1 Godspraak oor Moab. Waarlik, in die nag is Ar-Moab verwoes, vernietig! Waarlik, in die nag is Kir-Moab verwoes, vernietig!2 Hulle gaan op na die tempel, en Dibon na die hoogtes om te ween; Moab huil op Nebo en in Med,ba; op al hulle hoofde is 'n kaalte, elke baard is afgeskeer.3 Op hul strate het hulle rouklere aangegord; op hulle dakke en op hulle pleine huil alles en smelt weg in geween.4 Hesbon en Ele le skreeu, hulle stem word gehoor tot Jahas toe; daarom hef die gewapende manne van Moab 'n angsgeskreeu aan, sy siel sidder.5 My hart skreeu oor Moab, sy vlugtelinge kom tot by Soar, Eglat-Selisia. Want die hoogte van Luhit beklim hulle met geween; ja, op pad na Horon im laat hulle 'n geskreeu van verwoesting weerklink;6 want die waters van Nimrim word 'n woesteny, ja, die gras is verdor, die grasspruitjies het vergaan, daar is geen groenigheid nie.7 Daarom gaan hulle die oorwins wat hulle gemaak het, en hulle voorraad, oor die Wilgerspruit dra.8 Want die geskreeu gaan rond in die grondgebied van Moab, sy gehuil tot by Eglaim en sy gehuil tot by Beër-Elim.9 Want die waters van Dimon is vol bloed; want Ek sal oor Dimon nog meer bring, 'n leeu oor die van Moab wat ontvlug het, en oor die oorblyfsel van die land.
1 Пророчество о Моаве. – Так! ночью будет разорен Ар–Моав и уничтожен; так! ночью будет разорен Кир–Моав и уничтожен!2 Он восходит к Баиту и Дивону, восходит на высоты, чтобы плакать; Моав рыдает над Нево и Медевою; у всех их острижены головы, у всех обриты бороды.3 На улицах его препоясываются вретищем; на кровлях его и площадях его все рыдает, утопает в слезах.4 И вопит Есевон и Елеала; голос их слышится до самой Иаацы; за ними и воины Моава рыдают; душа его возмущена в нем.5 Рыдает сердце мое о Моаве; бегут из него к Сигору, до третьей Эглы; восходят на Лухит с плачем; по дороге Хоронаимской поднимают страшный крик;6 потому что воды Нимрима иссякли, луга засохли, трава выгорела, не стало зелени.7 Поэтому они остатки стяжания и, что сбережено ими, переносят за реку Аравийскую.8 Ибо вопль по всем пределам Моава, до Эглаима плач его и до Беэр–Елима плач его;9 потому что воды Димона наполнились кровью, и Я наведу на Димон еще новое – львов на убежавших из Моава и на оставшихся в стране.