Wee oor die bedrieglike tong.
1 VIR die musiekleier. 'n Onderwysing van Dawid,
2 toe Doëg, die Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van Ahiméleg ingegaan.
3 Wat beroem jy jou in die kwaad, o geweldige? Die goedertierenheid van God duur die hele dag!
4 Jou tong beraam onheil, soos 'n geslypte skeermes, o werker van bedrog!
5 Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela.
6 Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong!
7 So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela.
8 En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê:
9 Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid!
10 Maar ek sal wees soos 'n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd.
11 Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag, want dié is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote.
For the Chief Musician. Maschil of David; when Doeg the Edomite came and told Saul, and said unto him, David is come to the house of Ahimelech.
1 Why boastest thou thyself in mischief, O mighty man?
The lovingkindness of God endureth continually.
2 Thy tongue deviseth very wickedness,
Like a sharp razor, working deceitfully.
3 Thou lovest evil more than good,
And lying rather than to speak righteousness. [Selah
4 Thou lovest all devouring words,
O thou deceitful tongue.
5 God will likewise destroy thee for ever;
He will take thee up, and pluck thee out of thy tent,
And root thee out of the land of the living. [Selah
6 The righteous also shall see it, and fear,
And shall laugh at him, saying,
7 Lo, this is the man that made not God his strength,
But trusted in the abundance of his riches,
And strengthened himself in his wickedness.
8 But as for me, I am like a green olive-tree in the house of God:
I trust in the lovingkindness of God for ever and ever.
9 I will give thee thanks for ever, because thou hast done it;
And I will hope in thy name, for it is good, in the presence of thy saints.
Domínio Público. Esta tradução bíblica de domínio público é trazida a você por cortesia de eBible.org.