Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Samuel 31

BIBEL1930

Neerlaag en dood van Saul op Gilbóa.

1 TERWYL die Filistyne teen Israel veg, het die manne van Israel vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilbóa gelê.

2 En die Filistyne het Saul en sy seuns agternagesit, en die Filistyne het Jónatan en Abinádab en Malkisúa, die seuns van Saul, gedood.

3 Toe die geveg dan swaar word teen Saul, en die manne, die boogskutters, hom aantref, het hy gebewe van angs vir die skutters.

4 En Saul het aan sy wapendraer gesê: Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee, anders kom hierdie onbesnedenes en deurboor my en dryf die spot met my. Maar sy wapendraer wou nie, omdat hy baie bevrees was. Daarop neem Saul die swaard en val daarin.

5 Toe sy wapendraer sien dat Saul dood was, het hy self ook in sy swaard geval en saam met hom gesterf.

6 So het dan Saul en sy drie seuns en sy wapendraer, ook al sy manne op dieselfde dag almal saam gesterwe.

7 Daarop sien die manne van Israel wat oorkant die vlakte en wat oorkant die Jordaan was, dat die manne van Israel gevlug het en dat Saul en sy seuns dood was, en hulle het die stede verlaat en gevlug; en die Filistyne het gekom en daarin gaan woon.

8 En toe die Filistyne die volgende dag kom om die gesneuweldes te plunder, kry hulle Saul en sy drie seuns nog daar op die gebergte Gilbóa.

9 En hulle het sy hoof afgekap en sy wapenrusting uitgetrek en dit in die land van die Filistyne rondgestuur om die blye boodskap te bring in die tempels van hulle afgode en aan die volk.

10 Daarna het hulle sy wapens in die Astárte-tempel neergelê, maar sy lyk teen die muur van Bet-San vasgeslaan.

11 Toe die inwoners van Jabes in Gílead daarvan hoor wat die Filistyne aan Saul gedoen het

12 het al die dapper manne hulle gereedgemaak en die hele nag deur getrek; en hulle het die lyk van Saul en die lyke van sy seuns van die muur van Bet-San afgehaal en by Jabes gekom en hulle daar verbrand.

13 En hulle het hul gebeente geneem en onder die tamarisk in Jabes begrawe en sewe dae lank gevas.

1 Filistrene stred mot Israel, og Israels menn flyktet for filistrene, og det mange falne Gilboa-fjellet. 2 Og filistrene var like i hælene Saul og hans sønner, og de drepte Jonatan og Abinadab og Malkisua, Sauls sønner. 3 Og striden blev hård der hvor Saul stod; bueskytterne kom over ham, og han blev grepet av redsel for skytterne. 4 Da sa Saul til sin våbensvenn: Dra ditt sverd og gjennembor mig med det, ikke disse uomskårne skal komme og gjennembore mig og fare ille med mig! Men våbensvennen vilde ikke; han var for redd. tok Saul sitt sverd og styrtet sig i det. 5 Og da våbensvennen at Saul var død, styrtet også han sig i sitt sverd og døde med ham. 6 Således døde Saul og hans tre sønner og hans våbensvenn og alle hans menn en og samme dag. 7 Og da de israelitter som bodde den andre side av dalen, og de som bodde Jordan-siden, at israelittene var flyktet, og at Saul og hans sønner var død, forlot de byene og flyktet; og filistrene kom og bosatte sig i dem.

8 Dagen efter kom filistrene for å plyndre de falne; da fant de Saul og hans tre sønner liggende Gilboafjellet.

9 De hugg hodet av ham og røvet hans våben og sendte dem rundt omkring i filistrenes land for å forkynne det glade budskap i deres avguders templer og for folket. 10 Og hans våben la de i Astartetemplet, og hans kropp hengte de op muren i Betsan. 11 Da innbyggerne i Jabes i Gilead fikk høre hvad filistrene hadde gjort med Saul,

12 tok alle våbenføre menn avsted og gikk hele natten; de tok Sauls og hans sønners kropper ned av Betsans mur, og da de var kommet til Jabes, brente de dem der. 13 Deres ben tok de og begravde under tamarisken i Jabes, og holdt de faste i syv dager.

Veja também