Pular para o conteúdo
Publicidade

João 1

BIBEL1930

Die vleeswording van die Woord.

1 IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

2 Hy was in die begin by God.

3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.

5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

6 Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.

7 Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.

8 Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.

9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.

10 Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.

11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.

12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;

13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.

14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom vol van genade en waarheid.

Getuienis van Johannes die Doper.

15 JOHANNES getuig van Hom en roep en : Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek.

16 En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade.

17 Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

18 Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.

19 En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?

20 En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie.

21 Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u Elía? En hy : Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee.

22 Toe hulle vir hom: Wie is u? dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat u van uself?

23 Hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het.

24 En die wat gestuur was, was uit die Fariseërs.

25 En hulle vra hom en vir hom: Waarom doop u dan as u nie die Christus of Elía of die profeet is nie?

26 Johannes antwoord hulle en : Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie

27 dit is Hy wat my kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie.

28 Dit het gebeur in Betábara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop.

29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy : Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

30 Dit is Hy van wie ek gesê het: my kom 'n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek.

31 En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop.

32 En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos 'n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly.

33 En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.

34 En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is.

Die eerste dissipels van Jesus.

35 DIE volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels;

36 en toe hy Jesus sien wandel, hy: Dáár is die Lam van God!

37 En die twee dissipels het hom dit hoor en Jesus gevolg.

38 En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, Hy vir hulle:

39 Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi dit wil , as dit vertaal word, Meester waar is U tuis?

40 Hy vir hulle: Kom kyk. Hulle het gegaan en gesien waar Hy tuis was en dié dag by Hom gebly. En dit was omtrent die tiende uur.

41 Andréas, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het.

42 Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Messías gevind dit is, as dit vertaal word, die Christus.

43 En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en : Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Céfas, wat vertaal word Petrus.

44 Die volgende dag wou Jesus na Galiléa vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom gesê: Volg My.

45 En Filippus was van Betsáida, uit die stad van Andréas en Petrus.

46 Filippus het Natánael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van Násaret.

47 En Natánael vir hom: Kan daar uit Násaret iets goeds wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk.

48 Daarop sien Jesus Natánael na Hom toe kom en van hom: Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.

49 Natánael vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.

50 Natánael antwoord en vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!

51 Jesus antwoord en vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.

52 En Hy vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens.

1 I begynnelsen var Ordet, og Ordet var hos Gud, og Ordet var Gud. 2 Han var i begynnelsen hos Gud. 3 Alt er blitt til ved ham, og uten ham er ikke noget blitt til av alt som er blitt til. 4 I ham var liv, og livet var menneskenes lys.

5 Og lyset skinner i mørket, og mørket tok ikke imot det. 6 Det fremstod en mann, utsendt fra Gud; hans navn var Johannes;

7 han kom til vidnesbyrd, for å vidne om lyset, forat alle skulde komme til troen ved ham. 8 Han var ikke lyset, men han skulde vidne om lyset. 9 Det sanne lys, som oplyser hvert menneske, var i ferd med å komme til verden. 10 Han var i verden, og verden er blitt til ved ham, og verden kjente ham ikke. 11 Han kom til sitt eget, og hans egne tok ikke imot ham. 12 Men alle dem som tok imot ham, dem gav han rett til å bli Guds barn, dem som tror hans navn; 13 og de er født ikke av blod, heller ikke av kjøds vilje, heller ikke av manns vilje, men av Gud. 14 Og Ordet blev kjød og tok bolig iblandt oss, og vi hans herlighet (en herlighet som den en enbåren sønn har fra sin far) full av nåde og sannhet.

15 Johannes vidner om ham og roper: Det var denne om hvem jeg sa: Han som kommer efter mig, er kommet foran mig, fordi han var før mig.

16 For av hans fylde har vi alle fått, og det nåde over nåde; 17 for loven blev gitt ved Moses, nåden og sannheten kom ved Jesus Kristus. 18 Ingen har nogensinne sett Gud; den enbårne Sønn, som er i Faderens skjød, han har forklaret ham.

