1 Toe het Jesus die skare en sy dissipels toegespreek

2 en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses.

3 Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie.

4 Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie.

5 En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls breed en die some van hul klere groot.

6 En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges

7 en die begroetinge op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi!

8 Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders.

9 En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is.

10 Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus.

11 Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees.

12 Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.

13 Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.

14 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle 'n swaarder oordeel ontvang.

15 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom 'n kind van die hel, twee maal erger as julle self.

16 Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: Elkeen wat sweer by die tempel -- dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde.

17 Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud heilig?

18 En: Elkeen wat sweer by die altaar -- dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die gawe daar bo-op, hy is gebonde.

19 Julle dwase en blindes, want wat is meer: die gawe, of die altaar wat die gawe heilig?

20 Wie dan sweer by die altaar, sweer d rby en by alles wat daarop is;

21 en wie sweer by die tempel, sweer d rby en by Hom wat daarin woon;

22 en wie sweer by die hemel, sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit.

23 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle n : die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.

24 Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk!

25 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.

26 Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.

27 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.

28 So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.

29 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges;

30 en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie.

31 Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het.

32 Maak die maat van julle vaders dan vol!

33 Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?

34 Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges g,sel en van die een stad na die ander vervolg,

35 sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagar¡a, die seun van Ber,gja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar.

36 Voorwaar Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.

37 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig die wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos 'n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!

38 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!

39 Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!

1 Sitten Jeesus puhui väkijoukolle ja opetuslapsilleen:

3 Tehkää siis niin kuin he sanovat ja noudattakaa heidän opetustaan. Älkää kuitenkaan ottako oppia heidän teoistaan, sillä he puhuvat yhtä ja tekevät toista.

4 He köyttävät kokoon raskaita ja hankalia taakkoja ja sälyttävät ne ihmisten kannettaviksi, mutta itse he eivät halua niitä sormellaankaan liikauttaa.

5 Kaiken minkä tekevät he tekevät vain siksi, että heidät huomattaisiin. He käyttävät leveitä raamatunlausekoteloita ja panevat viittaansa isot tupsut,

6 he istuvat pidoissa mielellään kunniapaikalla ja synagogassa etumaisilla istuimilla

7 ja ovat hyvillään, kun ihmiset toreilla tervehtivät heitä ja kutsuvat heitä rabbiksi.

9 Älkää myöskään kutsuko isäksi ketään, joka on maan päällä, sillä vain yksi on teille isä, hän, joka on taivaissa.

10 Älkää antako kutsua itseänne oppimestariksi, sillä teillä on vain yksi mestari, Kristus.

11 Joka teistä on suurin, se olkoon toisten palvelija.

12 Sillä joka itsensä korottaa, se alennetaan, mutta joka itsensä alentaa, se korotetaan.

17 Te sokeat typerykset! Kumpi on tärkeämpi, kulta vai temppeli, joka sen kullan pyhittää?

18 Te sanotte myös: 'Jos vannoo alttarin kautta, se ei merkitse mitään, mutta jos vannoo alttarille pannun uhrilahjan kautta, vala on sitova.'

19 Te sokeat! Kumpi on tärkeämpi, uhrilahja vai alttari, joka lahjan pyhittää?

20 Se, joka vannoo alttarin kautta, vannoo sekä alttarin että kaiken sen päällä olevan kautta,

21 ja se, joka vannoo temppelin kautta, vannoo samalla hänen kauttaan, jonka asuinpaikka se on.

22 Niin myös se, joka vannoo taivaan kautta, vannoo Jumalan valtaistuimen kautta ja hänen kauttaan, joka sillä istuu.

24 Te sokeat oppaat! Hyttysen te siivilöitte, mutta nielaisette kamelin!

26 Sinä sokea fariseus, puhdista malja ensin sisältä, muuten sitä ei saada ulkopuoleltakaan puhtaaksi!

28 Samalla tavoin tekin olette hurskaita ulkonaisesti, ihmisten silmissä, mutta sisältä täynnä teeskentelyä ja vääryyttä.

30 ja sanotte: 'Jos me olisimme eläneet isiemme aikana, emme olisi heidän kanssaan tahranneet käsiämme profeettojen vereen.'

31 Näin te kuitenkin itse tunnustatte olevanne niiden jälkeläisiä, jotka murhasivat profeetat.

32 Jatkakaa toki isienne tapaan, kunnes mitta on täysi!

33 Te käärmeet, te kyykäärmeitten sikiöt! Miten te voisitte välttää kadotustuomion?

35 Näin te tulette syypäiksi kaikkeen viattomaan vereen, joka maan päällä on vuodatettu, hurskaan Abelin verestä aina Sakarjan, Barakjan pojan, vereen asti, hänen, jonka te tapoitte temppelin ja alttarin välille.

36 Totisesti: tämä sukupolvi joutuu vielä vastaamaan tästä kaikesta!

38 Kuulkaa siis: teidän temppelinne on jäävä asujaansa vaille.