13 En toe Jesus in die streke van Cesar,a-Filippi kom, vra Hy sy dissipels en sê: Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is?

14 En hulle antwoord: Sommige Johannes die Doper, en sommige El¡a, en ander Jeremia of een van die profete.

15 Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek?

16 En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.