8 Hou jou weg ver van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie,

9 sodat jy nie jou bloei aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie;

10 sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoë en jou moeitevolle arbeid in die huis van 'n uitlander kom nie

11 en jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is,

12 en moet sê: Hoe het ek die tug gehaat en my hart die kastyding versmaad,

13 en nie geluister na die stem van my onderwysers en geen gehoor gegee aan die wat my geleer het nie!

14 Amper was ek heeltemal in die ongeluk, in die vergadering en die gemeente.