1 En dit is die nakomelinge van A„ron en Moses op die dag toe die HERE met Moses op die berg Sinai gespreek het.

2 En dit is die name van die seuns van A„ron: die eersgeborene Nadab, daarna Ab¡hu, Ele sar en Itamar.

3 Dit is die name van die seuns van A„ron, die gesalfde priesters, wat hy aangestel het om die priesteramp te bedien.

4 Maar Nadab en Ab¡hu het gesterwe voor die aangesig van die HERE toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE in die woestyn Sinai gebring het, en hulle het geen kinders gehad nie; maar Ele sar en Itamar het die priesteramp bedien voor die oë van hulle vader A„ron.

5 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

6 Laat die stam van Levi nader kom, en stel hulle voor die priester A„ron, dat hulle hom kan dien.

7 En hulle moet sy diens waarneem en die diens van die hele vergadering voor die tent van samekoms, om die dienswerk van die tabernakel te verrig.

8 En hulle moet sorg vir al die gereedskap van die tent van samekoms en vir die diens van die kinders van Israel, om die dienswerk van die tabernakel te verrig.

9 En jy moet die Leviete aan A„ron en sy seuns gee; hulle is heeltemal aan hom gegee uit die kinders van Israel.

10 Maar A„ron en sy seuns moet jy aanstel, dat hulle hul priesteramp kan waarneem; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.

11 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

12 Kyk, Ek self het die Leviete geneem onder die kinders van Israel uit in die plek van al die eersgeborenes wat die moederskoot open, uit die kinders van Israel, dat die Leviete myne kan wees.

13 Want al die eersgeborenes is myne: op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek al die eersgeborenes in Israel vir My geheilig, mense sowel as diere; hulle moet myne wees. Ek is die HERE.

14 En die HERE het met Moses gespreek in die woestyn Sinai en gesê:

15 Tel die seuns van Levi volgens hulle families, volgens hulle geslagte; almal wat manlik is, van 'n maand oud en daarbo -- die moet jy tel.

16 En Moses het hulle volgens die bevel van die HERE getel soos dit hom beveel is.

17 En dit was die seuns van Levi volgens hulle name: Gerson en Kehat en Mer ri.

18 En dit is die name van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte: Libni en S¡me‹.

19 En die seuns van Kehat volgens hulle geslagte: Amram en Jishar, Hebron en Ussiël.

20 En die seuns van Mer ri volgens hulle geslagte: Magli en Musi. Dit is die geslagte van die Leviete volgens hulle families.

21 Aan Gerson behoort die geslag van die Libniete en die geslag van die Sime‹ete. Dit is die geslagte van die Gersoniete.

22 Hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik was, van 'n maand oud en daarbo -- hulle geteldes was sewe duisend vyf honderd.

23 Die geslagte van die Gersoniete moet laer opslaan agter die tabernakel aan die westekant.

24 En owerste oor die familie van die Gersoniete moet ljasaf, die seun van Lael, wees.

25 En die seuns van Gerson moet by die tent van samekoms versorg: die tabernakel en die tent, sy dekkleed en die bedekking vir die ingang van die tent van samekoms;

26 en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, en sy lyne -- alles wat by sy bediening behoort.

27 En aan Kehat het behoort die geslag van die Amramiete en die geslag van die Jishariete en die geslag van die Hebroniete en die geslag van die Ussiëliete. Dit is die geslagte van die Kehatiete.

28 Volgens die getal van almal wat manlik is, van 'n maand oud en daarbo, was daar agt duisend ses honderd wat die diens van die heiligdom waargeneem het.

29 Die geslagte van die seuns van Kehat moet laer opslaan aan die kant van die tabernakel, aan die suidekant.

30 En owerste oor die familie vir die geslagte van die Kehatiete moet wees El¡safan, die seun van Ussiël.

31 En hulle moet versorg: die ark en die tafel en die kandelaar en die altare en die gereedskap van die heiligdom waarmee hulle diens doen, en die voorhangsel en alles wat by die bediening daarvan behoort.

32 En die hoof van die owerstes van Levi moet wees Ele sar, die seun van A„ron, die priester, die opsigter oor die wat die diens van die heiligdom waarneem.

33 Aan Mer ri het behoort die geslag van die Magliete en die geslag van die Musiete. Dit is die geslagte van Mer ri.

34 En hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik is, van 'n maand oud en daarbo, was ses duisend twee honderd.

35 En die owerste van die familie vir die geslagte van Mer ri moet wees Suriël, die seun van Abihail; hulle moet laer opslaan aan die kant van die tabernakel, aan die noordekant.

