1 Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.

2 En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.

3 En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.

4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

5 Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan

6 en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie.

7 Jesus sê vir hom: Daar is ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.

8 Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid,

9 en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.

10 Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.

11 Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.

12 En toe Jesus hoor dat Johannes in die gevangenis gesit was, het Hy na Galil,a teruggegaan.

13 En Hy het N saret verlaat en gaan woon in Kap,rnam aan die see, in die gebied van S,bulon en N ftali,

14 sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het:

15 Die land S,bulon en die land N ftali, na die see toe, oorkant die Jordaan, Galil,a van die heidene --

16 die volk wat in duisternis sit, het 'n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het 'n lig opgegaan.

17 Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.

18 En terwyl Jesus langs die see van Galil,a loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andr,as, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.

19 En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.

20 En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg.

21 En toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers, Jakobus, die seun van Sebed,s, en Johannes, sy broer, in die skuit saam met hulle vader Sebed,s, besig om hulle nette heel te maak; en Hy het hulle geroep.

22 En hulle het dadelik die skuit en hulle vader verlaat en Hom gevolg.

23 En Jesus het deur die hele Galil,a rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.

24 En die gerug aangaande Hom is versprei oor die hele S¡rië; en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne en wat van duiwels besete was, en maansiekes en verlamdes; en Hy het hulle gesond gemaak.

25 En groot menigtes het Hom gevolg van Galil,a en Dek polis en Jerusalem en Judia en van oorkant die Jordaan af.

1 Sitten Henki vei Jeesuksen autiomaahan Paholaisen kiusattavaksi.

2 Kun Jeesus oli paastonnut neljäkymmentä päivää ja neljäkymmentä yötä, hänen vihdoin tuli nälkä.

5 Sitten Paholainen vei Jeesuksen pyhään kaupunkiin ja asetti hänet temppelimuurin harjalle.

8 Vielä Paholainen vei Jeesuksen hyvin korkealle vuorelle, näytti hänelle maailman kaikki valtakunnat ja niiden loiston

11 Silloin Paholainen jätti Jeesuksen rauhaan, ja hänen luokseen tuli enkeleitä, jotka palvelivat häntä.

12 Kun Jeesus sai kuulla, että Johannes oli vangittu, hän siirtyi Galileaan.

13 Nasaretiin hän ei enää jäänyt, vaan hän asettui Kapernaumiin, joka on järven rannalla Sebulonin ja Naftalin heimojen alueella.

14 Näin tapahtui, jotta toteutuisi profeetta Jesajan sana:

15 -- Sebulonin maa ja Naftalin maa, Meren tie, Jordanin takainen maa ja muukalaisten Galilea --

16 kansa, joka asui pimeydessä, näki suuren valon. Niille, jotka asuivat kuoleman varjon maassa, loisti kirkkaus.

18 Kun Jeesus kulki Galileanjärven rantaa, hän näki kaksi veljestä, Simonin, toiselta nimeltä Pietarin, ja hänen veljensä Andreaksen. He olivat heittelemässä verkkoa järveen, sillä he olivat kalastajia.

20 He jättivät heti verkkonsa ja lähtivät seuraamaan Jeesusta.

21 Sieltä jonkin matkaa kuljettuaan Jeesus näki toiset kaksi veljestä, Jaakobin ja hänen veljensä Johanneksen, Sebedeuksen pojat. He olivat veneessä isänsä Sebedeuksen kanssa verkkojaan selvittelemässä. Jeesus kutsui heidätkin.

22 He jättivät heti veneen ja isänsä ja lähtivät seuraamaan Jeesusta.

23 Jeesus kulki sitten joka puolella Galileaa. Hän opetti seudun synagogissa, julisti ilosanomaa Jumalan valtakunnasta ja paransi kaikki ihmisten taudit ja vaivat.

24 Hänen maineensa levisi sieltä koko Syyriaan. Hänen luokseen tuotiin kaikki erilaisista taudeista kärsivät ihmiset -- niin pahojen henkien vaivaamat kuin kuunvaihetautiset ja halvaantuneetkin -- ja hän paransi heidät.

25 Hänen perässään kulki suuri joukko ihmisiä. Heitä oli lähtenyt Galileasta ja Dekapoliin alueelta, Jerusalemista ja Juudeasta sekä Jordanin toiselta puolen.