19 Og dette er Johannes’vidnesbyrd, da jødene sendte prester og levitter fra Jerusalem for å spørre ham: Hvem er du?

20 Da bekjente han og nektet ikke; han bekjente: Jeg er ikke Messias. 21 Og de spurte ham: Hvad da? Er du Elias? Han sa: Det er jeg ikke. Er du profeten? Og han svarte: Nei. 22 De sa da til ham: Hvem er du? vi kan gi dem svar som har sendt oss; hvad sier du om dig selv? 23 Han sa: Jeg er en røst av en som roper i ørkenen: Gjør Herrens vei jevn, som profeten Esaias har sagt. 24 Og de som var utsendt, var fariseere, 25 og de spurte ham: Hvorfor døper du da, når du ikke er Messias, og heller ikke Elias, og heller ikke profeten? 26 Johannes svarte dem: Jeg døper med vann; midt iblandt eder står den I ikke kjenner, 27 han som kommer efter mig, han hvis skorem jeg ikke er verdig til å løse. 28 Dette skjedde i Betania hin side Jordan, hvor Johannes døpte.

29 Dagen efter ser han Jesus komme til sig og sier: Se der Guds lam, som bærer verdens synd!

30 Det er ham om hvem jeg sa: Efter mig kommer en mann som er kommet foran mig, fordi han var før mig. 31 Og jeg kjente ham ikke; men forat han skulde åpenbares for Israel, derfor er jeg kommet og døper med vann. 32 Og Johannes vidnet og sa: Jeg har sett Ånden komme ned som en due fra himmelen, og han blev over ham. 33 Og jeg kjente ham ikke; men han som sendte mig for å døpe med vann, han sa til mig: Den du ser Ånden komme ned og bli over, han er den som døper med den Hellige Ånd; 34 og jeg har sett det, og jeg har vidnet at han er Guds Sønn. 35 Dagen efter stod atter Johannes og to av hans disipler der,

36 og han Jesus som kom gående, og sa: Se der Guds lam!

37 Og de to disipler hørte hans ord, og de fulgte efter Jesus. 38 Da vendte Jesus sig om, og da han de fulgte efter ham, sa han til dem: Hvad søker I? De sa til ham: Rabbi! det er utlagt: mester! hvor har du ditt herberge? 39 Han sa til dem: Kom og se! Da kom de og hvor han hadde sitt herberge, og de blev hos ham den dag; det var omkring den tiende time. 40 En av de to som hørte hint ord av Johannes og fulgte efter ham, var Andreas, Simon Peters bror; 41 han finner først sin bror Simon, og sier til ham: Vi har funnet Messias, det er utlagt: Kristus. 42 Og han førte ham til Jesus. Jesus ham og sa: Du er Simon, Johannes’sønn; du skal hete Kefas, det er utlagt: Peter.

43 Dagen efter vilde han dra derfra til Galilea, og han traff Filip. Og Jesus sa til ham: Følg mig!

44 Men Filip var fra Betsaida, Andreas’og Peters by. 45 Filip traff Natanael, og sa til ham: Ham som Moses har skrevet om i loven, og likeså profetene, ham har vi funnet: Jesus, Josefs sønn, fra Nasaret! 46 Og Natanael sa til ham: Kan det komme noget godt fra Nasaret? Filip sa til ham: Kom og se! 47 Jesus Natanael komme bortimot sig, og sa om ham: Se, det er en ekte israelitt, som det ikke er svik i. 48 Natanael sa til ham: Hvor kjenner du mig fra? Jesus svarte og sa til ham: Før Filip kalte dig, mens du var under fikentreet, jeg dig. 49 Natanael svarte ham: Rabbi! du er Guds Sønn, du er Israels konge! 50 Jesus svarte og sa til ham: Fordi jeg sa dig at jeg dig under fikentreet, derfor tror du? Du skal se det som er større enn dette. 51 Og han sa til ham: Sannelig, sannelig sier jeg eder: I skal se himmelen åpnet og Guds engler stige op og stige ned over Menneskesønnen.

Veja também