46 En Maria het gesê: My siel maak die Here groot,

47 en my gees is verheug in God, my Saligmaker;

48 omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig noem.

49 Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen, en heilig is sy Naam.

50 En sy barmhartigheid is van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees.

51 Hy het deur sy arm kragtige dade gedoen. Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart het Hy verstrooi.

52 Maghebbers het Hy van trone afgeruk en nederiges verhoog.

53 Hongeriges het Hy met goeie dinge vervul en rykes met leë hande weggestuur.

54 Hy het sy kneg Israel bygestaan, sodat Hy aan sy barmhartigheid sou dink

55 soos Hy tot ons vaders gespreek het -- aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.

46 Entonces María dijo: engrandece mi alma al Señor;

47 Y mi espíritu se alegró en Dios mi Salvador,

48 Porque ha mirado á la bajeza de su criada; Porque he aquí, desde ahora me dirán bienaventurada todas las generaciones.

49 Porque me ha hecho grandes cosas el Poderoso; Y santo es su nombre.

50 Y su misericordia de generación á generación A los que le temen.

51 Hizo valentía con su brazo: Esparció los soberbios del pensamiento de su corazón.

52 Quitó los poderosos de los tronos, Y levantó á los humildes.

53 A los hambrientos hinchió de bienes; Y á los ricos envió vacíos.

54 Recibió á Israel su siervo, Acordandose de la misericordia.

55 Como habló á nuestros padres A Abraham y á su simiente para siempre.