1 En die hele menigte van hulle het opgestaan en Hom na Pilatus gelei.

2 En hulle het Hom begin beskuldig en sê: Ons het gevind dat hierdie man die volk verlei en verbied om aan die keiser belasting te betaal, terwyl Hy sê dat Hy self Christus, die Koning, is.

3 Toe vra Pilatus Hom en sê: Is U die Koning van die Jode? En Hy antwoord hom en sê: U sê dit.

4 En Pilatus sê vir die owerpriesters en die skare: Ek vind geen skuld in hierdie man nie.

5 Maar hulle het aangehou en gesê: Hy maak die volk oproerig met sy leer die hele Judiadeur, vandat Hy in Galil,a begin het tot hiertoe.

6 En toe Pilatus van Galil,a hoor, vra hy of die man 'n Galil,ër is.

7 En nadat hy verneem het dat Hy uit die magsgebied van Herodes was, stuur hy Hom na Herodes wat self ook in daardie dae in Jerusalem was.

8 En toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly, want hy was al geruime tyd begerig om Hom te sien, omdat hy veel van Hom gehoor het; en hy het gehoop om een of ander teken te sien wat deur Hom gedoen sou word.

9 En hy het Hom met baie woorde uitgevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.

10 En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het Hom heftig staan en beskuldig.

11 En nadat Herodes saam met sy soldate Hom met veragting behandel en bespot het, werp hy Hom 'n blink kleed om en stuur Hom terug na Pilatus.

12 En Pilatus en Herodes het op daardie dag goeie vriende geword, want hulle was vantevore in vyandskap teenoor mekaar.

13 Toe roep Pilatus die owerpriesters en die owerstes en die volk bymekaar en sê vir hulle:

14 Julle het hierdie man na my gebring as een wat die volk afvallig maak. En nou het ek in julle teenwoordigheid ondersoek ingestel en in hierdie man geen skuld gevind aan die dinge waarvan julle Hom beskuldig nie;

15 ja, ook Herodes nie, want ek het julle na hom gestuur; en daar is deur Hom niks gedoen wat die dood verdien nie.

16 Nadat ek Hom dan gekasty het, sal ek Hom loslaat.

17 En hy was verplig om vir hulle op die fees een los te laat.

18 Maar die hele menigte skreeu en sê: Weg met Hom, en laat vir ons Bar bbas los!

19 Di, was oor 'n sekere opstand wat in die stad plaasgevind het, en oor 'n moord in die gevangenis gewerp.

20 Daarop spreek Pilatus hulle weer toe, omdat hy Jesus wou loslaat;

21 maar hulle het aangehou roep en sê: Kruisig, kruisig Hom!

22 En vir die derde keer sê hy vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Ek het in Hom niks gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom dan kasty en loslaat.

23 Maar hulle het aangehou met 'n harde geroep en geëis dat Hy gekruisig moes word; en hulle geroep en die van die owerpriesters het die oorhand gekry.

24 Toe gee Pilatus uitspraak dat aan hulle eis voldoen moet word.

25 En hy het die een vir hulle losgelaat wat oor opstand en moord in die gevangenis gewerp was, die een wat hulle geëis het. Maar Jesus het hy aan hulle wil oorgelewer.

26 En toe hulle Hom weglei, neem hulle 'n sekere Simon van Cir,ne wat van die veld af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.

27 En 'n groot menigte van die volk het Hom gevolg, en vroue wat rou bedryf en Hom beklaag het.

28 Maar Jesus het Hom omgedraai en vir hulle gesê: Dogters van Jerusalem, moenie oor My ween nie, maar ween oor julleself en oor julle kinders;

29 want daar kom dae waarin hulle sal sê: Gelukkig is die onvrugbares en die moederskote wat nie gebaar en die borste wat nie gesoog het nie.

30 Dan sal hulle vir die berge begin sê: Val op ons! en vir die heuwels: Bedek ons!

31 Want as hulle dit doen aan die groen hout, wat sal met die droë gebeur!

32 En daar is nog twee ander, kwaaddoeners, weggelei om saam met Hom tereggestel te word.

33 En toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter-- en een aan die linkerkant.

34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp.

35 En die volk het dit staan en aanskou. En die owerstes het saam met hulle ook geskimp en gesê: Ander het Hy verlos; laat Hy Homself verlos as Hy die Christus, die uitverkorene van God, is.

36 En die soldate het Hom ook bespot en gekom en vir Hom asyn gebring

37 en gesê: As U die Koning van die Jode is, verlos Uself.

38 En daar was ook 'n opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse en Romeinse en Hebreeuse letters: HY IS DIE KONING VAN DIE JODE.

39 En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons.

40 Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? --

41 ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.

42 En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.

43 En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.

44 En dit was omtrent die sesde uur, en daar het duisternis oor die hele aarde gekom tot die negende uur toe;

45 en die son is verduister; en die voorhangsel van die tempel het middeldeur geskeur.

46 En Jesus het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.

47 En toe die hoofman oor honderd sien wat daar gebeur, het hy God verheerlik en gesê: Waarlik, hierdie man was regverdig.

48 En die hele skare wat vir hierdie skouspel bymekaar was, het op hulle borste geslaan toe hulle sien wat gebeur het, en hulle het teruggegaan.

49 En al sy bekendes het ver weg gestaan; ook die vroue wat Hom van Galil,a gevolg het, het hierdie dinge gesien.

50 En daar was 'n man met die naam van Josef, 'n lid van die Raad, 'n goeie en regverdige man

51 -- hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie -- van Arimath,a, 'n stad van die Jode, wat ook self die koninkryk van God verwag het.

