1 Joas was sewe jaar oud toe hy koning geword het, en hy het veertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Sibja, uit Bers,ba.

2 En Joas het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, al die dae van die priester Jojada.

3 En Jojada het vir hom twee vroue geneem, en hy het die vader geword van seuns en dogters.

4 En daarna het Joas hom voorgeneem om die huis van die HERE te herstel.

5 Daarom het hy die priesters en die Leviete versamel en aan hulle gesê: Gaan uit na die stede van Juda en versamel geld uit die hele Israel om van jaar tot jaar die huis van julle God te herstel; en julle moet gou maak met die saak! Maar die Leviete het nie gou gemaak nie.

6 Toe roep die koning die hoofpriester Jojada en sê vir hom: Waarom het jy nie gesorg dat die Leviete uit Juda en uit Jerusalem die belasting van Moses, die kneg van die HERE, en van die vergadering van Israel vir die tent van die Getuienis inbring nie?

7 Want die goddelose At lia -- haar seuns het in die huis van God ingebreek en selfs al die heilige gawes van die huis van die HERE vir die Baäls gebruik.

8 Op bevel van die koning maak hulle toe 'n kis en sit dit buitekant by die poort van die huis van die HERE neer.

9 En hulle het uitgeroep in Juda en in Jerusalem om aan die HERE die belasting wat Moses, die kneg van God, op Israel in die woestyn gelê het, te bring.

10 Toe was al die owerstes en die hele volk bly, en hulle het dit ingebring en in die kis gegooi totdat hulle klaar was.

11 En elke keer as hulle die kis deur die diens van die Leviete by die wag van die koning bring en hulle sien dat die geld baie is, kom die skrywer van die koning en die opsigter van die hoofpriester en hulle maak die kis leeg en bring dit weer na sy plek terug; so het hulle van dag tot dag gedoen en geld in menigte versamel.

12 En die koning en Jojada het dit aan die uitvoerders van die werk aan die huis van die HERE gegee, en die het klipkappers en skrynwerkers gehuur om die huis van die HERE te herstel, en ook yster-- en kopersmede om die huis van die HERE te verbeter.

13 En die uitvoerders van die werk was ywerig besig, sodat die herstellingswerk deur hulle hand gevorder het, en hulle het die huis van God herstel volgens sy oorspronklike bouplan en dit reggemaak.

14 En toe hulle klaar was, het hulle die orige geld voor die koning en Jojada gebring, en hy het daarvan gereedskap laat maak vir die huis van die HERE, diens-- en offergereedskap en rookpanne en goue en silwervoorwerpe; en hulle was gedurigdeur besig om brandoffers te bring in die huis van die HERE al die dae van Jojada.

15 En Jojada het oud geword en was afgeleef en het gesterwe; hy was honderd en dertig jaar oud toe hy gesterf het.

16 En hy is begrawe in die stad van Dawid by die konings; want hy het goed gedoen in Israel teenoor God sowel as teenoor sy huis.

17 Maar n die dood van Jojada kom die owerstes van Juda en buig hulle voor die koning neer. Toe het die koning na hulle geluister,

18 en hulle het die huis van die HERE, die God van hulle vaders, verlaat en het die heilige boomstamme en die afgode gedien. Toe kom daar 'n toorn oor Juda en Jerusalem weens hierdie skuld van hulle.

19 En Hy het profete onder hulle gestuur om hulle na die HERE terug te bring; en die het hulle gewaarsku, maar hulle het nie gehoor gegee nie.

20 Toe het die Gees van God Sagar¡a, die seun van die priester Jojada, vervul, en die het voor die volk gaan staan en aan hulle gesê: So spreek God: Waarom oortree julle die gebooie van die HERE en wil julle nie voorspoedig wees nie? Omdat julle die HERE verlaat het, het Hy julle verlaat.

21 Daarop smee hulle 'n sameswering teen hom en stenig hom op bevel van die koning in die voorhof van die huis van die HERE.

22 En koning Joas het nie gedink aan die guns wat sy vader Jojada aan hom bewys het nie en het sy seun vermoor. Maar toe die sterwe, het hy gesê: Mag die HERE dit sien en rekenskap vorder!

23 En by die wisseling van die jaar het 'n leër van Aram teen hom opgetrek, en hulle het in Juda en Jerusalem aangekom en al die volksowerstes onder die volk uitgeroei en al hulle buit na die koning van Damaskus gestuur.

24 Alhoewel die leër van Aram met 'n geringe aantal manne gekom het, het die HERE tog 'n baie groot leër in hulle hand gegee, omdat hulle die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het. En hulle het strafgerigte geoefen teen Joas.

25 En toe hulle van hom wegtrek -- want hulle het hom in hewige pyne agtergelaat -- smee sy dienaars 'n sameswering teen hom vanweë die bloed van die seun van die priester Jojada; en hulle het hom op sy bed vermoor, sodat hy gesterf het; en hy is begrawe in die stad van Dawid, maar hulle het hom nie in die grafte van die konings begrawe nie.

26 En d¡t is hulle wat teen hom saamgesweer het: Sabad, die seun van S¡meat, die Ammonitiese, en Josabad, die seun van Simrit, die Moabitiese.

27 En sy seuns en die baie godsprake teen hom en die grondvesting van die huis van God -- kyk, dit is beskrywe in die Uitleg van die boek van die konings. En sy seun Am sia het in sy plek koning geword.

