1 En vir die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte, het die lot geval: teen die grens van Edom, suidelik na die woestyn Sin toe, tot ver in die suide;

2 en hulle suidelike lyn was van die end van die Soutsee, van die tong af wat na die suide toe uitsteek;

3 en dit loop aan suid van Skerpioennek en loop oor na Sin en loop op suid van Kades-Barn,a en loop oor na Hesron en loop op na Addar en swaai na Karka toe;

4 dan loop dit oor na Asmon en loop aan na die spruit van Egipte, sodat die lyn doodloop by die see; dit sal julle suidelike lyn wees.

5 En die oostelike lyn: Die Soutsee tot by die mond van die Jordaan. En die lyn aan die noordekant: Van die tong van die see, van die mond van die Jordaan af

6 loop die lyn op na Bet-Hogla en loop oor noord van Bet-Araba; dan loop die lyn op na die klip van Bohan, die seun van Ruben.

7 Verder loop die lyn op na Debir, van die dal Agor af, en swaai dan noord na Gilgal wat teenoor die hoogte van Adummim, suidelik van die spruit lê; dan loop die lyn oor na die waters van die fontein Semes, sodat dit doodloop by die fontein Rogel.

8 Verder loop die lyn op na die dal Ben-Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, dit is Jerusalem; dan loop die lyn op na die top van die gebergte wat westelik voor die dal Hinnom lê, wat aan die noordelike einde van die dal Refaim is.

9 Van die top van die berg af buig die lyn dan om na die fontein van die waters van Neftoag en loop aan na die stede van die gebergte Efron; verder buig die lyn om na B äla, dit is Kirjat-Je rim.

10 Dan swaai die lyn van B äla af weg in westelike rigting na die gebergte Se‹r en loop oor na die noordelike hang van die berg Je rim, dit is K,salon, en loop af na Bet-Semes en loop oor na Timna.

11 Verder loop die lyn aan noord na die hang van Ekron; dan buig die lyn om na Sikron en loop oor die berg B äla en loop aan na J bneël, sodat die lyn doodloop by die see.

12 Die westelike grens was die Groot See saam met sy gebied; dit is die lyn rondom van die kinders van Juda volgens hulle geslagte.

13 Maar aan Kaleb, die seun van Jefunne, het hy 'n aandeel onder die kinders van Juda gegee, volgens die bevel van die HERE aan Josua: die stad van Arba, die vader van Enak, dit is Hebron.

14 En Kaleb het die drie seuns van Enak: Sesai, Ah¡man en Talmai, afstammelinge van Enak, daaruit verdrywe.

15 En daarvandaan het hy opgetrek teen die inwoners van Debir; maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer;

16 en Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee.

17 Daarop het Otniël, die seun van Kenas, die broer van Kaleb, dit ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee.

18 En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader 'n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sê Kaleb vir haar: Wat wil jy hê?

19 En sy sê: Gee my tog 'n geskenk; omdat u my na 'n dor land versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee hy haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte.

20 Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte.

21 En die stede van die uiteinde van die stam van Juda se kinders af tot by die grens van Edom was in die suide: K bseël en Eder en Jagur,

22 en Kina en Dimona en Ad da,

23 en Kedes en Hasor en Jitnan,

24 Sif en Telem en B,alot,

25 en Hasor-Had tta en K,riot-Hesron, dit is Hasor;

26 Amam en Sema en Molada,

27 en Hasar-Gadda en Hesmon en Bet-Palet,

28 en Hasar-Sual en Beër-Seba en Bisjotja,

29 B äla en Ijjim en Esem,

30 en ltolad en Kesil en Horma,

31 en Siklag en Madm nna en Sans nna,

32 en Leb ot en Silhim en Ajin en Rimmon; al die stede saam nege en twintig, met hulle dorpe;

33 in die Laeveld: Est ol en Sorea en Asna,

34 en Sanoag en En-Gannim, Tappuag en Enam,

35 Jarmut en Adullam, Sogo en As,ka,

36 en Sa„r im en Ad¡taim en Ged,ra en Ged,rotaim: veertien stede met hulle dorpe;

37 Senan en Had sa en Migdal-Gad,

38 en Dilean en Mispe en Jokteël,

39 Lagis en Boskat en Eglon,

40 en Kabbon en Lagmas en Kitlis,

41 en Ged,rot, Bet-Dagon en N äma en Makk,da: sestien stede met hulle dorpe;

