1 EN dit is hulle familiehoofde, met hulle geslagsregister, wat saam met my onder die regering van koning Artasásta uit Babel opgetrek het:
2 van die kinders van Pínehas: Gersom; van die kinders van Ítamar: Daniël; van die kinders van Dawid: Hattus,
3 van die kinders van Segánja; van die kinders van Parhos: Sagaría, en saam met hom in die register opgeneem, aan manspersone, honderd-en-vyftig;
4 van die kinders van Pahat-Moab: Eljehóënai, die seun van Serágja, en saam met hom tweehonderd manspersone;
5 van die kinders van Sattu: Segánja, die seun van Jahásiël, en saam met hom driehonderd manspersone;
6 en van die kinders van Adin: Ebed, die seun van Jónatan, en saam met hom vyftig manspersone;
7 en van die kinders van Elam: Jesaja, die seun van Atálja, en saam met hom sewentig manspersone;
8 en van die kinders van Sefátja: Sebádja, die seun van Mígael, en saam met hom tagtig manspersone;
9 van die kinders van Joab: Obádja, die seun van Jéhiël, en saam met hom tweehonderd-en-agttien manspersone;
10 en van die kinders van Bani: Selómit, die seun van Josífja, en saam met hom honderd-en-sestig manspersone;
11 en van die kinders van Bébai: Sagaría, die seun van Bébai, en saam met hom agt-en-twintig manspersone;
12 en van die kinders van Asgad: Jóhanan, die seun van Hakkátan, en saam met hom honderd-en-tien manspersone;
13 en van die kinders van Adoníkam wat later gekom het, en dit was hulle name: Elifélet, Jeï-el en Semája, en saam met hulle sestig manspersone;
14 en van die kinders van Bigwai: Útai en Sabbud, en saam met hom sewentig manspersone.
15 En ek het hulle versamel by die rivier wat na Áhawa loop, en ons het daar drie dae laer opgeslaan; en ek het op die volk en die priesters ag gegee, maar van die kinders van Levi daar nie aangetref nie.
16 Daarom het ek Eliëser, Áriël, Semája en Élnatan en Jarib en Élnatan en Natan en Sagaría en Mesúllam, die hoofde, en Jójarib en Élnatan, die leraars, gestuur
17 en hulle bevel gegee aan Iddo, die hoof in die plek Kasífja; en ek het die woorde in hulle mond gelê wat hulle met Iddo, en sy broers, die tempelbediendes in die plek Kasífja, moes spreek, dat hulle vir ons dienaars vir die huis van onse God moes bring.
18 En hulle het vir ons, omdat die goeie hand van onse God oor ons was, verstandige manne uit die kinders van Magli, die seun van Levi, die seun van Israel, gebring, naamlik Serébja met sy seuns en sy broers, agttien;
19 en Hasábja, en saam met hom Jesaja, van die kinders van Merári, sy broers en hulle seuns, twintig;
20 en van die tempelbediendes wat Dawid en die owerstes vir die diens van die Leviete gegee het, tweehonderd-en-twintig tempelbediendes wat almal met hulle name aangewys was.
21 Toe het ek daar 'n vastyd uitgeroep aan die rivier Áhawa, om ons te verootmoedig voor die aangesig van onse God ten einde van Hom 'n voorspoedige reis te vra vir ons en ons families en al ons goed.
22 Want ek was skaam om van die koning 'n leër en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad, omdat ons met die koning gespreek en gesê het: Die hand van onse God is ten goede oor almal wat Hom soek, maar sy krag en sy toorn oor almal wat Hom verlaat.
23 So het ons dan gevas en onse God dit gevra, en Hy het ons verhoor.
24 Toe het ek van die priesterowerstes twaalf afgesonder: Serébja, Hasábja en tien van hulle broers saam met hulle.
25 En ek het vir hulle die silwer en die goud en die voorwerpe afgeweeg, die offergawe aan die huis van onse God wat die koning en sy raadsmanne en sy vorste en die hele Israel wat aanwesig was, aangebied het.
26 En ek het in hulle hand afgeweeg: seshonderd-en-vyftig talente silwer en silwervoorwerpe van honderd talente, honderd talente in goud,
27 en twintig goue bekers van duisend darieke en twee mooi goudgeel voorwerpe van koper, kosbaar soos goud.
28 En ek het vir hulle gesê: Julle is heilig aan die Here, en die voorwerpe is heilig, en die silwer en die goud is 'n vrywillige gawe aan die Here, die God van julle vaders.
29 Waak daaroor en bewaar dit, totdat julle dit afweeg voor die owerstes van die priesters en die Leviete en die familie-owerstes van Israel in Jerusalem, in die vertrekke van die huis van die Here.
30 Toe het die priesters en die Leviete die gewig van die silwer en die goud en die voorwerpe ontvang om dit na Jerusalem, na die huis van onse God te bring.
31 Daarna het ons weggetrek van die rivier Áhawa af op die twaalfde van die eerste maand, om na Jerusalem te gaan; en die hand van onse God was oor ons, sodat Hy ons gered het uit die hand van die vyand en die wat ons voorlê op die pad.
32 En ons het in Jerusalem aangekom en daar drie dae gebly.
33 En op die vierde dag is die silwer en die goud en die voorwerpe in die huis van onse God afgeweeg onder bewaring van die priester Méremot, die seun van Uría, en by hom was Eleásar, die seun van Pínehas, en by hulle Jósabad, die seun van Jésua, en Noádja, die seun van Bínnuï, die Leviete —
34 volgens getal en gewig van alles; en tegelykertyd is die hele gewig opgeskrywe.
