Publicidade

2 Coríntios 6

4 maar in alles beveel ons ons aan as dienaars van God, met baie geduld, in verdrukkinge, in node, in benoudhede;5 in slae, in gevangenskappe, in oproere, in arbeid, in slapelose nagte, in hongerly;6 in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde;7 in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter-- en linkerhand;8 deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig;9 as onbekendes en tog goed bekend, as sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie;10 as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles besit.

Publicidade

Veja também

Publicidade
2 Coríntios
Ver todos os capítulos de 2 Coríntios