36 En die toesig van die seuns van Mer ri -- wat hulle te besorg het -- moet wees oor die style van die tabernakel en sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke en al die gereedskap sowel as die hele diens wat daarby behoort;

37 en die pilare van die voorhof rondom en hulle voetstukke en hulle penne en hulle lyne.

38 En die wat voor die tabernakel laer opslaan, aan die oostekant, voor die tent van samekoms, teen sonop, moet wees Moses en A„ron met sy seuns wat die diens van die heiligdom waarneem, naamlik die diens vir die kinders van Israel; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.

39 Al die geteldes van die Leviete wat Moses en A„ron volgens die bevel van die HERE, volgens hulle geslagte getel het, almal wat manlik was, van 'n maand oud en daarbo, was twee en twintig duisend.

40 En die HERE het aan Moses gesê: Tel al die manlike eersgeborenes van die kinders van Israel, van 'n maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op.

41 En jy moet vir My -- Ek is die HERE -- die Leviete neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van Israel.

42 En Moses het, soos die HERE hom beveel het, al die eersgeborenes onder die kinders van Israel getel.

43 En al die manlike eersgeborenes volgens die getal name, van 'n maand oud en daarbo, volgens hulle geteldes, was twee en twintig duisend twee honderd drie en sewentig.

44 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

45 Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee, sodat die Leviete myne kan wees. Ek is die HERE.

46 Wat aangaan die loskoping van die twee honderd drie en sewentig wat oor is bo die Leviete, uit die eersgeborenes van die kinders van Israel,

47 moet jy per hoof vyf sikkels neem; volgens die sikkel van die heiligdom moet jy dit neem; die sikkel is twintig gera.

48 En jy moet die geld as losprys van die wat onder hulle oor is, aan A„ron en sy seuns gee.

49 Daarop het Moses die loskoopgeld geneem van die wat oor was bo die wat deur die Leviete losgekoop was;

50 van die eersgeborenes van die kinders van Israel het hy die geld geneem, duisend drie honderd vyf en sestig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom.

51 En Moses het die loskoopgeld aan A„ron en sy seuns gegee volgens die bevel van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.

1 Dies ist das Geschlecht Aarons und Moses, an dem Tag, als der HERR mit Mose redete auf dem Berge Sinai.

2 Und dies sind die Namen der Söhne Aarons: Der Erstgeborene Nadab, darnach Abihu, Eleasar und Itamar.

3 Das sind die Namen der Söhne Aarons, der gesalbten Priester, denen man die Hände füllte zum Priesterdienst.

4 Aber Nadab und Abihu starben vor dem HERRN, als sie fremdes Feuer vor den HERRN brachten, in der Wüste Sinai, und sie hatten keine Söhne. Eleasar aber und Itamar taten Priesterdienst vor den Augen ihres Vaters Aaron.

5 Und der HERR redete zu Mose und sprach:

6 Bring den Stamm Levi herzu, und stelle sie vor Aaron, den Priester, daß sie ihm dienen und besorgen,

7 was für ihn und für die ganze Gemeinde zu besorgen ist, vor der Stiftshütte, und so den Dienst an der Wohnung versehen,

8 daß sie alle Geräte der Stiftshütte hüten und der Hut der Kinder Israel warten, den Dienst an der Wohnung versehen.

9 Und du sollst die Leviten Aaron und seinen Söhnen zum Geschenk machen; geschenkt sind sie ihm von seiten der Kinder Israel.

10 Aber Aaron und seine Söhne sollst du beauftragen, ihres Priestertums zu warten. Wenn sich ein Fremder naht, so muß er sterben.

11 Und der HERR redete zu Mose und sprach:

12 Siehe, ich habe die Leviten unter den Kindern Israel genommen an Stelle aller Erstgeborenen unter den Kindern Israel, also daß die Leviten mein sind.

13 Denn alle Erstgeburt ist mein; an dem Tag, da ich alle Erstgeburt in Ägypten schlug, heiligte ich mir alle Erstgeburt in Israel, von den Menschen an bis auf das Vieh, daß sie mein sein sollen, mir, dem HERRN.

14 Und der HERR redete zu Mose in der Wüste Sinai und sprach:

15 Mustere die Kinder Levis nach ihren Vaterhäusern und Geschlechtern, alles, was männlich ist, einen Monat alt und darüber!

16 Also musterte sie Mose nach dem Wort des HERRN, wie er geboten hatte.

17 Und dies sind die Kinder Levis mit ihren Namen: Gerson, Kahat und Merari.

18 Die Namen aber der Kinder Gersons nach ihren Geschlechtern sind Libni und Simei.

19 Die Kinder Kahats nach ihren Geschlechtern sind Amram, Jizhar, Hebron und Ussiel.

20 Die Kinder Meraris nach ihren Geschlechtern sind Machli und Muschi. Das sind die Geschlechter Levis nach ihren Vaterhäusern.

