1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie.

2 Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.

3 Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.

4 Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die HERE nie aan nie.

5 D r het skrik hulle oorweldig, want God is by die regverdige geslag.

6 Die raad van die ellendige -- julle kan dit tot skande maak; waarlik, die HERE is sy toevlug.

7 Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As die HERE die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.

For the Chief Musician. By David.

1 The fool has said in his heart, "There is no God."

They are corrupt.

They have done abominable deeds.

There is no one who does good.

2 Yahweh looked down from heaven on the children of men,

to see if there were any who understood,

who sought after God.

3 They have all gone aside.

They have together become corrupt.

There is no one who does good, no, not one.

4 Have all the workers of iniquity no knowledge,

who eat up my people as they eat bread,

and don’t call on Yahweh?

5 There they were in great fear,

for God is in the generation of the righteous.

6 You frustrate the plan of the poor,

because Yahweh is his refuge.

7 Oh that the salvation of Israel would come out of Zion!

When Yahweh restores the fortunes of his people,

then Jacob shall rejoice, and Israel shall be glad.