3 Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê:4 Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van 'n menigte van nasies word.5 Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou 'n vader van 'n menigte van nasies.6 En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom.7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag n jou in hulle geslagte as 'n ewige verbond, om vir jou 'n God te wees en vir jou nageslag n jou.8 En Ek sal aan jou en jou nageslag n jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as 'n ewige besitting; en Ek sal vir hulle 'n God wees.9 Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag n jou, van geslag tot geslag.10 Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag n jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word --11 julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal 'n teken wees van die verbond tussen My en julle.
Publicidade
Gênesis 17
Veja também
Publicidade