21 Von Gerson stammt das Geschlecht der Libniter und Simeiter. Das sind die Geschlechter der Gersoniter.

22 Die Zahl ihrer Gemusterten männlichen Geschlechts, von einem Monat und darüber, betrug 7500.

23 Das Geschlecht der Gersoniter soll sich hinter der Wohnung gegen Abend lagern.

24 Und der Fürst des Vaterhauses der Gersoniter sei Eliasaph, der Sohn Laels.

25 Was aber die Kinder Gerson an der Stiftshütte zu besorgen haben, das ist die Wohnung und das Zelt, seine Decke, und den Vorhang in der Tür der Stiftshütte,

26 und die Vorhänge am Vorhof, und den Vorhang in der Tür des Vorhofs, welcher rings um die Wohnung und um den Altar her ist, dazu die Zeltstricke und alles, was zu ihrem Dienst gehört.

27 Von Kahat stammt das Geschlecht der Amramiter, der Jizhariter, der Hebroniter und Ussieliter. Das sind die Geschlechter der Kahaliter.

28 Was männlich war, einen Monat alt und darüber, belief sich an der Zahl auf 8600, die das Heiligtum besorgten.

29 Die Geschlechter der Kinder Kahats sollen sich lagern an die Seite der Wohnung gegen Mittag.

30 Und der Fürst des Stammhauses der Kahatiter sei Elizaphan, der Sohn Ussiels.

31 Und sie sollen warten der Lade, des Tisches, des Leuchters, der Altäre und der Geräte des Heiligtums, mit welchen sie dienen, auch des Vorhangs, und was zu diesem Dienst gehört.

32 Aber der oberste Fürst der Leviten soll sein Eleasar, der Sohn Aarons, des Priesters, mit der Aufsicht über die, welche des Heiligtums warten.

33 Von Merari stammt das Geschlecht der Machliter und Muschiter. Das sind die Geschlechter der Merariter.

34 Die Zahl ihrer Gemusterten von allem, was männlich war, einen Monat alt und darüber, betrug 6200.

35 Und der Oberste des Stammhauses der Merariter sei Zuriel, der Sohn Abichails; und sie sollen sich lagern an der Seite der Wohnung gegen Mitternacht.

36 Und das Hüteramt der Merariter soll sein, zu warten der Bretter und Riegel und Säulen und der Füße der Wohnung, und aller ihrer Geräte und ihres ganzen Dienstes,

37 dazu der Säulen um den Vorhof her, mit ihren Füßen und Nägeln und Seilen.

38 Aber vor der Wohnung, vor der Stiftshütte, gegen Morgen, sollen sich lagern Mose und Aaron und seine Söhne, die Besorgung des Heiligtums zu überwachen, zur Bewahrung der Kinder Israel. Wenn ein Fremder naht, so muß er sterben.

39 Alle gemusterten Leviten, welche Mose und Aaron musterten nach ihren Geschlechtern, nach dem Wort des Herrn, alles, was männlich war, einen Monat alt und darüber, derer waren 22000.

40 Und der HERR sprach zu Mose: Mustere alle männliche Erstgeburt der Kinder Israel, von einem Monat an und darüber und zähle ihre Namen!

41 Und du sollst die Leviten mir, dem HERRN, nehmen, an Stelle aller Erstgeburt unter den Kindern Israel, und der Leviten Vieh an Stelle aller Erstgeburt unter dem Vieh der Kinder Israel.

42 Und Mose musterte, wie der HERR ihm geboten hatte, alle Erstgeburt unter den Kindern Israel.

43 Da belief sich die Zahl der Namen aller männlichen Erstgeborenen von einem Monat an und darüber, auf 22273.

44 Und der HERR redete zu Mose und sprach:

45 Nimm die Leviten für alle Erstgeburt unter den Kindern Israel, und das Vieh der Leviten für ihr Vieh, daß die Leviten mein seien, mir, dem HERRN.

46 Aber als Lösegeld für die 273 überzähligen Erstgeborenen der Kinder Israel über der Leviten Zahl,

47 sollst du je fünf Schekel erheben für jeden Kopf, und zwar sollst du es erheben nach dem Schekel des Heiligtums (ein Schekel macht zwanzig Gera);

48 und du sollst dieses Geld als Lösegeld der Überzähligen Aaron und seinen Söhnen geben.

49 Da nahm Mose das Lösegeld von denen, die die Zahl der durch die Leviten Gelösten überstieg;

50 von den Erstgeborenen der Kinder Israel erhob er 1365 Schekel, nach dem Schekel des Heiligtums.

51 Und Mose gab das Geld Aaron und seinen Söhnen, nach dem Wort des HERRN, wie der HERR Mose geboten hatte.