52 Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra

53 en dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in 'n graf wat uit 'n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie.

54 En dit was die dag van voorbereiding, en die sabbat wou aanbreek.

55 En die vroue wat saam met Hom van Galil,a gekom het, het ook gevolg en die graf gesien en hoe sy liggaam neergelê was.

56 Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerus volgens die gebod.

1 He lähtivät sieltä kaikki yhdessä, veivät Jeesuksen Pilatuksen eteen

6 Tämän kuultuaan Pilatus kysyi, oliko mies galilealainen.

7 Saatuaan tietää, että Jeesus oli Herodeksen hallintoalueelta, hän lähetti Jeesuksen Herodeksen luo, sillä tämäkin oli niinä päivinä Jerusalemissa.

8 Herodes ilahtui kovin nähdessään Jeesuksen, sillä hän oli jo pitkään halunnut tavata hänet. Hän oli kuullut Jeesuksesta ja toivoi, että tämä tekisi hänen nähtensä jonkin ihmeteon.

9 Hän kyseli Jeesukselta kaikenlaista, mutta Jeesus ei vastannut hänelle mitään.

10 Ylipapit ja lainopettajat, jotka olivat paikalla, syyttivät Jeesusta kiivaasti.

11 Herodes ja hänen sotilaansa alkoivat nyt kohdella Jeesusta halveksuvasti. Herodes teki Jeesuksesta pilkkaa puettamalla hänet komeaan pukuun, ja sitten hän lähetti Jeesuksen takaisin Pilatuksen luo.

12 Tuona päivänä Herodeksesta ja Pilatuksesta tuli ystävät; siihen saakka he olivat olleet vihoissa keskenään.

13 Pilatus kutsui koolle ylipapit, hallitusmiehet ja kansan

15 Ei liioin Herodes, sillä hän lähetti miehen takaisin meidän eteemme. Ei hän ole tehnyt mitään, mistä seuraisi kuolemantuomio.

17 Hänen näet täytyi aina juhlan aikana päästää heille joku vanki vapaaksi.]

19 Barabbas oli kaupungissa puhjenneen mellakan ja murhan tähden vangittu mies.

20 Pilatus vetosi uudestaan heihin, sillä hän halusi vapauttaa Jeesuksen.

23 Mutta he eivät antaneet periksi vaan huusivat yhä kovemmin ja vaativat, että Jeesus oli ristiinnaulittava. Huutonsa voimalla he saivat tahtonsa läpi.

24 Pilatus päätti lopulta suostua heidän vaatimukseensa.

25 Hän vapautti sen miehen, jonka he halusivat -- miehen, joka oli vangittu mellakan ja murhan tähden -- mutta Jeesuksen hän luovutti heidän valtaansa.

26 Jeesusta lähdettiin viemään. Matkalla sotilaat pysäyttivät Simon-nimisen kyreneläisen miehen, joka oli tulossa kaupunkiin, ja panivat hänet kantamaan ristiä Jeesuksen jäljessä.

27 Mukana seurasi suuri väkijoukko, myös monia naisia, jotka valittivat ääneen ja itkivät Jeesusta.

29 Tulee aika, jolloin sanotaan: 'Autuaita ovat hedelmättömät, autuaita ne kohdut, jotka eivät ole synnyttäneet, ja rinnat, jotka eivät ole lasta ruokkineet.'

30 Silloin ihmiset sanovat vuorille: 'Kaatukaa meidän päällemme', ja kukkuloille: 'Peittäkää meidät.'

32 Jeesuksen kanssa teloitettavaksi vietiin kaksi muuta miestä, kaksi rikollista.

33 Kun tultiin paikkaan, jota kutsutaan Pääkalloksi, he ristiinnaulitsivat Jeesuksen ja rikolliset, toisen hänen oikealle puolelleen, toisen vasemmalle.

36 Myös sotilaat pilkkasivat häntä. He tulivat hänen luokseen, tarjosivat hänelle hapanviiniä

44 Oli jo kuudes tunti. Silloin, keskipäivällä, aurinko pimeni. Pimeys tuli koko maan ylle, ja sitä kesti yhdeksänteen tuntiin saakka.

45 Temppelin väliverho repesi keskeltä kahtia.

48 Ja kaikki ne ihmiset, jotka suurin joukoin olivat kerääntyneet katselemaan tätä näytelmää, palasivat tämän nähtyään kaupunkiin rintaansa lyöden.

49 Jeesuksen tuttavat seisoivat kaikki etäämpänä ja seurasivat sieltä tapahtumia. Siellä olivat myös naiset, jotka olivat tulleet Galileasta hänen mukanaan.

50 (H23:50-51)Muuan neuvoston jäsen, Joosef, joka oli kotoisin juutalaisesta Arimatian kaupungista, ei ollut yhtynyt neuvoston päätökseen eikä osallistunut sen toimiin. Hän oli hyvä ja hurskas mies ja odotti Jumalan valtakuntaa.

51

52 Joosef meni Pilatuksen puheille ja pyysi Jeesuksen ruumista.

53 Hän otti sen ristiltä, kääri pellavavaatteeseen ja pani kallioon hakattuun hautaan, johon ei vielä ollut haudattu ketään.

54 Oli valmistuspäivä, sapatti oli juuri alkamassa.

55 Naiset, jotka olivat Jeesuksen kanssa tulleet Galileasta, lähtivät Joosefin mukaan. He näkivät, kuinka Jeesuksen ruumis pantiin hautaan.

56 Palattuaan kaupunkiin he hankkivat tuoksuvia öljyjä ja voiteita, mutta sapatin he viettivät levossa lain käskyn mukaan.