28 Van Magli: Ele sar; die het geen seuns gehad nie.

29 Wat Kis betref, die seuns van Kis was Jer gmeël.

30 En die seuns van Musi was Magli en Eder en J,rimot. Dit was die seuns van die Leviete volgens hulle families.

31 En hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van A„ron, in teenwoordigheid van koning Dawid en Sadok en Ahim,leg en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete: die familiehoof net soos sy jonger broer.

1 DE SIETE años era Joas cuando comenzó á reinar, y cuarenta años reinó en Jerusalem. El nombre de su madre fué Sibia, de Beer-seba.

2 E hizo Joas lo recto en ojos de Jehová todos los días de Joiada el sacerdote.

3 Y tomó para él Joiada dos mujeres; y engendró hijos é hijas.

4 Después de esto aconteció que Joas tuvo voluntad de reparar la casa de Jehová.

5 Y juntó los sacerdotes y los Levitas, y díjoles: Salid por las ciudades de Judá, y juntad dinero de todo Israel, para que cada año sea reparada la casa de vuestro Dios; y vosotros poned diligencia en el negocio. Mas los Levitas no pusieron diligencia.

6 Por lo cual el rey llamó á Joiada el principal, y díjole: ¿Por qué no has procurado que los Levitas traigan de Judá y de Jerusalem al tabernáculo del testimonio, la ofrenda que impuso Moisés siervo de Jehová, y de la congregación de Israel?

7 Porque la impía Athalía y sus hijos habían destruído la casa de Dios, y además habían gastado en los ídolos todas las cosas consagradas á la casa de Jehová.

8 Mandó pues el rey que hiciesen un arca, la cual pusieron fuera á la puerta de la casa de Jehová;

9 E hicieron pregonar en Judá y en Jerusalem, que trajesen á Jehová la ofrenda que Moisés siervo de Dios había impuesto á Israel en el desierto.

10 Y todos los príncipes y todo el pueblo se holgaron: y traían, y echaban en el arca hasta henchirla.

11 Y como venía el tiempo para llevar el arca al magistrado del rey por mano de los Levitas, cuando veían que había mucho dinero, venía el escriba del rey, y el que estaba puesto por el sumo sacerdote, y llevaban el arca, y vaciábanla, y volvíanla á su lugar: y así lo hacían de día en día, y recogían mucho dinero;

12 El cual daba el rey y Joiada á los que hacían la obra del servicio de la casa de Jehová, y tomaban canteros y oficiales que reparasen la casa de Jehová, y herreros y metalarios para componer la casa de Jehová.

13 Hacían pues los oficiales la obra, y por sus manos fué la obra restaurada, y restituyeron la casa de Dios á su condición, y la consolidaron.

14 Y cuando hubieron acabado, trajeron lo que quedaba del dinero al rey y á Joiada, é hicieron de él vasos para la casa de Jehová, vasos para el servicio, morteros, cucharas, vasos de oro y de plata. Y sacrificaban holocaustos continuamente en la casa de Jehová todos los días de Joiada.

15 Mas Joiada envejeció, y murió harto de días: de ciento y treinta años era cuando murió.

16 Y sepultáronlo en la ciudad de David con los reyes, por cuanto había hecho bien con Israel, y para con Dios, y con su casa.

17 Muerto Joiada, vinieron los príncipes de Judá, é hicieron acatamiento al rey; y el rey los oyó.

18 Y desampararon la casa de Jehová el Dios de sus padres, y sirvieron á los bosques y á las imágenes esculpidas; y la ira vino sobre Judá y Jerusalem por este su pecado.

19 Y envióles profetas, para que los redujesen á Jehová, los cuales les protestaron: mas ellos no los escucharon.

20 Y el espíritu de Dios envistió á Zachârías, hijo de Joiada el sacerdote, el cual estando sobre el pueblo, les dijo: Así ha dicho Dios: ¿Por qué quebrantáis los mandamientos de Jehová? No os vendrá bien de ello; porque por haber dejado á Jehová, el también os dejará.

21 Mas ellos hicieron conspiración contra él, y cubriéronle de piedras por mandato del rey, en el patio de la casa de Jehová.

22 No tuvo pues memoria el rey Joas de la misericordia que su padre Joiada había hecho con él, antes matóle su hijo; el cual dijo al morir: Jehová lo vea, y lo requiera.

23 A la vuelta del año subió contra él el ejército de Siria; y vinieron á Judá y á Jerusalem, y destruyeron en el pueblo á todos los principales de él, y enviaron todos sus despojos al rey á Damasco.

24 Porque aunque el ejército de Siria había venido con poca gente, Jehová les entregó en sus manos un ejército muy numeroso; por cuanto habían dejado á Jehová el Dios de sus padres. Y con Joas hicieron juicios.

25 Y yéndose de él los Siros, dejáronlo en muchas enfermedades; y conspiraron contra él sus siervos á causa de las sangres de los hijos de Joiada el sacerdote, é hiriéronle en su cama, y murió: y sepultáronle en la ciudad de David, mas no lo sepultaron en los sepulcros de los reyes.

26 Los que conspiraron contra él fueron Zabad, hijo de Simath Ammonita, y Jozabad, hijo de Simrith Moabita.

27 De sus hijos, y de la multiplicación que hizo de las rentas, y de la instauración de la casa de Jehová, he aquí está escrito en la historia del libro de los reyes. Y reinó en su lugar Amasías su hijo.