Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Reis 15

BIBEL1930

Asárja koning van Juda.

1 IN die sewen-en-twintigste jaar van Jeróbeam, die koning van Israel, het Asárja, die seun van Amásia, die koning van Juda, koning geword.

2 Hy was sestien jaar oud toe hy koning geword het, en twee-en-vyftig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jególja, van Jerusalem.

3 En hy het gedoen wat reg was in die van die Here, net soos sy vader Amásia gedoen het.

4 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog geoffer en op die hoogtes rook laat opgaan.

5 En die Here het die koning aangetas, sodat hy melaats was tot die dag van sy dood toe; en hy het in 'n afgesonderde huis gewoon, terwyl Jotam, die seun van die koning, oor die paleis was en reg gespreek het oor die volk van die land.

6 En die verdere geskiedenis van Asárja en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

7 En Asárja het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en sy seun Jotam het in sy plek koning geword.

Ander konings van Israel tot op die inval van die Assiriërs.

8 IN die agt-en-dertigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Sagaría, die seun van Jeróbeam, oor Israel koning geword in Samaría ses maande lank.

9 En hy het gedoen wat verkeerd was in die van die Here soos sy vaders gedoen het; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.

10 En Sallum, die seun van Jabes, het 'n sameswering teen hom gesmee en hom voor die van die volk verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword.

11 En die verdere geskiedenis van Sagaría, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.

12 Dit was die woord van die Here wat Hy tot Jehu gespreek het, naamlik: Seuns van die vierde geslag sal vir jou op die troon van Israel sit. En dit was so.

13 Sallum, die seun van Jabes, het in die negen-en-dertigste jaar van Ussía, die koning van Juda, koning geword en 'n maand lank in Samaría geregeer.

14 Daarna het Menáhem, die seun van Gadi, van Tirsa opgetrek en in Samaría gekom en Sallum, die seun van Jabes, in Samaría verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword.

15 En die verdere geskiedenis van Sallum en sy sameswering wat hy gesmee het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.

16 Toe het Menáhem Tifsag verslaan met almal wat daarin was, en die grondgebied daarvan, van Tirsa af; omdat hulle nie vir hom oopgemaak het nie; hy het dit verslaan en al die swanger vroue daarvan laat oopsny.

17 In die negen-en-dertigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Menáhem, die seun van Gadi, koning oor Israel geword in Samaría tien jaar lank.

18 En hy het gedoen wat verkeerd was in die van die Here; hy het al sy dae nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.

19 Pul, die koning van Assirië, het die land oorval, en Menáhem het aan Pul duisend talente silwer gegee, dat sy hande met hom sou wees om die koningskap in sy hand te versterk.

20 En Menáhem het oor Israel, al die persone van vermoë, die geld verdeel om dit aan die koning van Assirië te gee: vyftig sikkels silwer vir elke man; toe het die koning van Assirië omgedraai en nie daar in die land gebly nie.

21 En die verdere geskiedenis van Menáhem en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

22 En Menáhem het ontslaap met sy vaders, en sy seun Pekáhia het in sy plek koning geword.

23 In die vyftigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Pekáhia, die seun van Menáhem, koning oor Israel geword in Samaría twee jaar lank.

24 En hy het gedoen wat verkeerd was in die van die Here; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.

25 En Peka, die seun van Remália, sy adjudant, het 'n sameswering teen hom gesmee en hom in Samaría in die vesting van die koning se huis verslaan saam met Argob en met Arje; en vyftig man uit die kinders van die Gileadiete was saam met hom; en hy het hom gedood en in sy plek koning geword.

26 En die verdere geskiedenis van Pekáhia en alles wat hy gedoen het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.

27 In die twee-en-vyftigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Peka, die seun van Remália, koning geword oor Israel in Samaría twintig jaar lank.

28 En hy het gedoen wat verkeerd was in die van die Here; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.

29 In die dae van Peka, die koning van Israel, het Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, gekom en Ijon ingeneem en Abel-Bet-Máäga en Janóag en Kedes en Hasor en Gílead en Galiléa, die hele land Náftali; en hy het hulle in ballingskap weggevoer na Assirië toe.

30 En Hoséa, die seun van Ela, het 'n sameswering gesmee teen Peka, die seun van Remália, en hom verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword, in die twintigste jaar van Jotam, die seun van Ussía.

31 En die verdere geskiedenis van Peka en alles wat hy gedoen het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.

Jotam koning van Juda.

32 IN die tweede jaar van Peka, die seun van Remália, die koning van Israel, het Jotam, die seun van Ussía, die koning van Juda, koning geword.

33 Vyf-en-twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jerúsa, die dogter van Sadok.

34 En hy het gedoen wat reg was in die van die Here; net soos sy vader Ussía gedoen het, het hy gedoen.

35 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan; dit is hy wat die Boonste Poort van die huis van die Here gebou het.

36 En die verdere geskiedenis van Jotam en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

37 In dié dae het die Here Resin, die koning van Aram, en Peka, die seun van Remália, teen Juda begin stuur.

38 En Jotam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Agas het in sy plek koning geword.

1 I Israels konge Jeroboams syv og tyvende år blev Asarja, sønn av Judas konge Amasja, konge. 2 Han var seksten år gammel da han blev konge, og regjerte to og femti år i Jerusalem; hans mor hette Jekolja og var fra Jerusalem. 3 Han gjorde hvad rett var i Herrens øine, aldeles som hans far Amasja hadde gjort. 4 Dog blev offerhaugene ikke nedlagt; folket blev ved å ofre og brenne røkelse haugene. 5 Og Herren slo kongen, han blev spedalsk til sin dødsdag, og han bodde i et hus for sig selv; og Jotam, kongens sønn, forestod kongens hus og dømte landets folk.

