48 En toe hulle Hom sien, was hulle verslae. En sy moeder sê vir Hom: Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek.

49 En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader moet wees nie?

50 En hulle het die woord wat Hy aan hulle gesê het, nie verstaan nie.

51 En Hy het saam met hulle gegaan en in N saret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.