Pular para o conteúdo
Publicidade

Ester 3

BIBEL1930

Haman kry volmag van die koning om die Jode uit te roei.

1 hierdie dinge het koning Ahasvéros Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, groot gemaak en hom verhoog en sy setel hoër gestel as dié van al die vorste wat by hom was.

2 En al die dienaars van die koning wat in die poort van die koning was, het gebuig en voor Haman neergeval; want so het die koning aangaande hom bevel gegee; maar Mórdegai het nie gebuig of neergeval nie.

3 En die dienaars van die koning, in die poort van die koning, het aan Mórdegai gesê: Waarom oortree jy die gebod van die koning?

4 En toe hulle hom dit elke dag , en hy nie na hulle luister nie, het hulle dit aan Haman meegedeel om te sien of die handelwyse van Mórdegai sou standhou, want hy het hulle te kenne gegee dat hy 'n Jood was.

5 Toe Haman sien dat Mórdegai nie buig en voor hom nie neerval nie, was Haman met woede vervul.

6 Maar hy het dit vir hom te gering geag om die hand aan Mórdegai alleen te slaan; want hulle het hom die volk van Mórdegai te kenne gegee. Daarom het Haman daarna gesoek om al die Jode wat in die hele koninkryk van Ahasvéros was, die volk van Mórdegai, te verdelg.

7 In die eerste maand, dit is die maand Nisan, in die twaalfde jaar van koning Ahasvéros, het hulle die Pur, dit is die lot, voor Haman gewerp vir elke dag en vir elke maand, twaalf in getal, dit is die maand Adar.

8 Toe Haman aan koning Ahasvéros: Daar is een volk wat verstrooid en afgesonderd is tussen die volke in al die provinsies van u koninkryk, en hulle wette is anders as dié van enige volk; ook hou hulle die wette van die koning nie, sodat dit die koning nie pas om hulle te laat begaan nie.

9 As die koning dit goedvind, laat daar dan geskrywe word om hulle te verdelg, en ek sal tienduisend talente silwer afweeg in die hande van die beamptes om dit by die skatte van die koning te voeg.

10 Toe trek die koning sy seëlring van sy hand af en gee dit aan Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, die teëstander van die Jode.

11 En die koning het aan Haman gesê: Die silwer word jou geskenk; ook die volk, om daarmee te doen soos goed is in jou .

12 Toe is die skrywers van die koning geroep in die eerste maand, op die dertiende dag daarvan, en daar is geskrywe net soos Haman beveel het aan die landvoogde van die koning en aan die goewerneurs wat oor elke provinsie was, en aan die vorste van elke volk, aan elke provinsie volgens sy skrif en aan elke volk in sy taal; in die naam van koning Ahasvéros is dit geskrywe en verseël met die seëlring van die koning.

13 En briewe is gestuur met die hardlopers na al die provinsies van die koning om al die Jode te verdelg, dood te maak en uit te roei, die seun sowel as die grysaard, die kindertjies en die vroue, op een dag, op die dertiende van die twaalfde maand, dit is die maand Adar, en om hulle besittings as buit te plunder.

14 'n Afskrif van die bevelskrif moes as wet in elke provinsie uitgevaardig en openbaar gemaak word aan al die volke, om gereed te wees teen daardie dag.

15 Die hardlopers het haastig op bevel van die koning uitgegaan, en die wet is in die vesting Susan uitgevaardig terwyl die koning en Haman sit en drink; maar die stad Susan was in verwarring.

1 Nogen tid efter ophøiet kong Ahasverus agagitten Haman, Hammedatas sønn, og gav ham rang og sete over alle de fyrster som var hos ham. 2 Og alle kongens tjenere som var i kongens port, falt kne og kastet sig ned for Haman, for hadde kongen befalt om ham; men Mordekai falt ikke kne og kastet sig ikke ned for ham. 3 Da sa kongens tjenere som var i kongens port, til Mordekai: Hvorfor overtreder du kongens bud? 4 Og da de dag efter dag hadde sagt til ham, og han ikke hørte dem, meldte de det til Haman for å se om den grunn Mordekai gav, vilde bli tatt for god: for han hadde sagt dem at han var jøde. 5 Da Haman at Mordekai ikke falt kne eller kastet sig ned for ham, blev han full av harme. 6 Men det syntes ham alt for lite å legge hånd bare Mordekai; for han hadde fått vite hvilket folk Mordekai hørte til; derfor søkte han å utryddet alle de jøder som fantes i hele Ahasverus’rike, fordi det var Mordekais folk.

7 I den første måned, det er måneden nisan, i kong Ahasverus’tolvte år blev det kastet pur, det er lodd, i Hamans påsyn om hver enkelt dag og hver enkelt måned like til den tolvte måned, det er måneden adar.

8 Og Haman sa til kong Ahasverus: Her er et folk som bor spredt og for sig selv blandt de andre folk i alle ditt rikes landskaper, og deres lover er forskjellige fra alle andre folks; de holder sig ikke efter kongens lover, og det høver ikke for kongen å la dem være i fred.

9 Dersom det tykkes kongen godt, la det bli utferdiget en skrivelse om at de skal utryddes; og jeg skal da kunne tilveie embedsmennene ti tusen talenter sølv til å legge i kongens skattkammer. 10 Da trakk kongen signetringen av sin hånd og gav den til agagitten Haman, Hammedatas sønn, jødenes fiende, 11 og sa til ham: Sølvet skal være ditt, og med folket kan du gjøre som du finner for godt. 12 Kongens skrivere blev da kalt sammen den trettende dag i den første måned, og det blev utferdiget en skrivelse aldeles således som Haman bød, både til kongens stattholdere og til landshøvdingene for hvert landskap og til fyrstene over hvert folk(-)til hvert landskap i dets skrift og til hvert folk dets tungemål. I kong Ahasverus’navn blev skrivelsene utferdiget, og de blev forseglet med kongens signetring. 13 sendtes der med ilbud skrivelser til alle kongens landskaper at alle jøder skulde ødelegges, drepes og utryddes, både unge og gamle, små barn og kvinner, alle en dag, den trettende dag i den tolvte måned, det er måneden adar, og deres gods skulde gis til plyndring. 14 Forat befalingen skulde bli kjent i hvert landskap, blev en avskrift av skrivelsen kunngjort for alle folkene, de kunde holde sig rede til den nevnte dag. 15 kongens bud drog ilbudene i hast avsted snart befalingen var utferdiget borgen Susan. satte kongen og Haman sig til å drikke, men byen Susan var forferdet.

Veja também