6 Hvad som ellers er å fortelle om Asarja og om alt det han gjorde, det er opskrevet i Judas kongers krønike. 7 Og Asarja la sig til hvile hos sine fedre, og de begravde ham hos hans fedre i Davids stad, og hans sønn Jotam blev konge i hans sted.

8 I Judas konge Asarjas åtte og trettiende år blev Sakarja, Jeroboams sønn, konge over Israel i Samaria, og han regjerte i seks måneder.

9 Han gjorde hvad ondt var i Herrens øine, likesom hans fedre hadde gjort; han vek ikke fra Jeroboams, Nebats sønns synder, som han hadde fått Israel til å gjøre. 10 Og Sallum, sønn av Jabes, fikk i stand en sammensvergelse mot ham og slo ham ihjel i folkets påsyn og blev konge i hans sted. 11 Hvad som ellers er å fortelle om Sakarja, det er opskrevet i Israels kongers krønike. 12 Således gikk det ord i opfyllelse som Herren hadde talt til Jehu; han hadde sagt: Dine sønner skal sitte Israels trone til fjerde ledd. Og blev det. 13 Sallum, sønn av Jabes, blev konge i Judas konge Ussias’ni og trettiende år og regjerte en måneds tid i Samaria.

14 Da drog Menahem, Gadis sønn, op fra Tirsa og kom til Samaria og slo Sallum, Jabes’sønn, ihjel i Samaria og blev konge i hans sted. 15 Hvad som ellers er å fortelle om Sallum og om den sammensvergelse han fikk i stand, det er opskrevet i Israels kongers krønike. 16 den tid drog Menahem ut fra Tirsa og herjet Tifsah med alt der var, og hele det tilhørende land. Det var fordi byen ikke hadde åpnet portene for ham, han herjet den; alle dets fruktsommelige kvinner lot han opskjære.

17 I Judas konge Asarjas ni og trettiende år blev Menahem, Gadis sønn, konge over Israel i Samaria, og han regjerte i ti år. 18 Han gjorde hvad ondt var i Herrens øine; han vek ikke, lenge han levde, fra Jeroboams, Nebats sønns synder, som han hadde fått Israel til å gjøre. 19 Kongen i Assyria Ful falt inn i landet; da gav Menahem Ful tusen talenter sølv forat han skulde holde med ham og trygge kongedømmet i hans hånd. 20 Og Menahem fikk de penger han skulde gi til kongen i Assyria, inn ved å legge skatt Israel, alle rikmenn, femti sekel hver. vendte kongen i Assyria tilbake og blev ikke lenger i landet. 21 Hvad som ellers er å fortelle om Menahem og om alt det han gjorde, det er opskrevet i Israels kongers krønike.

22 Og Menahem la sig til hvile hos sine fedre, og hans sønn Pekahja blev konge i hans sted. 23 I Judas konge Asarjas femtiende år blev Pekahja, Menahems sønn, konge over Israel i Samaria, og han regjerte i to år.

24 Han gjorde hvad ondt var i Herrens øine; han vek ikke fra Jeroboams, Nebats sønns synder, som han hadde fått Israel til å gjøre. 25 Og Pekah, sønn av hans høvedsmann Remalja, fikk i stand en sammensvergelse mot ham og slo ham ihjel i Samaria i borgen i kongens hus og tillike Argob og Arje; han hadde med sig femti mann av gileadittene; og da han hadde drept ham, blev han konge i hans sted. 26 Hvad som ellers er å fortelle om Pekahja og om alt det han gjorde, det er opskrevet i Israels kongers krønike. 27 I Judas konge Asarjas to og femtiende år blev Pekah, Remaljas sønn, konge over Israel i Samaria, og han regjerte i tyve år.

28 Han gjorde hvad ondt var i Herrens øine; han vek ikke fra Jeroboams, Nebats sønns synder, som han hadde fått Israel til å gjøre. 29 I Israels konge Pekahs dager kom kongen i Assyria Tiglat-Pileser og tok Ijon og Abel-Bet-Maka og Janoah og Kedes og Hasor og Gilead og Galilea, hele Naftalis land; og han bortførte innbyggerne til Assyria. 30 Og Hosea, Elas sønn, fikk i stand en sammensvergelse mot Pekah, Remaljas sønn, og slo ham ihjel og blev konge i hans sted i Jotams, Ussias’sønns tyvende år {de. i det tyvende år efterat Jotam blev konge, altså i hans eftermann Akas’fjerde regjeringsår.} 31 Hvad som ellers er å fortelle om Pekah og om alt det han gjorde, det er opskrevet i Israels kongers krønike.

32 I Israels konge Pekahs, Remaljas sønns annet år blev Jotam, sønn av Judas konge Ussias, konge.

33 Han var fem og tyve år gammel da han blev konge, og regjerte seksten år i Jerusalem; hans mor hette Jerusa og var datter av Sadok. 34 Han gjorde hvad rett var i Herrens øine; han gjorde aldeles som sin far Ussias. 35 Dog blev offerhaugene ikke nedlagt; folket blev ved å ofre og brenne røkelse haugene. Det var han som bygget den øvre port i Herrens hus.

36 Hvad som ellers er å fortelle om Jotam og om alt det han gjorde, det er opskrevet i Judas kongers krønike.

37 I de dager begynte Herren å sende kongen i Syria Resin og Pekah, Remaljas sønn, mot Juda. 38 Og Jotam la sig til hvile hos sine fedre og blev begravet hos sine fedre i sin far Davids stad, og hans sønn Akas blev konge i hans sted.

Veja também