Die huwelik van Hoséa met 'n owerspelige vrou.
1 DIE woord van die Here wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel.
2 Die begin van wat die Here met Hoséa gespreek het; die Here het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou 'n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die Here afvallig te word.
3 Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom 'n seun gebaar.
4 En die Here het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog 'n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en 'n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel.
5 Ja, in dié dag sal Ek die boog van Israel verbreek in die laagte van Jísreël.
6 Toe het sy weer swanger geword en 'n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie.
7 Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die Here hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie.
8 Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het sy weer swanger geword en 'n seun gebaar.
9 En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie.
10 Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie — sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God.
11 Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël!
12 Sê aan julle broers: Ammi, en aan julle susters: Rugáma.
1 Herrens ord som kom til Hoseas, Be’ris sønn, i de dager da Ussias, Jotam, Akas, Esekias var konger i Juda, og da Jeroboam, Joas’sønn, var konge i Israel.
2 Da Herren begynte å tale til Hoseas, sa Herren til ham: Gå og få dig en horkvinne og horebarn! For landet driver hor og følger ikke mere Herren.
3 Da gikk han og ektet Gomer, Dibla’ms datter, og hun blev fruktsommelig og fødte ham en sønn. 4 Og Herren sa til ham: Kall ham Jisre’l! For om en liten stund vil jeg hjemsøke Jisre’ls blodskyld på Jehus hus og gjøre ende på kongedømmet i Israels hus; 5 og det skal skje på den dag at jeg sønderbryter Israels bue i Jisre’ls dal. 6 Og hun blev atter fruktsommelig og fødte en datter, og han sa til ham: Kall henne Lo-Ruhama! {den som ikke får miskunn} For jeg vil ikke mere miskunne mig over Israels hus, så jeg skulde tilgi dem;
7 men over Judas hus vil jeg miskunne mig, og jeg vil frelse dem ved Herren deres Gud; jeg vil ikke frelse dem ved bue eller sverd eller krig, ved hester eller ryttere.
8 Da hun hadde avvent Lo-Ruhama, blev hun atter fruktsommelig og fødte en sønn.
9 Og han sa: Kall ham Lo-Ammi! {ikke mitt folk} For I er ikke mitt folk, og jeg vil ikke tilhøre eder. 10 Men allikevel skal tallet på Israels barn bli som havets sand, som ikke lar sig måle eller telle, og det skal skje: På det sted hvor det blev sagt til dem: I er ikke mitt folk, skal det sies til dem: Den levende Guds barn!
11 Og Judas barn og Israels barn skal fylke sig sammen og ta sig en høvding og dra op av landet; for stor er Jisre’ls dag.