1 En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie.

2 Die een glo dat 'n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente.

3 Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem.

4 Wie is jy wat die huiskneg van 'n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou.