14 En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.

15 En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met 'n groot stem verheerlik.

16 En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was 'n Samaritaan.

17 Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?

18 Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?

19 En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered.