18 En terwyl Jesus langs die see van Galil,a loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andr,as, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.19 En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.20 En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg.21 En toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers, Jakobus, die seun van Sebed,Âs, en Johannes, sy broer, in die skuit saam met hulle vader Sebed,Âs, besig om hulle nette heel te maak; en Hy het hulle geroep.22 En hulle het dadelik die skuit en hulle vader verlaat en Hom gevolg.
Publicidade
Mateus 4
Veja também
Publicidade