Salomo bid om wysheid en verkry dit.
1 EN Salomo, die seun van Dawid, het hom versterk in sy koningskap; en die Here sy God was met hom en het hom uitermate groot gemaak.
2 En Salomo het met die hele Israel gespreek, met die owerstes oor duisend en oor honderd en met die regters en met elke vors in die hele Israel, die familiehoofde;
3 en hulle het gegaan, Salomo en die hele vergadering saam met hom, na die hoogte wat by Gíbeon is; want daar was die tent van samekoms van God wat Moses, die kneg van die Here, in die woestyn gemaak het.
4 Maar Dawid het die ark van God uit Kirjat-Jeárim laat bring na die plek wat Dawid daarvoor ingerig het; want hy het daarvoor 'n tent in Jerusalem opgeslaan.
5 Ook die koperaltaar wat Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, gemaak het, was daar voor die tabernakel van die Here; en Salomo en die vergadering het dit besoek.
6 En Salomo het daar op die koperaltaar wat by die tent van samekoms behoort het, voor die aangesig van die Here geoffer en daarop duisend brandoffers gebring.
7 In dieselfde nag het God aan Salomo verskyn en aan hom gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.
8 En Salomo het tot God gespreek: Ú het aan my vader Dawid 'n groot guns bewys en my in sy plek koning gemaak.
9 Here God, laat u woord aan my vader Dawid nou bewaarheid word; want Ú het my koning gemaak oor 'n volk talryk soos die stof van die aarde.
10 Gee my nou wysheid en kennis, dat ek voor hierdie volk kan uit- en ingaan, want wie kan hierdie groot volk van U regeer?
11 Toe sê God aan Salomo: Omdat dít in jou hart gewees het, en jy nie rykdom, skatte en eer en die lewe van jou haters of selfs 'n lang lewe begeer het nie, maar wysheid en kennis vir jou begeer het om my volk waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer —
12 daarom word dié wysheid en dié kennis aan jou gegee. Ek sal jou ook rykdom en skatte en eer gee soos die konings wat voor jou gewees het, nie gehad het nie, en soos ná jou nie sal wees nie.
13 En Salomo het van die hoogte wat by Gíbeon is, van die tent van samekoms af, in Jerusalem aangekom, en hy het oor Israel geregeer.
Waens en perderuiters van Salomo.
14 EN Salomo het strydwaens en perderuiters versamel, sodat hy veertienhonderd waens en twaalfduisend perderuiters gehad het; en hy het hulle in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel.
15 En die koning het die silwer en die goud in Jerusalem gemaak soos die klippe, en die seders het hy gemaak soos die wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte.
16 En die uitvoer van perde vir Salomo het plaasgevind uit Egipte en uit Kwé; handelaars van die koning het hulle uit Kwé gaan haal teen koopprys.
17 En hulle het uit Egipte 'n wa laat optrek en dit uitgevoer vir seshonderd sikkels silwer en 'n perd vir honderd-en-vyftig; en so is dit vir al die konings van die Hetiete en die konings van Aram deur hulle uitgevoer.
1 And Solomon the son of David was strengthened in his kingdom, and Jehovah his God was with him, and magnified him exceedingly. 2 And Solomon spake unto all Israel, to the captains of thousands and of hundreds, and to the judges, and to every prince in all Israel, the heads of the fathers’ houses. 3 So Solomon, and all the assembly with him, went to the high place that was at Gibeon; for there was the tent of meeting of God, which Moses the servant of Jehovah had made in the wilderness. 4 But the ark of God had David brought up from Kiriath-jearim to the place that David had prepared for it; for he had pitched a tent for it at Jerusalem. 5 Moreover the brazen altar, that Bezalel the son of Uri, the son of Hur, had made, was there before the tabernacle of Jehovah: and Solomon and the assembly sought unto it. 6 And Solomon went up thither to the brazen altar before Jehovah, which was at the tent of meeting, and offered a thousand burnt-offerings upon it.
7 In that night did God appear unto Solomon, and said unto him, Ask what I shall give thee. 8 And Solomon said unto God, Thou hast showed great lovingkindness unto David my father, and hast made me king in his stead. 9 Now, O Jehovah God, let thy promise unto David my father be established; for thou hast made me king over a people like the dust of the earth in multitude. 10 Give me now wisdom and knowledge, that I may go out and come in before this people; for who can judge this thy people, that is so great? 11 And God said to Solomon, Because this was in thy heart, and thou hast not asked riches, wealth, or honor, nor the life of them that hate thee, neither yet hast asked long life; but hast asked wisdom and knowledge for thyself, that thou mayest judge my people, over whom I have made thee king: 12 wisdom and knowledge is granted unto thee; and I will give thee riches, and wealth, and honor, such as none of the kings have had that have been before thee; neither shall there any after thee have the like. 13 So Solomon came from the high place that was at Gibeon, from before the tent of meeting, unto Jerusalem; and he reigned over Israel.
14 And Solomon gathered chariots and horsemen: and he had a thousand and four hundred chariots, and twelve thousand horsemen, that he placed in the chariot cities, and with the king at Jerusalem. 15 And the king made silver and gold to be in Jerusalem as stones, and cedars made he to be as the sycomore-trees that are in the lowland, for abundance. 16 And the horses which Solomon had were brought out of Egypt; the king’s merchants received them in droves, each drove at a price. 17 And they fetched up and brought out of Egypt a chariot for six hundred shekels of silver, and a horse for a hundred and fifty: and so for all the kings of the Hittites, and the kings of Syria, did they bring them out by their means.
Domínio Público. Esta tradução bíblica de domínio público é trazida a você por cortesia de eBible.org.