2 Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid;

3 ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde.

4 En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.

5 Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.