Publicidade

Gênesis 17

7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag n jou in hulle geslagte as 'n ewige verbond, om vir jou 'n God te wees en vir jou nageslag n jou.8 En Ek sal aan jou en jou nageslag n jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as 'n ewige besitting; en Ek sal vir hulle 'n God wees.9 Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag n jou, van geslag tot geslag.10 Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag n jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word --11 julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal 'n teken wees van die verbond tussen My en julle.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_11-41-06-