1 As 'n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou 'n teken of wonder aankondig,

2 en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons agter ander gode aan loop -- wat jy nie geken het nie -- en hulle dien,

3 dan moet jy nie luister na die woorde van die profeet of na die man wat as dromer optree nie; want die HERE julle God beproef julle om te weet of julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.

4 Julle moet die HERE julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.