42 Libna en Eter en Asan,

43 en Jiftag en Asna en Nesib,

44 en Keh¡la en Agsib en Mar,sa: nege stede met hulle dorpe;

45 Ekron met sy onderhorige plekke en sy dorpe;

46 van Ekron af en na die weste toe, alles wat aan die kant van Asdod lê, met hulle dorpe;

47 Asdod, sy onderhorige plekke en sy dorpe; Gasa, sy onderhorige plekke en sy dorpe, tot by die spruit van Egipte en die Groot See saam met sy gebied;

48 en op die Gebergte: Samir en Jattir en Sogo,

49 en Danna en Kirjat-Sanna, dit is Debir,

50 en Anab en Est,mo en Anim,

51 en Gosen en Holon en Gilo: elf stede met hulle dorpe;

52 Arab en Duma en Esean,

53 en Janum en Bet-Tappuag en Af,ka,

54 en Humta en Kirjat-Arba, dit is Hebron, en Sior: nege stede met hulle dorpe;

55 Maon, Karmel en Sif en Jutta,

56 en J¡sreël en Jokdeam en Sanoag,

57 Kain, G¡bea en Timna: tien stede met hulle dorpe;

58 Halhul, Bet-Sur en Gedor,

59 en M ärat en Bet-Anot en ltekon: ses stede met hulle dorpe;

60 Kirjat-Ba„l, dit is Kirjat-Je rim, en Rabba: twee stede met hulle dorpe;

61 in die woestyn: Bet-Araba, Middin en Seg ga,

62 en Nibsan en die Soutstad en ngedi: ses stede met hulle dorpe.

63 Maar die kinders van Juda kon die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdryf nie; daarom het die Jebusiete saam met die kinders van Juda in Jerusalem bly woon tot vandag toe.

1 Und das Los des Stammes der Kinder Juda nach ihren Geschlechtern lag an der Grenze von Zin gegen Mittag, am südlichen Ende.

2 Und ihre südliche Grenze beginnt am Ende des Salzmeeres, bei der Zunge, die mittagwärts reicht,

3 und zieht sich hinaus gegen Mittag zur Höhe von Akrabbim und hinüber gen Zin und wieder von Mittag gen Kadesch-Barnea hinauf und nach Hezron hin und gen Adar hinauf und wendet sich gegen Karka;

4 dann geht sie hinüber nach Azmon und hinaus an den Bach Ägyptens, so daß das Meer das Ende der Grenze bildet. Das sei eure südliche Grenze!

5 Aber die östliche Grenze ist das Salzmeer bis zur Mündung des Jordan. Die Grenze des nördlichen Teils aber beginnt bei der Zunge des Meeres an der Mündung des Jordan

6 und geht hinauf gen Beth-Hogla und zieht sich von Mitternacht gen Beth-Araba und kommt herauf zum Stein Bohan,

7 des Sohnes Rubens, und geht von dem Tal Achor hinauf gen Debir und wendet sich nördlich gegen Gilgal, welches der Anhöhe Adummim gegenüber liegt, das südlich an dem Bache liegt. Darnach geht sie zu dem Wasser En-Semes und kommt hinaus zum Brunnen Rogel,

8 geht darnach hinauf zum Tal des Sohnes Hinnoms, an der Seite der Jebusiter gegen Mittag, das ist Jerusalem; und sie kommt herauf zur Spitze des Berges, der westlich vor dem Tal Hinnom liegt und nördlich an das Ende des Tales Rephaim stößt.

9 Darnach kommt sie von der Spitze desselben Berges zu der Quelle des Wassers Nephtoach und kommt heraus zu den Städten des Gebirges Ephron und neigt sich gen Baala, das ist Kirjat-Jearim.

10 Und die Grenze wendet sich herum von Baala gegen Abend zum Gebirge Seir und geht hinüber nach dem nördlichen Bergrücken Jearim, das ist Kesalon, und kommt herab gen Beth-Semes und geht nach Timna;

11 sodann läuft die Grenze weiter nördlich bis zum Bergrücken von Ekron und zieht sich gen Sikron und geht über den Berg Baala und kommt heraus gen Jabneel; also daß das Meer das Ende dieser Grenze bildet.

12 Die Grenze aber gegen Abend ist das große Meer und sein Gestade. Das ist die Grenze der Kinder Juda, nach ihren Geschlechtern, ringsum.

13 Aber Kaleb, dem Sohn Jephunnes, gab er sein Teil unter den Kindern Juda nach dem Befehl des HERRN an Josua, nämlich die Stadt Arba, des Vaters Enaks, das ist Hebron.

