1 Samar¡a sal daarvoor boet, omdat hy weerspannig was teen sy God; hulle sal val deur die swaard, hulle kinders sal verpletter en hulle swanger vroue oopgesny word.2 Bekeer jou, Israel, tot die HERE jou God, want jy het gestruikel deur jou ongeregtigheid.3 Neem woorde met julle, en bekeer julle tot die HERE; sê aan Hom: Vergeef alle ongeregtigheid, en neem aan wat goed is; dan sal ons as offerdiere ons lippe aanbied.4 Assur kan ons nie red nie, op perde wil ons nie ry nie en tot die werk van ons hande nie meer sê: Onse God nie! Want by U vind die wees ontferming.5 Ek sal hulle afkerigheid genees, hulle vrywillig liefhê, want my toorn is van hulle afgewend.6 Ek sal vir Israel wees soos die dou, hy sal bloei soos 'n lelie en sy wortels uitslaan soos die L¡banon.7 Sy lote sal uitsprei, en sy prag wees soos die van 'n olyfboom en sy geur soos die L¡banon.8 Die wat onder sy skaduwee sit, sal weer koring laat groei; en hulle self sal bloei soos die wingerdstok; die roem daarvan sal wees soos die wyn van die L¡banon.9 Efraim, wat het Ek nog met die afgode te doen? Ek het hom verhoor en hou my oog oor hom. Ek is soos 'n groen sipres; uit My word jou vrug gevind. [ (Hosea 14:10) Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die HERE is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel! ]
1 Опустошена будет Самария, потому что восстала против Бога своего; от меча падут они; младенцы их будут разбиты, и беременные их будут рассечены.2 Обратись, Израиль, к Господу Богу твоему; ибо ты упал от нечестия твоего.3 Возьмите с собою [молитвенные] слова и обратитесь к Господу; говорите Ему: "отними всякое беззаконие и прими во благо, и мы принесем жертву уст наших.4 Ассур не будет уже спасать нас; не станем садиться на коня и не будем более говорить изделию рук наших: боги наши; потому что у Тебя милосердие для сирот".5 Уврачую отпадение их, возлюблю их по благоволению; ибо гнев Мой отвратился от них.6 Я буду росою для Израиля; он расцветет, как лилия, и пустит корни свои, как Ливан.7 Расширятся ветви его, и будет красота его, как маслины, и благоухание от него, как от Ливана.8 Возвратятся сидевшие под тенью его, будут изобиловать хлебом, и расцветут, как виноградная лоза, славны будут, как вино Ливанское.9 "Что мне еще за дело до идолов?" – скажет Ефрем. – Я услышу его и призрю на него; Я буду как зеленеющий кипарис; от Меня будут тебе плоды.10 Кто мудр, чтобы разуметь это? кто разумен, чтобы познать это? Ибо правы пути Господни, и праведники ходят по ним, а беззаконные падут на них.