3 Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê:

4 Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van 'n menigte van nasies word.

5 Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou 'n vader van 'n menigte van nasies.

6 En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom.

7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag n jou in hulle geslagte as 'n ewige verbond, om vir jou 'n God te wees en vir jou nageslag n jou.

8 En Ek sal aan jou en jou nageslag n jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as 'n ewige besitting; en Ek sal vir hulle 'n God wees.

9 Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag n jou, van geslag tot geslag.

10 Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag n jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word --

11 julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal 'n teken wees van die verbond tussen My en julle.