14 Und Kaleb vertrieb von dannen die drei Söhne Enaks, Sesai, Achiman und Talmai, die Enakskinder,

15 und zog von dannen hinauf zu den Einwohnern von Debir. Debir aber hieß vor Zeiten Kirjat-Sepher.

16 Und Kaleb sprach: Wer Kirjat-Sepher schlägt und erobert, dem will ich meine Tochter Achsa zum Eheweib geben!

17 Da gewann sie Otniel, der Sohn Kenas, des Bruders Kalebs; und er gab ihm seine Tochter Achsa zum Eheweib.

18 Und es begab sich, als sie einzog, trieb sie ihn an, von ihrem Vater einen Acker zu fordern. Und sie sprang vom Esel. Da sprach Kaleb zu ihr:

19 Was hast du? Sie sprach: Gib mir einen Segen, denn du hast mir ein dürres Land gegeben; gib mir auch Wasserquellen! Da gab er ihr Wasserquellen, die obern und die untern.

20 Das ist das Erbteil des Stammes der Kinder Juda nach ihren Geschlechtern.

21 Und die äußersten Städte des Stammes der Kinder Juda, gegen die Grenze der Edomiter im Süden, waren diese: Kabzeel,

22 Eder, Jagur, Kina, Dimona, Adada,

23 Kedesch, Hazor, Jitnan, Siph, Telem,

24 Bealot, Hazor-Hadatta, Keriot-Hezron,

25 welches Hazor ist,

26 Amam, Sema, Molada,

27 Hazar-Gadda, Hesmon, Beth-Pelet,

28 Hazar-Schual, Beer-Seba, Bisjot-Ja,

29 Baala, Jjim, Ezem, Eltolad, Kesil,

30 Horma, Ziklag, Madmanna, Sansanna,

31 Lebaot, Silhim, Ain und Rimmon.

32 Das sind neunundzwanzig Städte und ihre Dörfer.

33 In den Tälern aber waren Estaol,

34 Zorea, Asna, Sanoach, En-Gannim,

35 Tappuach, Enam, Jarmut,

36 Adullam, Socho, Aseka, Saaraim, Aditaim, Gereda, Gederotaim;

37 das sind vierzehn Städte und ihre Dörfer.

38 Zenan, Hadasa, Migdal-Gad, Dilean,

39 Mizpe, Jokteel, Lachis, Bozkat, Eglon,

40 Kabbon, Lachmas, Kitlis, Gederot,

41 Beth-Dagon, Naama, Makkeda. Das sind sechzehn Städte und ihre Dörfer.

42 Libna, Eter, Asan, Jiphtach, Asna, Nezib,

43 Kegila, Achsib, Maresa.

44 Das sind neun Städte und ihre Dörfer.

45 Ekron, mit seinen Dörfern und Höfen.

46 Von Ekron und bis an das Meer alles, was an Asdod grenzt und ihre Dörfer:

47 Asdod mit seinen Dörfern und Höfen, Gaza mit seinen Höfen und Dörfern, bis an den Bach Ägyptens, und das große Meer ist seine Grenze.

48 Auf dem Gebirge aber waren Samir, Jattir, Socho,

49 Danna, Kirjat-Sanna, welches Debir ist,

50 Anab, Estemo, Anim, Gosen, Holon, Gilo.

51 Das sind elf Städte und ihre Dörfer.

52 Arab, Duma, Esean,

53 Janum, Beth-Tappuach, Apheka, Humta,

54 Kirjat-Arba, das ist Hebron, Zior. Das sind neun Städte und ihre Dörfer.

55 Maon, Karmel, Siph, Juta, Jesreel,

56 Jokdeam, Sanoach, Kain, Gibea, Timna.

57 Das sind zehn Städte und ihre Dörfer.

58 Halhul, Beth-Zur, Gedor, Maarat, Beth-Anot und Eltekon.

59 Das sind sechs Städte und ihre Dörfer.

60 Kirjat-Baal, das ist Kirjat-Jearim, und Rabba. Das sind zwei Städte und ihre Dörfer.

61 In der Wüste aber waren Beth-Araba, Middin,

62 Sechacha, Nibsan und die Salzstadt und Engedi. Das sind sechs Städte und ihre Dörfer.

63 Die Kinder Juda aber konnten die Jebusiter, welche zu Jerusalem wohnten, nicht vertreiben. Also wohnten die Jebusiter mit den Kindern Juda zu Jerusalem bis auf diesen Tag.