35 Hulle wat uit die gevangenskap gekom het, die seuns van die ballingskap, het brandoffers gebring aan die God van Israel: twaalf bulle vir die hele Israel, ses-en-negentig ramme, sewen-en-sewentig lammers, twaalf bokke as sondoffer — dit alles as brandoffer aan die Here.
36 En hulle het die bevelskrifte van die koning gegee aan die landvoogde van die koning en die goewerneurs wes van die Eufraat, en dié het die volk en die huis van God ondersteun.
1 "亚达薛西王在位的时候,与我从巴比伦一同上来的人,他们的族长和他们的族谱记载如下:2 属非尼哈的子孙有革顺,属以他玛的子孙有但以理,属大卫的子孙有哈突,3 属示迦尼的子孙,就是属巴录的子孙有撒迦利亚,与他一起登记在族谱里的男丁有一百五十人。4 属巴哈.摩押的子孙有西拉希雅的儿子以利约乃,与他在一起的男丁有二百人。5 属示迦尼的子孙有雅哈悉的儿子《七十士译本》作"属萨土的子孙有雅哈悉的儿子示迦尼",与他在一起的男丁有三百人。6 属亚丁的子孙有约拿单的儿子以别,与他在一起的男丁有五十人。7 属以拦的子孙有亚他利雅的儿子耶筛亚,与他在一起的男丁有七十人。8 属示法提雅的子孙有米迦勒的儿子西巴第雅,与他在一起的男丁有八十人。9 属约押的子孙有耶歇的儿子俄巴底亚,与他在一起的男丁有二百一十八人。10 属示罗密的子孙有约细斐的儿子《七十士译本》作"属巴尼的子孙有约细斐的儿子示罗密",与他在一起的男丁有一百六十人。11 属比拜的子孙有比拜的儿子撒迦利亚,与他在一起的男丁有二十八人。12 属押甲的子孙有哈加坦的儿子约哈难,与他在一起的男丁有一百一十人。13 属亚多尼干的子孙,就是最后的,他们的名字是:以利法列、耶利和示玛雅,与他们在一起的男丁有六十人。14 属比革瓦伊的子孙有乌太和撒布,与他们在一起的男丁有七十人。
15 "我召集他们到那条流往亚哈瓦的河边;我们在那里安营住了三天。当我视察民众和祭司的时候,发现没有利未人在那里。16 于是我把首领以利以谢、亚列、示玛雅、以利拿单、雅立、以利拿单、拿单、撒迦利亚和米书兰召来,也把有学问的教师约雅立和以利拿单召来,17 差派他们到迦西斐雅的地方那里去见首领易多,又把他们在迦西斐雅的地方,对易多和他作殿役的亲族所当说的话都告诉他们,请他们为我们 神的殿打发仆人到我们这里来。18 因为我们 神施恩的手帮助我们,他们就从以色列的曾孙、利未的孙子、抹利的子孙中带一个敏悟的人到我们这里来;还有示利比和他的儿子,以及他们的兄弟,共十八人。19 又有哈沙比雅和与他在一起的米拉利的子孙耶筛亚,以及他的兄弟和他们的儿子共二十人。20 还有从前大卫和众领袖分派去服事利未人的殿役中,带来了二百二十人,全都是按名呼召的。
21 "那时,我在亚哈瓦河边那里宣告禁食,为要在我们的 神面前谦卑下来,为自己和我们的孩子,以及我们所有的财物寻求 神指示一条畅通的道路。22 我羞于请求王派遣步兵和马兵帮助我们抵御路上的仇敌,因为我们曾告诉王说:‘我们 神的手必帮助所有寻求他的人,赐福给他们,但他的能力和忿怒必攻击所有离弃他的人。’23 所以我们禁食,寻求我们的 神,他就应允我们。
24 "我从祭司首领中选派了十二人,以及示利比、哈沙比雅和与他们在一起的十位兄弟,25 把金子、银子和器皿,就是王和他的谋士、领袖,以及在那里的以色列众人献给我们神殿的礼物,都称了交给他们。26 我称了交在他们手中的银子,有二十二公吨,银器重三千四百公斤、金子三千四百公斤。27 金碗二十个,价值八公斤半;上好而发亮的铜器两个,像黄金那样宝贵。
28 "我对他们说:‘你们是归耶和华为圣的,器皿也是神圣的,金银是甘心献给耶和华你们列祖的 神的礼物。29 你们要谨慎看守,直到你们在耶路撒冷耶和华殿的库房里,在祭司长和利未人的领袖,以及以色列人的族长面前,过了秤。’30 于是祭司和利未人把称过了的金银和器皿收下,带到耶路撒冷我们 神的殿里。
31 "正月十二日,我们从亚哈瓦河启程,往耶路撒冷去。我们的 神的手保佑我们,拯救我们脱离仇敌和在路上埋伏的人的手。32 我们到了耶路撒冷,在那里住了三天;33 第四天,在我们 神的殿里,金银和器皿都过了秤,交在乌利亚祭司的儿子米利末的手中;与他在一起的有非尼哈的儿子以利亚撒;与他们在一起的还有利未人耶书亚的儿子约撒拔和宾内的儿子挪亚底。34 一切物品按着数目称过;同时每件的重量都记录下来。
35 "那时,从被掳归回的人都向以色列的 神献燔祭,就是为全以色列献公牛十二头、公绵羊九十六只、绵羊羔七十七只;又献公山羊十二只作赎罪祭;这一切都是献给耶和华的燔祭。36 他们把王的命令交给王的总督和河西那边的省长,他们就帮助民众和神殿的需要。"