11 Hy het ook gesê: 'n Man het twee seuns gehad.
12 En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel.
13 En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na 'n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe.
14 En toe hy alles deurgebring het, kom daar 'n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly.
15 Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En die het hom in sy veld gestuur om varke op te pas.
16 En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie.
17 Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger!
18 Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u,
19 en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.
20 En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen.
21 En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.
22 Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee 'n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.
23 En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees.
24 Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.
25 En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange.
26 En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken.
27 Di, sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het.
28 En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom.
29 Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit 'n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie.
30 Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.
31 Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue.
32 Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind.
12 Nuorempi heistä sanoi isälleen: 'Isä, anna minulle osuuteni omaisuudestasi.' Isä jakoi omaisuutensa poikien kesken.
13 Jo muutaman päivän päästä nuorempi kokosi kaikki varansa ja lähti kauas vieraille maille. Siellä hän tuhlasi koko omaisuutensa viettäen holtitonta elämää.
14 Kun hän oli pannut kaiken menemään, siihen maahan tuli ankara nälänhätä, ja hän joutui kärsimään puutetta.
15 Silloin hän meni erään sikäläisen miehen palvelukseen, ja tämä lähetti hänet tiluksilleen sikopaimeneksi.
16 Nälkäänsä hän olisi halunnut syödä palkoja, sikojen ruokaa, mutta niitäkään ei hänelle annettu.
18 Ei, nyt minä lähden isäni luo ja sanon hänelle: Isä, minä olen tehnyt syntiä taivasta vastaan ja sinua vastaan.
19 En ole enää sen arvoinen, että minua kutsutaan pojaksesi. Ota minut palkkalaistesi joukkoon.'
21 Poika sanoi hänelle: 'Isä, minä olen tehnyt syntiä taivasta vastaan ja sinua vastaan. En ole enää sen arvoinen, että minua kutsutaan pojaksesi.'
22 Mutta isä sanoi palvelijoilleen: 'Hakekaa joutuin parhaat vaatteet ja pukekaa hänet niihin, pankaa hänelle sormus sormeen ja kengät jalkaan.
23 Tuokaa syöttövasikka ja teurastakaa se. Nyt syödään ja vietetään ilojuhlaa!
24 Minun poikani oli kuollut mutta heräsi eloon, hän oli kadoksissa, mutta nyt hän on löytynyt.' Niin alkoi iloinen juhla.
26 Hän huusi luokseen yhden palvelijoista ja kysyi, mitä oli tekeillä.
27 Palvelija vastasi: 'Veljesi tuli kotiin, ja isäsi käski teurastaa syöttövasikan, kun sai hänet terveenä takaisin.'
28 Silloin vanhempi veli suuttui eikä halunnut mennä sisään. Isä tuli ulos ja suostutteli häntä,
29 mutta hän vastasi: 'Kaikki nämä vuodet minä olen raatanut sinun hyväksesi enkä ole kertaakaan jättänyt käskyäsi täyttämättä. Silti et ole koskaan antanut minulle edes vuohipahaista juhliakseni ystävieni kanssa.
30 Mutta kun tämä sinun poikasi tulee, tämä, joka on hävittänyt omaisuutesi porttojen parissa, sinä teurastat hänelle syöttövasikan!'
31 Isä vastasi hänelle: 'Poikani, sinä olet aina minun luonani, ja kaikki, mikä on minun, on sinun.