Opsomming van die konings wat Israel verslaan het.
1 EN dit is die konings van die land wat die kinders van Israel verslaan en wie se land hulle in besit geneem het oos van die Jordaan, teen sonop; van die Arnonrivier af tot by die berg Hermon, en die hele Vlakte teen die ooste:
2 Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon gewoon het, wat geheers het van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê: van die middel van die rivier af en oor die helfte van Gílead tot by die Jabbokrivier, die grens van die kinders van Ammon;
3 en oor die Vlakte tot by die Kínnerotsee, na die ooste toe, en tot by die See van die Vlakte, die Soutsee, oostelik in die rigting van Bet-Hajésimot en teen die suide onderaan die hange van Pisga;
4 en die grondgebied van Og, die koning van Basan, uit 'n oorblyfsel van die Refaïete, wat in Ástarot en Edréï gewoon het,
5 en wat geheers het oor die gebergte Hermon en oor Salka en oor die hele Basan tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete, en tot die helfte van Gílead, die grondgebied van Sihon, die koning van Hesbon.
6 Moses, die kneg van die Here, en die kinders van Israel het hulle verslaan; en Moses, die kneg van die Here, het dit as 'n besitting gegee aan die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse.
7 En dit is die konings van die land wat Josua en die kinders van Israel verslaan het, duskant die Jordaan na die weste toe: van Baäl-Gad in die laagte van die Líbanon af tot by die Kaal Berg wat oploop na Seïr toe; en Josua het dit as 'n besitting aan die stamme van Israel gegee volgens hulle afdelings —
8 op die Gebergte en in die Laeveld en in die Vlakte en aan die hange en in die woestyn en in die Suidland: die Hetiete, Amoriete en Kanaäniete, die Feresiete, Hewiete en Jebusiete:
9 die koning van Jérigo, een; die koning van Ai wat langsaan Bet-el lê, een;
10 die koning van Jerusalem, een; die koning van Hebron, een;
11 die koning van Jarmut, een; die koning van Lagis, een;
12 die koning van Eglon, een; die koning van Geser, een;
13 die koning van Debir, een; die koning van Geder, een;
14 die koning van Horma, een; die koning van Arad, een;
15 die koning van Libna, een; die koning van Adúllam, een;
16 die koning van Makkéda, een; die koning van Bet-el, een;
17 die koning van Tappúag, een; die koning van Hefer, een;
18 die koning van Afek, een; die koning van Lassáron, een;
19 die koning van Madon, een; die koning van Hasor, een;
20 die koning van Simron-Meron, een; die koning van Agsaf, een;
21 die koning van Táänag, een; die koning van Megíddo, een;
22 die koning van Kedes, een; die koning van Jókneam, by die Karmel, een;
23 die koning van Dor, op die hoëveld van Dor, een; die koning van die heidene by Gilgal, een;
24 die koning van Tirsa, een — al die konings saam, een-en-dertig.
1 Now these are the kings of the land, whom the children of Israel smote, and possessed their land beyond the Jordan toward the sunrising, from the valley of the Arnon unto mount Hermon, and all the Arabah eastward: 2 Sihon king of the Amorites, who dwelt in Heshbon, and ruled from Aroer, which is on the edge of the valley of the Arnon, and the city that is in the middle of the valley, and half Gilead, even unto the river Jabbok, the border of the children of Ammon; 3 and the Arabah unto the sea of Chinneroth, eastward, and unto the sea of the Arabah, even the Salt Sea, eastward, the way to Beth-jeshimoth; and on the south, under the slopes of Pisgah: 4 and the border of Og king of Bashan, of the remnant of the Rephaim, who dwelt at Ashtaroth and at Edrei, 5 and ruled in mount Hermon, and in Salecah, and in all Bashan, unto the border of the Geshurites and the Maacathites, and half Gilead, the border of Sihon king of Heshbon. 6 Moses the servant of Jehovah and the children of Israel smote them: and Moses the servant of Jehovah gave it for a possession unto the Reubenites, and the Gadites, and the half-tribe of Manasseh.
7 And these are the kings of the land whom Joshua and the children of Israel smote beyond the Jordan westward, from Baal-gad in the valley of Lebanon even unto mount Halak, that goeth up to Seir (and Joshua gave it unto the tribes of Israel for a possession according to their divisions; 8 in the hill-country, and in the lowland, and in the Arabah, and in the slopes, and in the wilderness, and in the South; the Hittite, the Amorite, and the Canaanite, the Perizzite, the Hivite, and the Jebusite): 9 the king of Jericho, one; the king of Ai, which is beside Beth-el, one; 10 the king of Jerusalem, one; the king of Hebron, one; 11 the king of Jarmuth, one; the king of Lachish, one; 12 the king of Eglon, one; the king of Gezer, one; 13 the king of Debir, one; the king of Geder, one; 14 the king of Hormah, one; the king of Arad, one; 15 the king of Libnah, one; the king of Adullam, one; 16 the king of Makkedah, one; the king of Beth-el, one; 17 the king of Tappuah, one; the king of Hepher, one; 18 the king of Aphek, one; the king of Lassharon, one; 19 the king of Madon, one; the king of Hazor, one; 20 the king of Shimron-meron, one; the king of Achshaph, one; 21 the king of Taanach, one; the king of Megiddo, one; 22 the king of Kedesh, one; the king of Jokneam in Carmel, one; 23 the king of Dor in the height of Dor, one; the king of Goiim in Gilgal, one; 24 the king of Tirzah, one: all the kings thirty and one.
Domínio Público. Esta tradução bíblica de domínio público é trazida a você por cortesia de eBible.org.