20 As julle dus saamkom, dan wil dit nie sê dat julle die nagmaal van die Here eet nie.

21 Want as julle eet, gebruik elkeen eers sy eie ete; en die een het honger en die ander is dronk.

22 Het julle dan geen huise om in te eet en te drink nie? Of verag julle die gemeente van God, en maak julle die beskaamd wat nie het nie? Wat sal ek vir julle sê? Sal ek julle prys? Hierin prys ek julle nie.