3 Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie.

4 Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

5 Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?