesken sen käskyn mukaisesti, jonka Herra oli Moosekselle antanut.

3 Mooses oli jo jakanut kahdelle ja puolelle heimolle perintömaat Jordanin itäpuolelta, mutta leeviläisille hän ei antanut omaa maata.

4 Joosefin jälkeläiset, Manasse ja Efraim, muodostivat kumpikin oman heimonsa. Leeviläisille ei annettu osuutta maasta, mutta he saivat asuinsijoikseen kaupunkeja sekä niihin kuuluvat laidunmaat karjalaumojaan varten.

5 Israelilaiset jakoivat maan sen käskyn mukaisesti, jonka Mooses oli Herralta saanut.

7 Minä olin neljänkymmenen vuoden ikäinen, kun Herran palvelija Mooses lähetti minut vakoilemaan tätä maata, ja vilpittömin mielin minä toin hänelle rohkaisevan viestin.

8 Toverini, jotka olivat käyneet siellä minun kanssani, lannistivat kansan rohkeuden, mutta minä pysyin uskollisena Herralle, Jumalalleni.

9 Silloin Mooses vannoi tämän valan: 'Se maa, jossa kävit, kuuluu ikuisesti sinulle ja jälkeläisillesi, koska olet uskollisesti seurannut Herraa, minun Jumalaani.'

10 Kuten näet, Herra on pitänyt lupauksensa. Hän on antanut minun elää ne neljäkymmentäviisi vuotta, jotka ovat kuluneet siitä, kun hän puhui tästä Moosekselle, koko sen ajan, jonka Israel vaelsi autiomaassa. Minä olen nyt kahdeksankymmenenviiden vuoden ikäinen.

11 Olen vieläkin yhtä vahva kuin silloin, kun Mooses lähetti minut. Voimani ovat yhä tallella, ja jaksan taistella niin kuin ennenkin.

13 Joosua siunasi Kalebin, Jefunnen pojan, ja antoi hänelle perintömaaksi Hebronin.

14 Näin kenasilainen Kaleb, Jefunnen poika, sai Hebronin omakseen, koska hän uskollisesti seurasi Herraa, Israelin Jumalaa. Se kuuluu hänen suvulleen vielä tänäkin päivänä.

15 Hebronin nimi oli aikoinaan Kirjat-Arba, Arban kaupunki, sillä Arba oli kaikista anakilaisista suurin. Sotien jälkeen maassa vallitsi rauha.