17 En hierdie vier jong seuns -- God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome.

18 En aan die einde van die dae wat die koning vasgestel het om hulle in te bring, het die owerste van die hofdienaars hulle voor Nebukadn,sar gebring.

19 En die koning het met hulle gespreek, en onder hulle almal is daar niemand gevind soos Daniël, Han nja, M¡sael en As rja nie. So het hulle dan voor die koning gedien.