5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

7 Want die mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie --

8 so 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.