Publicidade

Mateus 1

1 Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham:2 Abraham was die vader van Isak, en Isak die vader van Jakob, en Jakob die vader van Juda en sy broers;3 en Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, en Peres was die vader van Hesron, en Hesron die vader van Ram,4 en Ram die vader van Amm¡nadab, en Amm¡nadab die vader van Nagson, en Nagson die vader van Salmon,5 en Salmon die vader van Boas by Ragab, en Boas die vader van Obed by Rut, en Obed die vader van Isai,6 en Isai die vader van koning Dawid, en koning Dawid die vader van Salomo by die vrou van Ur¡a,7 en Salomo die vader van Reh beam, en Reh beam die vader van Ab¡a, en Ab¡a die vader van Asa,8 en Asa die vader van Josafat, en Josafat die vader van Joram, en Joram die vader van Uss¡a,9 en Uss¡a die vader van Jotam, en Jotam die vader van Agas, en Agas die vader van Hisk¡a,10 en Hisk¡a die vader van Manasse, en Manasse die vader van Amon, en Amon die vader van Jos¡a,11 en Jos¡a die vader van Jegonia en sy broers in die tyd van die Babiloniese ballingskap.12 En n die Babiloniese ballingskap het Jegonia die vader geword van Se ltiël, en Se ltiël was die vader van Serubb bel,13 en Serubb bel die vader van Ab¡ud, en Ab¡ud die vader van Âljakim, en Âljakim die vader van Asor,14 en Asor die vader van Sadok, en Sadok die vader van Agim, en Agim die vader van El¡ud,15 en El¡ud die vader van Ele sar, en Ele sar die vader van Mattan, en Mattan die vader van Jakob,16 en Jakob die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word.17 Al die geslagte dan van Abraham tot Dawid is veertien geslagte, en van Dawid tot die Babiloniese ballingskap veertien geslagte, en van die Babiloniese ballingskap tot Christus veertien geslagte.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_11-41-06-