2 Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.
3 Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself.
4 Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel; en dan sal hy grond vir roem hê alleen wat homself betref en nie wat die ander betref nie.
5 Want elkeen sal sy eie pak dra.